SMS'e vir 29 September 2016
SMS'e vir 29 September 2016

SMS'e vir 29 September 2016

“Werk tog met een kam.”
Gerine Hoff
Is met afgryse wat mens lees oor die meisietjie en amper elke dag ’n babatjie wat vir dood gelos word! Mense, as jy nog nie ’n kind aan die dood afgestaan het nie, verstaan julle nie dis die ergste erg wat daar is. Wat die mamma se rede was, weet ons nie maar ASB soek hulp! Om ’n kind te verloor, is baie seer.

Ons wil ook weet van daardie Gate. Ons soek ook ons broer wat 1977 gegaan het, maar nie terug gekom het nie. Hy moes met die laaste vliegtuig gekom het, maar tot nou toe wag ons. Tsumeb-komitee dink ook aan Grootfontein.

Die arme onderwysers sukkel met hulle se 8%, maar die kastige struggle-manne en -vroue wat nie skool het nie, kry so baie. Onregverdig! Werk tog met een kam.

Met betrekking tot die verbysteek van ’n voertuig of voertuie soos op die foto in Republikein van 27/09/2016. Die verkeersmanne sit langs die Windhoek-Okahandja-pad met spoedkameras. Sommige moet al behandeling kry vir agterent-eelte. Die ander groep skryf weer parkeerkaartjies. Die ander groep sit en wag vir besoekende presidente om deur die strate te jaag soos besetenes. Ons het nie diegene wat patrolliewerk doen op die hoofweë nie. Dit gaan oor geldmaak en “bribery”. Verkeersopvoeding? Vergeet!

Die berig oor die Nasionale Teenkorrupsieplan verwys. Ek wonder tot op watter diepte gaan die lem sny? Sal dit die mense vasvat wat bv. aandring op die volgende: Drie geslagte skape, ’n verwerkte gemsbok, N$2 000 vir diesel en/of kruideniersware. Dit net om sy werk te doen waarvoor hy betaal word! Hoe weet ek dit? Ek het twee sakemanne hoor gesels in ’n restaurant. Die man aan die woord was baie ontsteld en kon dit net nie regkry om sagter te praat nie. Almal naby sy tafel kon hom hoor praat. Nou wonder ek of die tipe omkopery ook onder die loep gaan kom? My afleiding is dat as iemand tans besigheid wil doen, moet ’n ekstra bedrag vir omkopery begroot word! Ek vermoed hierdie soort omkopery is aan die orde van die dag. Dis skokkend en skandalig. As korrupsie nie op elke vlak vasgevat word nie, help al die goeie voornemens en planne gewoon niks!

Die onderwyser- en ouerstorie raak nou afgesaag. Dis 50/50. Sommige onderwysers is glad nie so onskuldig nie, hulle gaan met persoonlike stres skool toe dan word jou kind beledig. My kind is nie die ministerie wat die verhoging gee nie. Dan moet jy aanvaar, want anders word jou kind op punte gepenaliseer. Ons weet van julle. As hulle maar net vrugte kon dra wat by ’n onderwyser pas. Deesdae is als ’n poppekas

Bestaan Synergy Medical nog? As pensioenaris kunsbeen laat maak, meer as N$20 000 betaal en met eerste passing moes verstelling gemaak word. Vir maande is hulle kantoor in Maerua toe. Telefone, e-pos niks werk meer nie. Sal ek eerder ’n saak moet maak?

Netso mnr/mev. Ek hoop almal lees jou brief in Republikein van 27/9/16 dat ons almal begin verantwoordelikheid aanvaar vir ons kinders se gedrag en kinders ook meer verantwoordelik begin raak en besef dat hulle moet leer op skool vir hulle eie toekoms en dat ons ophou om onderwysers die skuld vir ons kinders se swak prestasies te gee. En regering, gee die onnies die verhoging. Hulle verdien dit na hulle so moet sukkel met ons ongedissiplineerde kinders.

Oe jitte! Is dit nou die onderwysers wat moet hard werk dat die kinders slaag? Na die laaste verhoging het die kinders al hoe meer ongedissiplineerd geraak saam met sommige van die ouers, want die kinders mag mos nie meer getug word nie, dan kla julle mos die onnies aan. So mnr/ mev, jy is ook ’n saboteur van onderwysers.

Wie sal die motoriste op die B1 tussen Keetmanshoop en Gibeon help? Ons lewens word bedreig deur die diere op die pad wat behoort aan selfsugtige mense wat niks voel vir ander mense se lewens nie, maar net aan hulle eie sak dink. Ons wil hê Tses-polisie moet ons beskerm.

Ek bly op Keetmanshoop in Krönlein. Ek weet nie wanneer laas is waterlesing by my huis gedoen nie, maar kry elke maand hemelhoog rekening. Wonder of mense net skattings doen.

Die agbare min. van onderwys en kultuur moet groot asseblief vir ons die salarisse van onnies in Suid-Afrika en in Namibia in hierdie koerant vergelyk met mekaar. Ons het ook aan die suidekant van die Oranje familie in onderwysposte. Vergelyk ook sommer lewenskoste met mekaar.

Die sogenoemde inwoner van Hoachanas wat so in die SMS-blokkies van Republikein onwaar die “settlement” kantoor se baas beledig, vir jou inligting daar is ’n “regional tender board” en tenders word daar hanteer. Kry jou feite reg. Dis normaal vir ’n kantoorbaas om vergaderings en werkswinkels toe te gaan en daarom is daar ’n kantoor met mense sou jy iets het om gehelp te word. Die kar waarvan jy praat, is omgegooi terwyl die bestuurder werk uitgevoer het. Moenie net dinge sê waarvoor jy nie sal antwoord in die hof as jy aangevat word nie. Onthou jy mag val in die gat wat jy grou vir ander.

Ek betaal eerder die N$83 per maand meer aan onderhoud op my motor a.g.v. spoedhobbels as wat daar vergoeding moet plaasvind na die verlies van nog ’n mens se lewe op ons pad a.g.v. spoed. Wanneer ’n geliefde in ’n motorongeluk sterf, kan al die geld in die wêreld nie die persoon terugbring nie.

Republikein Dinsdag 27 Sept 2016: Wie sal ons help met die man wat ons (diere) skiet het betrekking. Hoeveel beeste, perde en donkies sal jy gee om ’n mens wat gesterf het as gevolg van jou diere weer lewend te maak? Jy het nie genoeg nie en in die hele wêreld is nie genoeg nie. Hou jou diere op jou grond en af van die padreserwe anders kom help ek daardie man om die pad skoon en veilig van diere te kry. Ek kom ry nie met my motor in jou veld nie, dus hoort jou diere nie op my pad nie.

Aan mnr. Huwelik Gee Tog Raad: Ek weet presies wie is jy en ek weet ook dat jy graag jou vrou sleg maak by andere. Jy weet dus nie die rede hoekom jou vrou wil skei, so moet glad nie simpatie by ander lesers soek nie.

Aan die ouer wat onderwysers saboteurs noem. Met alle respek meneer/mevrou, met so ’n “attitude” SAL u kind faal, want u kweek dit by u kind. “Its a fact that one can help a person better his knowledge and skills but NOT his attitude”! Tug en dissiplineer die kinders tuis en sien u as ouer toe dat u kind tuiswerk doen en studeer, want dis die kinders met “bad attitudes” wat die saboteurs op skool en in die klaskamers is. Sela!

Ons agbare president is in die buiteland om geldelike steun te werf. Is dit nou vir die vet “cats” Chinese? Want dit is beslis nie vir die Namibiese volk nie. Daar sal moet minder gepraat en meer gedoen word.

Verwyder alle ou Swapo-leiers van regering, want hulle leef in die verlede en nie vir “Namibians” nie. #down old Swapo leaders.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!