SMS'e vir 29 November 2016
SMS'e vir 29 November 2016

SMS'e vir 29 November 2016

“. . . nou moet ons land deurloop.”
Gerine Hoff
Lagwekkend! Die grondhofsake. Die voorsittende beampte kan a.g.v. leemtes in die vorige waardasierol dit nie aanvaar nie. Toe kom hy met sy 40% uitspraak. Wil hy nie maar erken dat hy nie ’n uitspraak teen die ministerie wil maak nie? Alle besware is deur en deur in die howe deurtrap deur individue en regsgeleerdes. Hoekom moet elke beswaar nou weer apart aangehoor word? Die boere betaal deur hul ore vir al hierdie hofsake terwyl dit die minister en sy trawante nie ’n sent uit die sak jaag nie, want die belastingbetalers moet vir hul deel opdok. Hou op om die sake kort-kort uit te stel. Dis net ’n mors van tyd en geld. Fedup

Ek werk by EduCare en dis bog. My salaris is nog elke maand láát betaal. Ek het bewyse. Menige onderwysers het al die afgelope jaar geloop omdat hul salarisse laat betaal is. Vra maar net vir die bedankingsbriewe dan sal julle sien hoe Wihan lieg.

Dit is vandat die Chinese ons land kom oorneem het wat ons renosters so doodgemaak word. Laat die Chinese terug gaan na hul land toe. Dankie tog dat die seeprojek is gestop, want daar wil hulle ook net verwoesting saai. Hulle kry dit nie in hul land reg nie, nou moet ons land deurloop.

Rhino horns - heads will NOT roll! How many investigations have already been done? An ex-MET Etosha officer handed in an investigation WITH NAMES last year and nothing came of it. One official transferred to Windhoek only. When are govt employees/officials going to be exposed and prosecuted? Because official/GRN cars leaving park are not searched!

Vir N$1 000 kry ek 395,5 units vir die besigheid op Rehoboth. Kan iemand my reghelp?

Dit kom voor asof Rust borgtog geweier word om meer geleentheid te skep vir die diewe om groter en meer te kan steel en verwoesting te saai, want hy is mos nou uit hulle se pad uit, want ons werk saam as span – van die laagste tot die hoogste in ons land. Kanaän

Vat tog die kerkstories van koerant asb.

Sebastian Ndeitunga and his clowns did it again. Tip: Check for rhino horns BEFORE they go out. Congrats again to the Chinese who will lead Interpol. Reggie D

Mnr. die redakteur, ons verstaan jul gaan vanaf Januarie jul koerante aanpas met N$1 en ons SMS’e vir plasing sal wees N$3 vir ’n paar reëls. Hoe langer die SMS is, hoe meer sal dit wees. Soveel SMS’e word reeds nie geplaas met ons gelde betaal per SMS wat jul eiendom word vir SMS’e wat julle “reject”. Is dit omrede jul die enigste Afrikaanse medium is? Of is dit weer die alewige ou holrug geryde koste? Die ander koerantgroepe word dan deur dieselfde elemente geraak, maar oor laai nie hul lesers nie. Pensioenaris.

Die stroop en smokkel van renosterhorings gaan onverpoosd voort. Dit kan ongetwyfeld slegs met die samewerking van natuurbewaring se minister en hooggeplaastes in Etosha geskied. Red tog die laaste paar renosters en “fire” vir Shifeta en sy trawante wat met hoë poste in Etosha sit. Nou wil hy nog die Namibiese seebodem ook aan die Chinese verkwansel om fosfaat te myn. Wonder watse “cut” sou hy daaruit by die Chinese kry. Hy is totaal onbevoeg.

Des, ek wil ook my gesin van vier saamgebring het, maar ek het nie ’n tent nie. Wag op jou antwoord. Dankie as dit ja is.

Dit is ’n skande! 99% van Namibiese burgers stem saam met jou, mnr. Kanguatjivi, om te dink dat ons polisiebaas nogal ge-“try” het om baas te raak by INTERPOL. Wat ’n skande sou dit afgegee het. Dankie tog hy het uitgeval. 18 horings is baie en padblokkades is baie en die internasionale lughawe se skandeerders is ook deel van die skande.

Mnr. die direkteur van //Kharas “Region”, nou verstaan mens hoekom jou streek die swakste uitslae het. Tydens Izaks was die streek eerste met uitslae in gr 10 en 12. Hy het nooit RSA toe gery vir funksies nie, het sy onnies by die naam geken en ook van watter skool hulle vandaan kom. Kry jou huis in orde en weet waartoe jou onnies in staat is. Ken jou vakadviseurs en personeel, Dit verg aandag! Nie danse en kultuur waarheen jy so ry nie. Onderwys in jou streek is immers die belangrikste of is “S&T” vir jou die belangrikste? Jy sit die pot mis as daar vir jou raad gegee word. Kom by en laat streek weer top uitkom. Ek voel jammer vir jou, want jou voorgangers het veel beter gedoen. Kry ’n “open door policy” en ken jou onnies wat jy sekerlik nie ken nie. Spandeer meer tyd op kantoor en hou jou deur oop. Wees besig met onderwys en nie buitemuurse aktiwiteite nie. Asb., ons wil ook weer ’n slag trots wees op ons uitslae.

Renosterstropery: Wanneer het dit begin? Van die Chinese in die land gekom het en dit raak net meer en meer. Die president het klaar die land aan die Chinese verkoop, maar die mense kan dit nie sien nie. Hoeveel werkgeleenthede is al aan die Chinese afgestaan? Hoe kom hul by doeane verby? Omkopery – wat anders. Wat soek beeste in Etosha waar onwettig drade geknip is. Skiet hulle en los die beeste daar vir die leeus en jakkalse. Wat soek ’n ander persoon in Etosha te voet sonder wildwagtersuniform? Skiet hom – hy is onwettig. Dit is al hoe die stropery gaan stop. Maar die regering en polisie is te slap om wetgewing toe te pas en nog medepligtig ook. Wie weet. Wag nog vir antwoorde van polisiehoof wat daar diens gedoen het wat nou weggesteek word.

Geingob travelling to France to visit Hollande, London to visit the queen and Cuba - nice going Mr. President, enjoying the luxuries of life while your country is falling apart, is rotten to the core. Your people are hungry and have to walk miles to fetch water? What a president and party (Swapo). Hope this is an eye opener to the people. We need Hawks/T Maronselas etc!

Jy vra hoe regverdig die regstelsel die dubbele standaarde. Baie maklik. Die een beskuldigde is ’n spesifieke kleur so hy kry borgtog sodat hy kan uitgaan en lekker verder moor, roof, verkrag ens. Die ander beskuldigde is van ’n ander kleur so hy moet sonder ’n verhoor sit en verrot in die polisieselle. “Namibia, land of the brave.”

Ek stem saam met Basterseun. Niks sal in Rehoboth verander nie. My mense is ’n klomp draadsitters, skinderbekke en lamsakkig. As daar nog iemand opstaan om iets te doen om Rehoboth te red van die politieke kabaal wat nou in my geboorteplek heers, word sy/haar karakter geskend. Ek is weg uit Rehoboth, maar my hart is seer, baie seer! Basterbul

Liewe juffrou wat vyf jaar terug matriek met 30 punte geslaag het en nou mop swaai. Gaan nou goverment park toe en doen daar aansoek vir ’n lening om verpleging of wat jy ook al wil te “swot”. Dis die enigste plek waar jy onmiddellik sal weet of jy kwalifiseer of nie. Jou gesukkel met “ministry of health” gaan jou nêrens bring nie. Of jy gaan by mopswaai bly tot jy oud word. Doen dit so gou as moontlik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!