SMS’e vir 29 Junie 2020
“. . . ander baas gekry?”
Itas het die vermetelheid om SMS’e te stuur en te vra dat ons belasting elektronies indien, maar daar is geen manier om iemand daar telefonies te kontak vir hulp of navrae nie. Kan iemand in Vadersnaam iets aan die situasie doen.
Die president, sy minister van arbeid en sy spesiale adviseur moet mos nou die regskostes betaal van NEA en NEF vir die verlore hofsaak. Nie ons gewone belastingbetalers nie.
Bravo Elizabeth Joseph, dat jy nie bang is om die verfoeilike gedrag van die NaTIS-fasiliteerders aan die kaak te stel nie. Party amptenare dink mos skel en skree maak alles reg. Ons het nie vir hulle gekies om daardie werk te doen nie. Ferme, ordentlike optrede kos niks. Groete.
Ek wil net graag weet, is die N$750 uitbetalings nou afgehandel, of kan diegene wat ook moes gekry het, maar niks ontvang het nog wag? Of is dit maar nou weer klaar wat dit so is, het die res weer ander baas gekry? Vind asseblief vir ons uit.
As ons sê dat ons ’n Christenvolk is en ons stem tot die wettiging van aborsie in, kan ons vergeet van God se beskerming teen corona, want God kan nie moord goedkeur nie. As hy sê jy mag nie moord pleeg nie, bedoel hy dit. In Amerika word minimum 4 000 babas ’n dag geaborteer. Dit is ’n afsku in Sy oë! Moenie met God speel om stemme te wen nie. Dit gaan ons land benadeel. Sy wette is sy wette. Hy is Heilig, Hy laat nie met Hom spot nie. Wees gewaarsku, volk van Namibië.
Die aktiviste wat hulle toys so uit die cot gooi oor nietighede, het julle niks anders om te doen nie? Julle is ’n irritasie. Gebruik eerder die tyd om te help met die mense wat honger ly. Ag nee wat, word groot.
Ek soek tog ‘n transfer van Windhoek af na Mariental. Ek is ‘n GRN (graad 15) werker. As daar iemand is wat belangstel, laat weet maar net dan kan ons kontak maak. Dankie. – 081 452 3257
Republikein as koerant is nie meer die moeite werd om N$7 op te spandeer nie. Wanneer jy die advertensiebladsye uitgehaal het, bly daar net ’n paar bladsye oor. – Johan Gous, Windhoek

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie