SMS'e vir 3 Februarie 2020
SMS'e vir 3 Februarie 2020

SMS'e vir 3 Februarie 2020

". . . skrif is aan die muur . . ."
Mandy Rittmann
Nou dat die gevaarlike virus in China is, sal die Fat Cats nie meer China toe vlieg vir sogenaamde staatsbesoeke nie.

What is Namibia’s position with regard to the Corona virus – especially with prevention and handeling contacts as Chinese are moving freely between Namibia and China.

In Deuternomium 14:3-18 sê God wat ons moet en nie moet eet nie. Ons almal weet van waar af kom die corona virus. Ons moet ernstig bid vir China dat daar ‘n oplossing gevind sal word vir daai siekte.

City of Windhoek. Jul verduideliking oor die twee kinders se verdrinking by die Olympia-swembad klink na ’n personeelvergadering. Een vraag. Waar de hel was die lewensredders toe die kinders verdrink het?

Dit is skokkende nuus oor Kenia se voortrekkery in die rugby-opset. Hoekom? Die gevolge vir Namibiese rugby is die skrif is aan die muur. Al jare lank, maar ons neuk voort soos nou. Ironies is die Concerned Group in beheer!

Dis ’n skande dat ’n karakter in die landskap, ’n natuurlike monument, die wel dooie, maar nogal groot kameeldoringboom, die enigste in die hele omgewing, net vir geld opgesaag en verwyder word. Gebeur van Klein Windhoek langs die pad Ooste toe.

Besef lesers dat 80%+ mense in Namibië nie meer landlyne (gewone telefoon) het nie, net selfone, dit terwyl die laaste telefoongids oor selfoonnommers in 2001 deur MTC uitgereik was. Ook net +- 10% mense plaas hul selfoonnommers in die Namibiëse telefoongids. Nogal iets om oor te dink, nê? - Thomas Kriel

Dis ’n deurmekaar gemaal van voertuie middae by Laerskool Krönlein in Keetmans. Kinders hardloop, want die son is warm en kyk nie altyd waar hulle beweeg nie en die heersers en eienaars van die paaie, taxi's, ry en parkeer soos hulle wil. Dit is ’n nagmerrie en geen verkeersbeampte te sien nie. Wil ’n beroep op die Mayor en die hoof van die polisie in Keetmanshoop doen om toe te sien dat elke oggend en middag verkeersmense by die skole patrolleer.

Wat ’n bekende rustigheid het ingesluip by die bloudam teen die duin voor De Duine Hotel. Dis nou by die laaste noordwestelike dorpie, Hentiesbaai, teen die lang Skedelkus van Namibië. Vir die bloudam en sy permanente inwoners het balsem vir die siel en hersteltyd vir die vertrapte soutpad nou aangebreek. Onthou, 2020 se groot dae lê weereens voor soos almal voor hom.

Hetiesbaai councillor, hou op om oor die Damara Nama radiostasie goed te praat wat jy nie in Hentiesbaai doen nie. Ons in die plakkerskamp het nie water en toiletgeriewe nie. Moenie praat van grond nie, nog erger. Stilbly is ’n goeie antwoord. - Nama van die Erongo

Kan daar nie asb. plan gemaak word dat ons vinniger die ID’s kry nie? Dis reeds bestaande ID’s waarop net ‘n van moet verander word en ‘n ID wat verlore geraak het wat vervang moes word. Ons wag al 5 maande. Moet ons elke keer die wiel uitvind?

Die Kunenerivier in die Noorweste van Namibië by Ruacana vloei die sterkste die afgelope 3 jaar. Dalk is dit ‘n aanduiding van die bekende efundja (vloed) wat op pad is. Tyd sal egter leer. – SAP&H

Steel is nie ’n sonde nie, net solank jy elke keer vergifnis daarvoor vra. Dit is die grootse spul bog wat ek nog in my lewe gehoor het. So jy kan maar elke dag gaan steel en dan gaan jy gou op jou knietjies en vra vir vergifnis. Nice man.

Lizbeth wat saamstem oor steel is nie ’n sonde nie. Ek dink jy moet jou kop laat lees. Dit is hoekom dinge in ons land lyk soos dit lyk.

Jy kan dan maar steel en net sorry sê? Uit watter Bybel het jy dit gelees? So moord is ook dan nie sonde nie, solank jy sê ek is sorry is alles OK? Sjoe, hoe kan iemand so redeneer? Ek is stomgeslaan! Geen wonder dit gaan so in die wêreld nie. My Bybel sê duidelik jy mag nie steel nie!

Kan iemand vir my nommer gee vir mense wat brandrissie-olie maak. – 081 422 8181

I cannot tell whether Crowd 1 is legal in Namibia but after research on the internet I will not invest with them. The domains of two gaming/gambling/betting platforms have been registered by the same people who registered Crowd 1. Would you put your money with a business that does business with itself?

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!