SMS'e vir 3 April 2017
SMS'e vir 3 April 2017

SMS'e vir 3 April 2017

“ . . . en ek bedoel stinkryk . . . ”
Mandy Rittmann
Minister Schlettwein het gesê Psemas het ongeveer 104 000 hooflede met elk gemiddeld 13 afhanklikes. Ongelooflik! Ondersoek die saak. Dertien afhanklikes per hooflid is darem dik vir 'n daalder.



Neckartaldam is amper klaar en ons afgetrede boere in die dam se area wag steeds op die ministerie van water, landbou en bosbou vir ons vergoeding om die area te verlaat en hervestig te word. Ons sal nie trek uit die area alvorens die beloofde vergoeding van die ministerie ontvang is nie. Dit sal ook jare vat voor die duur dam vol water raak as daar nie 'n wonderwerk gebeur nie.



As die SSC N$85 miljoen aan 'n erf met opgrawings bestee het en dit dan verkoop het, vir hoeveel het hulle dit verkoop? Vra maar net.



Veikko Nekundi, City of Windhoek het vir amper 10 jaar lank jou salaris betaal as werkgewer, terwyl jy nie 'n dag se salaris verdien het nie. Nou kritiseer jy!



Rhino horns disguised as coffee! Come on, should customs in Namibia not become suspicious? As if anyone wants to export coffee. We are not a coffee producing country. Makes one wonder if customs are not turning a blind eye or have they been bribed?



Attention, please. Who should and shouldn't obey the Constitution of Namibia? Our relative in Keetmanshoop police custody has been attacked and injured by a group of trial-awaiting inmates in the police cells. Officers refuse to open a case against these inmates. Is that fair according to Article 8 of the Constitution of Namibia?



Blykbaar weet die professionele polisieman wat oor die radio praat oor watter dwelm die meeste in Namibië gebruik word, nie dat dit alkohol is nie. Wonder nogal hoekom nie.



Mr. President, we are still waiting for the publication of detailed total costs of you and your bloated entourage's lavish luxury travels last year. We have the right to know how and on what our hard-earned taxes are spent.



Brigadiers Dreyer en Naudè. Dreyer het vertrek na RSA toe Koevoet ontbind is. Hy was nooit 'n Swapol-lid nie. Gert Naudè het weens gesondheidsprobleme afgetree.



Ek lees van Gert Naudè, wyle Hans Dreyer en Joos Platt. Hulle sou nie aanpas in Namibië se polisie nie. Hulle was te streng. Sou hulle jou kry met 'n pistool sonder holster, word jou wapen afgevat. Kry hulle jou met 'n polisiekar wat 'n defek het, word dit afgevat. Hulle het graag gevra waar jy is, wat is jou kilometerlesing en hulle het jou graag besoek. Hul dissipline het hulle in onguns gebring. Ek salueer van die grootste name van ons tyd.



Ek wil net vra, watter kwalifikasies moet iemand hê om by skole af te los, veral by sekondêre skole?



Nampol se dwelmeenheid is uiteindelik besig om nuwe bloed te werf. Die ou era was 'n tydperk wat nooit moes plaasgevind het nie, en sal ook as die swakste ooit in die boeke opgeteken word. Dit kan nou net beter raak, sterkte! – F Hoeksema



Ek is 'n weduwee met kinders van 20 jaar en kry 'n toelaag van Social Security deur “workman's compensation”. Vir 20 jaar is dit nog net daai N$1 089. Ek wil weet wanneer word dit ook verhoog. Als het gestyg, selfs verhogings word aangekondig, maar ons kry niks. Die president en minister: help en kyk ook na ons, asseblief. Ek is dankbaar vir wat ek kry, maar 'n verhoging sal baie help.



Waarom is ryk Rehoboth Basters, en ek bedoel stinkryk, geneig om nie hul werksmense 'n leefbare salaris te betaal nie? Een man sê my hy werk al 10 jaar vir een persoon en verdien nog nie eers N$2 000 per maand nie. Skandelik!



Ons as ouers van die Suide-skole moet opstaan. Dis ons kinders en as hulle nie daar was nie, sal die onderwysers nie salarisse ontvang het nie. Ons sit en kla oor geld wat gevra word by primêre klasse omdat skoolfondse nie betaal word nie. Staan op en sê wat verkeerd is, asseblief, dis jul regte, veral Gibeon-skool.



Ek is 'n Psemas-lid en het net drie afhanklikes. Sit die ander 10 by en party sal tot 20 afhanklikes hê.



Waar begin en eindig buurmansregte? Dis musiek op sy hardste, stampgeluide, mense wat skree, aanhoudende onderaardse gromgeluide oor die mikrofoon, aan en aan. Word dit gerapporteer, word dit stil net om weer die volgende dag herhaal te word.



ACC, please investigate the link be­tween the successful tender for the provision of pest control services at Hardap Regional Education Directory ASAP.



Ek is die enigste lid van Psemas. Hoe kan hulle sê elke lid het 13 afhank­likes? Dis mos nie waar nie, ek was nog al die jare eerlik met die fonds. Sjoe.



My niggie was een keer ná werk by die Katutura-kliniek vir gesinsbeplanning. Hulle het haar sommer by ontvangs meegedeel dat hulle nie ná 16:00 gesinsbeplanning doen nie. Ek wil by die regering weet wat verwag hulle as jou werk jou nie wil afgee nie en jy net kans het om ná werksure by die kliniek uit te kom? Hoeveel meer onwettige aborsies sal volg en hoeveel swangerskape met hongerte en verblyf ook daarby ingesluit?



Ek weet nie wat gaan aan nie, maar by ons laerskool op Usakos is net twee manlike onderwysers en die res is dames. Ek wonder of geen manlike onderwysers aansoek doen nie – na my mening hinder dit sportontwikkeling. Ek verstaan die skool het 'n onderwyseres om na sportontwikkeling om te sien, maar die genoemde onderwyseres het geen ondervinding nie, behalwe miskien in netbal. Ek soek antwoorde by die inspekteur of die direkteur.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!