SMS'e vir 3 Julie 2020
"Daar is geen tee . . ."
Gaan lees wat die Wêreldgesondheidorganisasie sê. Daar is geen tee wat Covid-19 kan voorkom nie. Dit is bedrog wat in Walvisbaai gebeur.
?
Die hantering van die Covid-19-pandemie deur die regering kan soos volg voorgestel word. Dit reën hard en die water begin in die strate loop. Ons begin sandsakke pak, om oorstromings te probeer voorkom, maar ongelukkig hou die reën net aan val. Die opgedamde water word net al hoe meer! Op 'n dag gaan die wal meegee en soos 'n Karibadam oor ons spoel! Die rede vir hierdie voorstelling: die virus gaan nie na drie maande verdwyn nie, maar jare aanhou. Daarom, vat die siekte nou aan met net sekere beskermingsmaatreëls en beskerm daardeur ook die ekonomie. Ons moet in elk geval deur die siekte gaan. Los die inperkings!
?
Holla Bernadus Swartbooi, ma se kind, jy sê dinge soos hulle is. Tribalism vier hoogty in ons land en 'n sekere stam trek die meeste voordeel ten koste van ander. Die houding en gedrag wys sommige dink hulle is geregtig op alles en toon geen respek aan ander nie. Dit is skandelike, siek gedrag.
?
Swartbooi is vreesloos. Hy staan op vir die waarheid. Die waarheid maak seer. Ons het hom en mnr. Seibeb nodig om vir ons te praat in die parlement. Dankie vir die guts wat julle het om vir die waarheid te staan.
?
Ek wil my opinie gee oor die debat oor reconciliation. Wil ons ou wonde net oopkrap en los om self te heel, of krap ons dit oop om dit heeltemaal te genees of hoe? Voorstelle moet saam met die mosies kom oor hoe ons wil hê dat reconciliation kan plaasvind, want vinger wys sonder voorstelle sal ons nêrens bring nie.
?
Wat help al die voorsorgmaatreëls? Geld gaan daagliks deur duisende hande en wat kan daaraan gedoen word?
?
Die Covid-statistiek wat daagliks in die koerante verskyn wys 90 persent (sic.) van gevalle is in Walvisbaai. Ek wonder net wat van Windhoek en die digbevolkte verre noorde en noordooste waar Covid die laagste is. Hierdie statistiek maak nie sin nie. Kan die land die regte inligting kry asseblief.
?
Wil net vir die persoon wat wil hê dat aborsie gewettig word sê: moenie met God se genade speel nie.
?
CoronaSmona, is so moeg vir die virus. Asseblief Republikein, begin weer fokus op investigative reporting. Windhoek munisipaliteit, government fraud/corruption, boomafkappers ens. Groot asseblief!
?
Ek wil graag weet wanneer sal die kerke ook 'n biddag vir die virus doen. Die president het mos al begin. Terwyl ons nou so bevrees is oor die virus kyk en sien God raak.
?
Nagbestuur. Ek het Maandagaand vanaf Rehoboth na Mariental ongeveer 15 lorries op die pad verbygesteek en ongeveer dieselfde hoeveelheid lorries het van voor af gekom. Dit lyk my die lorries ry nou in die nag om verliese in te haal. So, ek beveel aan, bly maar weg van die langpad af.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie