SMS'e vir 29 Junie 2016
Erken dit nou maar my mede-Namibiërs. Kai word borgtog geweier oor politiek en nie oor sy suster in Duitsland nie. Dieselfde regstelsel laat moordenaars vry loop om weer te moor, maar 'n boer met geen vorige oortreding wat sy vee beskerm nadat hy telkemale by die polisie gepleit het om hulp, word borgtog geweier. Ons vee word uitgemoor. Is daar nog Christelike integriteit oor in die land al dan nie in die regsbank nie.
As die Britte met ’n groter bevolking as Namibië ’n referendum kon hou oor so ’n saak, hoekom hou ons ook nie ’n referendum oor die nuwe parlementsgebou onder bespreking in Namibië nie?
Baie snaaks dat die Namibiese o.15-netbal skoolspan wat volgens 'n vorige skrywer die swakste span nog is, tans die beste ooit vaar in die geskiedenis van die All Ages netbaltoernooi wat tans in SA plaasvind. Die span is tans nr. 1 in die been waarin hulle kompeteer. Kom ons leer ons kinders om te aanvaar as hulle nie span haal nie. En kom ons leer hulle om dan volgende keer twee keer harder te werk. Sterkte aan ons spannetjie wat ten spyte van meer as 18 ure lang bus rit, ten spyte van 4 ure wag op die grens, nog steeds ons land se vlag hoog laat wapper.
As ’n span met ’n telling van meer as 50 punte verloor, is die skrif teen die muur. Dit sê vir my een ding en dit is dat daar ’n groot fout met die spelers se fiksheid is. Laat ons die spelers fiks kry laat ons ophou rekordboeke oorskryf. Ek hoop die Namibiese Rugby-unie doen iets daaromtrent?
Nampol, wanneer hoor ons iets van die Karasburg-aanval? Die Möller-aanvallers is al in hegtenis geneem. Ek hoop nie die fout lê by swak ondersoek deur Nampol nie. Geregtigheid moet asb. geskiet!
Repeat rapists, murderers, poachers are freed in bail to carry on their various crimes, yet Kai Rust is denied bail? Screams to high heaven of something fishy!
Iemand praat nou die dag van RHB se strate wat so sleg lyk. Wat jy waar kry? Hierdie dongas waarop ons verplig is om op te ry, is voor onafhanklikheid laas ordentlik geskraap. Maar dan moet ’n mens deur jou nek betaal vir diens wat nie gelewer word nie. B.T.
Jislaaik, ek kan dit net nie verstaan nie! Hulle wil nie vir Rust borgtog gee nie omdat hy ’n veedief doodgeskiet het? Maar hulle gee vir koelbloedige moordenaars borgtog om weer te kom moor. Hoe verstaan jy dit? Het Rust nie die reg om sy diere en sy lewe te beskerm nie? Hoe werk die regsisteem?
Jy kan die polisie en korrektiewe dienste dagvaar indien dit hulle nalatigheid is om ’n gevange te laat ontsnap en hy verkrag of vermoor mense in die private samelewing. Soos byvoorbeeld Charles Namiseb van Uis wat nog steeds op vrye voet is as gevolg van ’n polisieman wat nie sy werk gedoen het nie. Hoop die polisieman was al voor die hof gewees.
Dit is mos darem nie net boere wat as " grondeienaars" beskou kan word nie. Wat van die huiseienaars in dorpe en die stad? Ons belasting word aangepas ondanks dieselfde " moeilike omstandighede" en ons kan niks aftrek vir verliese of verbeterings en ons koers is elk geval hoër, maar daar is nie simpatie of hofsake nie!
'Verlief, verloof, amper verlore' van Mariana Balt laat my terugdink aan my eie soortgelyke storie. 25 jaar gelede raak ek verlief op ’n lugwaardin en met ons verlowing koop ek vir haar ’n diamantring wat my daardie jaar N$5 000 uit die sak jaag. Die prys pla my nie veel nie, want ek weet met die nooi sal ek eendag trou. Ons trou toe so 21 jr gelede en koop net ’n troupand by, want sy het mos klaar ’n knewel aan haar vinger. Sowat 10 jr gelede vertel sy my senuagtig dat sy op die vliegtuig handjies gewas het, roompies aangesmeer het, die diamantring op die skoot neergesit het. Sy ontdek eers in die lughawegebou dat haar vinger verskriklik kaal voel en besef haar ring lê iewers op die vliegtuig se vloer. Angstig bel sy die kaptein wat nou oorgeneem het vir die volgende vlug en anders as Mariana het sy nooit haar geliefde ring teruggekry nie. Mariana, pas hom soos “diamant” op, want jy is baie gelukkig om dit weer in jou besit te kan hê. Paul
Ek wil aansluit by die lesers oor inkomstebelasting. Jy betaal en betaal vir jare en kapitaal word nie minder nie. Wanneer wil ministerie asb. weer amnestie gun? Moedelose pensioenaris
Dankie aan persoon wat my reggehelp het met boedelkantoor by Frans Indongo Gardens. Great Uncle, Rehoboth
Die persoon wat sê ons moet nie alle probleme voor die president se deur lê nie, wie dink jy is verantwoordelik vir die land en sy probleme? “Die man in die maan" of wie? As die president nie aan die probleme werk nie, word Namibia 'n tweede Suid-Afrika.
Ek was totaal geskok oor die telefoon-etiket van die departement van uitreiking van vuurwapenlisensies (Nampol) toe ek navraag doen oor ’n vuurwapenlisensie. Sarkasties geantwoord. Asb. manne/vroue, gaan bietjie Home Affairs toe en gaan kyk wat is openbare diens. Gaan leer daar asb. Ek het ’n jaar terug aansoek gedoen vir ’n lisensie en tot nou, niks. Voorheen het dit ’n 1 maand gevat. Nou is dit jare. Julle word betaal deur ons land se belastingbetalers. Wees trots op jou werk.
Geagte Governor, kan u asb. ingaan op die separation gratuity vergoeding wat ons in Hardapstreek moet kry. Ons het maar altyd geweet dat ons elke end van die jaar die geld moet kry, maar ons mag nie navraag doen nie. Ons kry siektes en dood dan kan ons nie eens iets bydra nie. As die ander regions kry, wat is verkeerd in ons streek?
Twee seuntjies agter op dubbelkab - handjies stewig vasklou aan tralies. Wind inni hare en kaal armpies en kort broekies. 17:15. Rêrige tawwe klongetjies. Groetnis, oom Peet.
Wonder wat het geword van Fransie van Wyk se saak. Het die patoloë nog nie lig gewerp op daai saak nie? Wat het daai aand op Swakopmund gebeur!
Dit verstom my dat mense so verraaiend kan wees. RHS is glad nie deur " hulle" op die knieë gebring nie. Die skool was ’n gemors nog voor die vorige hoof daar aangekom het. Hy het die skool op ’n standaard gebring voor hy bevorder was. Die onderliggende rassisme en jul hoogmoedige denke en weiering om saam te werk en gesag te erken en te respekteer omdat dit van " hulle" kom, bly die ondergang van die skool. Nog ’n ontnugtering wat die " julle" sal skok, is die feit dat dit ’n staatskool is en die feit dat jy 80 jaar daar skoolhou geen waarborg vir jou is om as hoof daar aangestel te word nie. Die prosedure vir aanstelling sal en moet tot die letter gevolg word. Onthou, 90% van die leerders is die " hulle" se kinders.
Die base op Groot Aub wat water 19:00 aansit terwyl dit so koud is. Die meeste inwoners hier het nie groot tenke wat hulle net volmaak nie. Oumense moet in die bitter koue buite uitgaan om hulle houers vol te maak. Ons moet klere was die volgende dag dan is al die houers wat volgemaak is leeg. Dan sit ons weer sonder water. Hoekom kan hulle as dit laat is, nie net die water die volgende oggend aansit nie? Kom inwoners van Groot Aub dat ons opstaan teen die minagting. Ontstoke inwoner
Die persoon wat sê die trein van 24.06.2016 vanaf Keetmanshoop na Windhoek is meer as twee ure laat, moet sy kop laat lees aangesien die trein 07:05 in Windhoek aangekom het.
Ons wat werk vir private company, kan ons ook nie pensioen kry nie?
Oplossing vir Rent-A-Drum se sakke: Gooi net asb. die sakke OOR ons heinings en nie op die sypaadjie nie. Die sakke wat jy moet koop, is duur!
Ek wil net dank uitspreek teenoor die kolom van Bybelse Wysheid in die koerant elke dag wat die verhaal van Jesus by die put in volgorde bring. Dis mooi, want so volg jy dag na dag ten minste vyf dae die hele verhaal. Dankie.
Hiermee wil ons as familie van ons geliefde wat ons die naweek begrawe het, weer eens aan Dove Funeral se mense sê baie dankie vir die baie mooi diens wat julle vir ons gelewer het. Julle is ’n riem onder ons harte. Ek hoop en bid dat baie mense van julle diens gebruik maak.
Wie adviseer vir ons ontslape kaptein Hendrik Witbooi se vrou dat sy met die tradisionele hoed van die kaptein mee kan maak soos sy wil? Dat sy ’n magspeletjie met groot mense van ons familie en stam uitoefen? Sy is tog net ingetroude derde vrou van die kaptein. Ons weet van haar planne om daai hoed skelm vir Ismael te gee, maar dit sal geen nut baat nie. Hy het nie nominasie van mense met nominasiereg nie.
Ek wil weet of iemand daar buite met my saamstem. Alles gaan op, maar die salarisse bly dieselfde. Hoe sal ’n mens kan lewe? Kan ons werkgewers ook kyk daarna? Dit kos nou om op ons knieë te bly om aan die lewe te bly.
Ek het die tydelike bestuurderslisensie van mnr. VB Araeb, ID no 950813 000 63 date of issue 2016-04-08 in Walvisbaai opgetel op ’n plaas naby Rehoboth. Kontak my by 081 255 9125 of 081 125 9431.
Dis met ’n rustige hart wat ek hierdie boodskap oordra. Vir solank as 70 jaar wat ek in Namibië woon, het ek nog nooit vir ’n president wat ’n land wil regeer, gestem nie. Want hy sorg net vir homself, kyk nie na sy medemens nie. Ek leef in my eie wêreld in my prag land. Beswaar my nie aan die doene en late van die regering nie. Dit affekteer my nie, want ek woon in God se land wat hy geskape het, nie die regering nie. Berus jou in die hemelse Vader en los die magtelose Harambee-man. Hy gaan nie na jou kyk nie - God sal.
Vrouens moet asb. elke maand self ’n borsondersoek doen en so gou as moontlik enige veranderinge aanmeld by die dokter. As groeisels vroeg opgespoor, verwyder en behandel word, is jou kanse om volkome te herstel soveel keer beter.
Ek het daai bus ook gesien. GRN 5104. Hy is ’n regte padvark. Wens ek kan so ’n bestuurder laat afdank. Maar alles val net op dowe ore, want hulle is almal onder een goed. Hage Geingob het ook maar leë woorde. Daar is geen veranderinge nie.
Moord, verkragting, diefstal, bedrog noem op. Waarheen is ons land op pad? Nou stap hulle sommer in jou erf in en vat wat hulle wil vat. As iemand die afgelope week ’n plastiek tafel en ’n redelike nuwe tuinslang in Khomasdal aan jou verkoop het, weet net jy is net so skuldig soos daai dief wat dit aan jou verkoop het. Daai persoon het nou regte en ek het nie? Dis my goed daai en nie een van julle s'n nie. My hek is gesluit en daar is mure om, maar jy kom in en vat?
Hond wat blaf: Ons het ’n hond in ons buurt, ou Geverstraat en Mission Road wat dag en nag blaf. Hoekom? Hy word alleen gelos met bakke vol water en kos. Daar woon geen siel nie. Ons almal wat om die hond woon, was al by polisie en DBV. Hulle kom kyk wel, het ook al met iemand wat na die hond kyk, gepraat, maar die hond blaf steeds. En ek weet vir ’n feit daar is niks buite of voor die erf, want ek kyk direk op hond en huis. Die hond is eensaam!
Koop jy pakkie vleis moet jy soos honger hond dit opeet, want wat kan jy doen? Jy het nie krag in Groot Aub nie, geen water, niks. Hier gaan niks aan nie! Kan NamPower nie vir ons te minste bokse se prys bietjie afbring nie? Almal het nie soveel nie. Lê jy krag aan gaan jy tronk toe. Dis erg.
Namibië se mynwese-probleme word meestal verberg deur die regering ook. Mense wat jare in Rössing gewerk het, weet dat ons bestraal is deur uraan, dat medical dokumente by Rössing lê. Is dit moeilik om jou mense te vergoed of moet ons maar stil bly en dood gaan soos ander broers van ons? Dis rêrig moeilik in Namibië.
Johan Badenhorst van TV se Voetspore-faam het gesê. “Om in Afrika na donker te bestuur, is om jou dood te soek.” Nader aan die waarheid kon hy nie kom nie. Ek wil egter reg sê. Om in Afrika te bestuur, is om jou dood te soek. “Al loop die leun hoe snel, die waarheid is al wat tel.” - J.P le Roux.
Graag wil ek my ongelukkigheid uitspreek teenoor die transport kantoor van die llKharas onderwyskantoor in Keetmanshoop oor die tipe drywers waaraan kinders sowel as onderwysers blootgestel word. Ons was verlede jaar en ook vroeg in hierdie jaar ’n drywer gegee na Upington in Suid-Afrika wat geen menseverhouding gehad het nie. Hy was om dit reguit te stel onbeskof met sy passasiers. By die grens was die kindertjies heel verskrik oor die optrede van die ongeskikte, ongeduldige persoon wat ’n drywer genoem was. Hy het vanjaar weer die skoolhoofde getraumatiseer met sy bombastiese houding. Beskerm ons asb. teen sulke buffels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie