SMS'e vir 29 Julie 2021
SMS'e vir 29 Julie 2021

SMS'e vir 29 Julie 2021

"...saam met die science beweeg."
Mandy Rittmann
Sny die astronomiese salarisse en byvoordele van TransNamib se bestuur en gebruik die besparings vir ordentlike onderhoud en vervanging van noodsaaklike infrastruktuur, dan sal daar minder treinongelukke plaasvind.



Nog 'n trein ontspoor by Platveld. Mag die God van orde ons bevry van hierdie patetiese regering.



Chris Labuschagne, ek verbeel my mos ook dat daardie spoor onlangs gelê is naby B2Gold. Was vir my verstommend om die voorblad te lees en na te dink, what is going on here? Of droom ek?



Ons sit die land op lockdown, maar dit sou meer effektief wees om meer entstowwe te kry en meer mense in te ent. Myns insiens is lockdown nou al 'n bietjie verouderd. Ons moet mos saam met die science beweeg. Of hoe?



SA oorweeg nou die BIG, maar in Namibië is alles doodstil. As gevolg van Covid kan baie mense nie daarin slaag om werk te kry nie. Die ekonomie het die land in 'n wurggreep. Dan sukkel baie mense nog om die wurggreep van 2019 se droogte af te skud. Gesinne sit sonder kos, kinders het nie kos om te eet nie. Die regering sal iets moet doen of hongersnood is die land se voorland.



Wat is die rede dat die mense nie na die ouetehuise en aftree-oorde kan kom om die oues en bejaardes in te ent nie? Of is dit te veel moeite? Mense in beheer, doen iets.



Wil net iets vra en of daar iemand is wat my kan help, want ek vra. Verval iemand se geld as jy dit nie by Social Security opeis nie en wantoe gaan daai geld, asseblief.



Dreine wat die hele naweek oorloop in ons pragtige dorp Tsumeb. Og nee man! Asseblief Tsumeb-munisipaliteit, julle reaksietyd op gesondheidsrisiko's is te stadig, of is daar dalk 'n groter probleem? Vra maar net.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!