SMSu2019e vir 3 April 2020
SMSu2019e vir 3 April 2020

SMS’e vir 3 April 2020

“Wat vir jou geld . . .”
Dani Booysen
Aan al die vragmotorbestuurders. Baie dankie vir die diens wat jul vir ons land en sy mense lewer. Dis lang ure. Dis ‘n moeilike tyd. Dis VASBYT. Sterkte!

Dankie nuwe minister Shiimi van finansies dat u insien om ons BTW-geld terug te betaal. Dit was wreed om mense se geld terug te hou om op so ‘n manier te probeer spaar. Dit was uiters negatief.

Mense kla nou oor die weermag en polisie wat hul hardhandig behandel. Maar waarom gee ons nie gehoor aan die reëls nie? Dis vir ons eie beswil. Niemand sal jou skade aandoen as jy die reëls en regulasies nakom nie.

Reusepatat. Ek is ‘n baie praktiese mens en het in hierdie tye baie tyd om oor die ding te wonder. Hy is soos in rêrig ‘n baie groot bielie en seker redelik onhanteerbaar. Hoe sny mens hom op? Met ‘n chainsaw? Is hy nie vreeslik houterig binne?

Ek dink die Rehoboth-operasie moet maar by die barakke gaan bly vir die maande wat hule moet werk, want hul is vir ‘n paar ure by hul vrouens en kinders dan moet hulle gaan werk. Later steek hulle ons aan. Ek is moeg vir die stry oor die saak. Dit moet regkom.

Pluimpie vir Swakop munisipaliteit. Binne ‘n uur ná ek Dinsdag agtergekom het ons het ‘n waterprobleem a.g.v. pypbreuk in Ocean View het ons weer water gehad. Baie dankie vir puik diens.

Total lockdown is ‘n vloekwoord. Indien dit sou gebeur, watse komplikasies gaan dit nie alles inhou nie? Die ondergemiddelde en arm bevolking gaan en sal dan net aan die kortste ent trek.

Rhb, hoekom stuur hulle nog mense tronk toe? Waarom nie net ‘n boete? Sien hulle nie die siekte? My Vader.

Ja, die oumense kla te veel. Hulle kan mos net ‘n 3,5% verhoging kry, want GIPF moet vir hul konneksies miljoene leen wat hulle nie hoef terug te gee nie. CoW het net vir verkiesingsonthalwe belowe van goedkoper koopkrag. Nou sal hulle aanmekaar kla. Daarom gee CoW sommer so los en vas ‘n 7 000 waterrekening net om te wys wie is baas.

Gaan ons hierdie jaar dood van honger of malaria? Sal die ventilators van GM Ford en Mercedes ook die muskiete van ons af kan weghou?

Inspekteur Joodt, hoekom is die reëls van die president net geldig vir sekere mense? ‘n Pub in Rehoboth verkoop drank deur die take away van laasnaweek af. Die komende naweke word dit seker weer so gedoen, maar jul maak niks. Laat ek nou my bar of sjebeen oopmaak en ook backdoor verkoop dan wil jul my kom toemaak en my die boete van 5 000 (sic. 2 000) gee. Doen jul werk reg asb. Onregverdigheid sal nie werk. Wat vir jou geld, geld vir my ook. Ons almal verloor.

Hoe lekker lag ek nou vir inblyhuiswerker wat reken lockdown is ‘n vakansie. Ek weet nie wat die wet sê nie, maar in my oë is jy deel van die huishouding so bring jou kant.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!