SMS'e vir 29 Mei 2018
SMS'e vir 29 Mei 2018

SMS'e vir 29 Mei 2018

". . .spelers, hou so aan"
Mandy Rittmann
Welgedaan Welwitschias. Mens kan vooruitgang sien. Aan die spelers, hou so aan.

"Invalshoek": Mnr. Koekemoer, dan het 99% van ons land se swart burgers (lees kleurling en Baster) geen emosionele intelligensie nie. Nie net het jy geen, maar geen idee hoe dit voel om soos die sogenaamde aanbieder behandel te word nie en jy beledig ons gewone intelligensie. In jou hoogdrawende uitlê van die insident, blameer jy maar weer die arme slagoffer. Dit meneer, verstaan jy nie. Jy krap weer ’n addersnes oop.

Die sage tussen Willemse, Botha en Mallett gaan beslis veroorsaak dat ek en duisende soos ek nie meer SuperSport gaan kyk indien Mallett en Botha nie meer deel is van die paneel nie. - SAP&H

Ek wil graag weet. As Namibië dan wil hê hul entrepreneurs moet suksesvol wees, hoekom kan hulle nie die duur kursusse oor “tax" en "VAT” subsidieër nie? Dis "tax"- en "VAT"-goed wat klein besighede sink.

Minister Himarwa have mercy on our kids who walk very far to school. Some leave from home at 05:30, others at 06:00. In winter it will be much darker than now at that time. Please let schools start 08:00 for kids. Thank u.

Kon dié Nama-fees nie ’n Nama-taal prediker vir Sondag kry nie? Ek was so afgehaal deur die vroueprediker wat nie eens van die Suide is nie. Wel gedaan, LPM, met ons eerste Nama-kultuurfees!

Graag wil ek ook iets sê. Daar is onderwysers wat nie die kinders leiding gee oor hoe die som gedoen moet word nie. Dit word net gesê "kyk op bladsy dit en werk". Dan gaan die onderwyser uit die klas. Vra die kind wat nie verstaan nie dat die onnie aan hom moet verduidelik hoe hy moet werk, dan sê hy net "ken jy nie wat is een plus een nie". Is dit reg so? Ons bid tog dat elke kind moet verstaan wat hy of sy doen en tog moet slaag. Kan onderwysers tog net meer toegeeflik wees, dit is tog die roeping wat hulle gekies het. Asseblief!

Vlieë bly ’n probleem in Okahandja. Dit sal seker so bly, dis mos normaal.

Kalkrand, gaan vra advies by Botswana. In Namibië word jy nog jammer gekry.

Connie Maritz and her organizing committee needs to learn a thing or two from the organizers of the Miss SA peagant. We pay nothing less than N$400 and dress up glamorously to attend the Miss Namibia peagant that feels like a high school peagant organized by amateurs. Please up the standards of the event and give a showstopper worth our money.

Baie dankie Shinien Fich vir baie goeie kliëntediens by Standard Bank Keetmanshoop. Jy verdien voorwaar ’n medalje vir jou pragtige glimlag en flinke diens. Jy het weereens gewys dat jy ’n wenner is en nooit moed verloor nie ten spyte van die negatiwiteite. Ons wens vir jou alle voorspoed en goeie wense in jou loopbaan toe. Gods rykste seën. - Gordon Beukes en familie

Iemand het die ID-kaart van Ester Pombili-Ipawa Elia opgetel. Skakel Mandy by 081 315 1017 om dit af te haal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!