SMS'e vir 3 Desember 2020
"...verskynsel van kaderontplooing..."
Dinsdag se brief in verband met munisipale dienste gelewer, dui maar net weer op die verskynsel van kaderontplooiing in alle bestuursposte en die gevolglike ongekwalifiseerde selftevrede leiding, wat selfs die antwoord van ’n telefoon wil uitkontrakteer op ’n kommissiebasis.
Red ons! Hier kom die rapid antigen toetse vir Covid-19 ook nog. Die ding is so onbetroubaar en lieg meer as ’n tandetrekker. Getoets by verplegingstehuise in Amerika. By een 64 rapid toetse positief vir Covid en toe getoets met PCR, slegs 4 uit 64 positief. By ’n ander 39 rapid toetse en 23 positief en PCR kontrole almal negatief en so aan en aan. So as jy gaan vlieg en ’n rapid toets doen, is die kans goed dat jou rapid toets vals positief gaan wees. Jy mis jou vlug en word volgens internationale reg onwettig in kwarantyn geplaas teen jou wil. Betaal maar vir die PCR vroegtydig en maak seker jy is nie vals positief nie. Jy eindig dalk in ’n creepy minister iewers in die wêreld se nog meer creepy kwarantynfasiliteit op, in plaas van by die huis.
Kan iemand my tog verduidelik van ECN, of die kandidate van enige party nie pay nie.
Hoera vir die winkelier wat iemand beveel het om hul masker af te haal. By Grootfontein se Social Security is ek deur ’n wag sonder ’n masker beveel om een op te sit. Ek het geweier om dit te doen voor hy nie self een opsit nie. Ons moet saamstaan en hierdie maskerbelaglikheid boikot. Dit is al oor en oor bewys dat die goed nie werk nie en dat dit slegs ’n geldmakery is vir die verkopers daarvan.
Keetmanshoop se grondpaaie is in ’n verskriklike toestand. Jou voertuig word uitmekaar geskud. Munisipaliteit doen iets asseblief, ons is raadop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie