SMS'e vir 3 Julie 2019
". . . kinders die lydende party."
Indien petrol in Suid-Afrika daal, dan het die petrol ook in Namibië gedaal. Deesdae bly dit onveranderd tot hy weer styg later. Dan hoor jy die fat cats het verhoging gekry. Altyd korrup. Ons in Namibië word dom gevat.
Korreksie: Trofeejagters is niks beter as renosterstropers nie.
Sokker: Ek is so bly dat die Brave Warriors verloor het, anders kry elkeen weer ’n huis van die president en ek het nie eers ’n sinkkaia nie. Ander sportsoorte word nie deur die regering gehelp nie, dit is net die ou sokker. Groot manne wat self kan sorg, nou ly ons kinders daaronder. Mag hul nooit wen nie. Blue eyes boys.
Internasionale Reggae-dag loop hand aan hand met Rasterfariërdag. So om dit te vier, vier ons eintlik daggarookdag. – Sellious
Die kykNET-program "Met ’n huppel in jou stap" wat deur Avbob geborg word, is vir my ’n effe vreemde stelling. Dit laat my aan ’n plakker agterop ’n lykwa dink, wat lees “Arrive alive”. - SAP&H
Ek stem saam met die skrywe in gister se WhatsApp-kolom. Dit is onaanvaarbaar dat meisies en ouer dames aanhou en al meer as vier kinders in die lewe gebring het en nog enkelouers is. Ons het nie ons lewens in ons hande en sterf soms vroeg. Ook soms weens ons onverantwoordelike leefwyse, en dan is die kinders die lydende party. Dit is selfsugtig. Kry voorbehoed, dis gratis.
Geagte mnre. Venaani en J. van Wyk. Kan julle asseblief ’n voorlegging in die parlement doen vir ’n wet wat MTC verbied om mense se slaap te versteur vanaf 1am tot 6am deur hul oneindige boodskappe “Your Aweh will expire.” Asseblief, dankie.
Ek wil net vir Thusnelde Gamibes van Republikein (argief) uit my hart bedank vir haar onbaatsugte hulp deur vir my ’n uitknipsel van my familie wat in Augustus 1986 in ’n motorongeluk gesterf het op te spoor, en dit in ’n japtrap - nie eens ’n halfuur. Nogmaals baie dankie. Mag die Here jou ryklik seën vir wat jy beteken. – Ouma Poppie de Koe
Wat ’n goeie, flinkse en topspeler - Julian Afrikaner.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie