SMS'e vir 3 Julie 2017
“Vir alles word apartheid blameer.”
Ja, sommer op die voorblad van Republikein Vrydag 30 Junie word aangekondig deur Windhoek munisipaliteit “so styg tariewe”. Ry maar in die aand daar verby, elke aand en elke naweek, dan kyk jy hoeveel ligte daar buite sowel as binne die gebou brand. Weet hulle self nie hoe om te bespaar nie? Baie van ons weet watse salarisse julle verdien en van die voordele wat julle geniet. Ons as inwoners moet daarvoor betaal.
Ek wil graag net vir Harnas geluk wens met die vang en vrylating van die twee leeus. Ek kan net nie glo dat die Republikein so ’n kort, inligtinglose berig hiervan maak nie. Elke dag lees ons net van moord, roof en verkragting! Vir een keer kan julle as koerant ’n goeie storie maak waar vir ’n slag nie diere gemoor word oor iemand se beursie nie. Goeie werk Harnas en almal wat betrokke was.
NBC Medical Aid debacle! Is this a veiled threat to suppliers due to NBC’s inability to pay? This could encourage suppliers to stop doing business with the NBC altogether, be the times good or bad. Two questions: Were medical aid contributions deducted from NBC staff salaries? Has a medical fund got the authority to negotiate payment terms?
NBC skandaal! Hoe is dit moontlik dat ’n radiostasie 400 tot 500 werknemers het? Asseblief! Weet hulle self nie of dit 400 of 500 is nie? Please explain NBC!
Ek lees in die koerant van die klomp renosterkarkasse wat in die panne gevind is, en ek onthou dat ek so drie jaar terug in dieselfde koerant ’n brief gerig het dat ons deur Halali gery het, en met ons eie oë gesien het hoe mans in uniform staan en bloed van olifanttande afwas. Ons kon ons oë nie glo nie, en toe die betrokkenes sien ons ry weer verby om foto’s te neem, toe verdwyn hulle met tande en al in ’n gebou. Dit is vir my so hartseer dat ek nie meer kans sien om daarheen te gaan, al was dit ons gunsteling vakansie plek.
Shaningwa fumes over absentee reports of ministers etc not attending parliament sessions which seems to be the norm. Would not surprise me if absentees however claim travel/S&T for the trips. This should be investigated!
Waarom wag die ministerie tot op die nippertjie om brandstofpryse wat verander bekend te maak?
Wil tog net weet of ek as lid van Psemas kan navraag doen oor eise wat deur gestuur word van apteke. Dit bly dan nou net jaar op jaar dat ek net drie keer medikasie kan vat op my mediese fonds of selfmedikasie. Ek voel my fonds word misbruik. Net ’n verslag as dit moontlik is. Dit kan mos nie so aangaan nie.
Moord met voorbedagte rade: Hierop word jy maklik skuldig bevind. Nou vra ek: Is dit nie dieselfde wat inbrekers doen nie? Wat het van die regte van gehoorsame mense geword?
Psemas moet lede/dokters wat die fonds misbruik uitsorteer! En help lojale lede/dokters met hul eise!
Die RCC (Padkontrakteursmaatskappy) moet sy logo verander van “Your future starts with us” na "Your future ends with us.” Hulle vermors die belastingbetaler se swaarverdiende geld en kom absoluut niks oor nie. Skandalig en krimineel!
Enige regdenkende mens sal 1 000 persent saamstem met brief van “Keelvol vir wanbestuur”.
Utoni Nujoma blameer die apartheid-regime vir opkoms van Kuka-winkels? "What next?" Vir alles wat verkeerd gaan, word apartheid blameer. Staar liewer die waarheid in die gesig, dat die huidige regering een flater na die ander maak en duisende alkohol-/kukashoplisensies uitgegee het.
Try phoning Telecom and it is such a waste of time. No wonder that there is no money because they are wasting it on advertising on which they can not deliver.
Soek tog dringend raad vir my asmabors. Die pompies en pille help nie meer. Asseblief.
Skrywer wat weet van teregstellings gedurende 1986. Weet jy dalk wie die laksman was?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie