SMS'e vir 29 Maart 2018
SMS'e vir 29 Maart 2018

SMS'e vir 29 Maart 2018

"Hoe moet ons pasiënte behandel?"
Mandy Rittmann
Tsumeb is bo blink en onder stink. Met die onafhanklikheidsvieringe is die ingang in die dorp mooi en skoon gemaak, en ook die dele waar die VIP’s gery het, maar die res van die dorp se strate het nog van verlede jaar se gate in die paaie en dit raak net groter. Okahandja en Tsumeb se paaie lyk ewe sleg.

PSEMAS betaal steeds die diensverskaffers maandeliks baie minimaal (minder as 30 tot 40% op uitstaande eise) op grond van hul eie MOF-begroting. Hoe moet ons pasiënte behandel, mediese dienste lewer, medisyne aankoop en ’n bestaan voer? - Diensverskaffer

Skoolhoofde, jul weet die wintertyd is afgeskaf. Ek hoop jul het gereël dat skole vanaf 3 April dus 30 minute later sal begin. Dis 06:00 nou al stikdonker! Dis die tyd wanneer ons kinders skool toe stap.

Mnr. Hengari! Ai tog, watter “utter rubbish! Jaag ’n paar duisend Chinese uit die land en ’n groot deel van jou werkloosheidsprobleem is opgelos?

Sies! Hoe kan ’n mens hof hou in so ’n vieslike hofsaal, wat uitmekaar val. Dis ’n skande. "Judiciary", waar is julle trots. Kry seker te veel geld om nog te bodder. Ek skaam my morsdood. Dankie tog ek het bedank en hoef nie meer in so ’n hofsaal te werk nie.

Wil net weet. Wanneer ontwikkel Rehoboth? Alles gaan net Noorde toe. Mevrou, staan op en werk. Moenie net vir verkiesing lieg.

Kortliks, wat gaan aan by GIPF dat die kliëntediens nie die telefoon kan antwoord nie? Tot daardie blikstem wat oor en oor dieselfde ding herhaal, is stil. Dit lui en lui en lui tot in jou dinges in toe! Is dit nou diens? Wat gaan daar by julle aan, GIPF?

Kanime van “City Police” geskors. Hy en Joos het Wanaheda in die laat 90’s op hol gehad met 30 tot 40 taxi's wat hul op ’n dag gevang het. “Pirate" taxi's. Ek dink hulle het lankal vir hom in die visier.

Year of reckoning; Willie Swartz is gone, Chief Kanime followed and soon Generals Hamunyela and Ndeitunga must follow for thinking that the correctional service and police force belongs to them. Their Ministers of Safety and Security are showing no interest into their ministerial responsibility and needs to be removed or reshuffled. Please Mr. President help your Nation.

Ek stem saam met Joos Platt oor Westelike Verbypad. Klink na ’n wenresep. - Duime

Laat die “reporter” die nuus asseblief reg deurgee. Daar is nie mense tussen Aranos en Gochas gevang met dagga nie. Dit was op die Nossob-pad.

Former Minister of Health, doctor Richard Kamwi promised //Kharas region 2018 would be the year Keetmanshoop State Hospital would become a referral hospital to bring health services closer to all state patients. Will our political leaders from //Kharas please stand up and let your voices be heard regarding a referral hospital for our south. Thanks Ed.

Die nuusdraers wil graag vir Gochas sleg maak, maar Gochas het nie die regte stasiebevelvoerder nie. Daar is goeie ondersoekbeamptes, maar hulle word ondermyn. Wanneer kry ons die twee vermiste persone?

Wil weet. Kan mense wie so ’n lae moraal het, wat klippe op huisdakke gooi, asook ruite beskadig van goed beplande en selfversorgende mense, ’n mooi land opbou? Dit gebeur in Sonop, Mariental. Hierdie geboue is opgerig deur harde werk. Stop jou laakbare gedrag, jy bereik niks. Pas op, daar is ’n oog wat sien, asook ’n kenner van die hart. Die polisie dra kennis. Doen julle werk, ons is swak mense. - Bekommerde senior burger

Die waterlekkasies by Senior Park is al vir ’n jaar so, en dit word by departement van werke gerapporteer. Hoog tyd dat hulle iets daaraan begin doen. Hoop die minister of president word ingelig.

Dit is nie al waterlekke by Senior Park nie, daar is ’n paar wat so lyk.

Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon. (D.ws. nie in die Hemel nie.)

Alle oudleerlinge en leerkragte wat vanaf 1987-1990 by JSS Empelheim in Mariental was, kom ons hou reünie. Datum die naweek van 18-20 Mei 2018 by bogenoemde skool. Bydrae N$300 per persoon, ete en slaapplek ingesluit. Kontak Sonny Kamure (Scheffers) by 081 322 5979. Kom ons geniet saam.

Die advertensie oor honde wat katte beseer in Veneta: Hou asseblief jul katte in jul erf of huis. Hulle kom in my erf, slaap op my tuinstoele, spry my mure met hulle geur, aktiveer my alarmstelsel en kom doen hul besigheid in my huis. As eienaars hul katte tuis hou, sou die advertensie nie nodig wees nie.

Jossop van Karasburg het outydse "grem-music" -plate, groot en klein. Kontak 081 660 9971.

Ek het die volgende plate: Your mamma won’t like me, Springbok hit parade, The world of Gene Rockwell, Greatest hits of the outlet, Music of our time, Golden star, Joan Baez in concert, Vanguard Smash hits Presley style, Dynamite outlet, The Tremeloes greatest hits, Cry to me and other great hits, Top of the pops, Live current different music, Wild party Country hits, Barbara Ray, Bobby Angel. - 081 660 9971

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!