SMS'e vir 3 Junie 2016
My hart bloei vir Trina Tjipukapuka se moeder Rosa wat so ’n onverhoude oomblik moet beleef. God het sy engel (Trinatjie) kom haal. Sy rus sag by haar abba vader. Katutura-hospitaal moet gedagvaar word vir nalatigheid wat gelei het tot die dood.
My vraag aan die munisipaliteit is, hoe wil julle die woongebiede beperk op watergebruik as die bou-ondernemings aanhou bou? Wat help behuising as daar nie water is nie? As daar nie water is nie, gaan alle besighede stop. Hoe kan ons julle ernstig opneem as julle onrealistiese en onstabiele besluite maak?
Baba sterf. Die skepsel wat die baba se ma beveel het om agter te staan, moet vir moord aangekla word. Hoe kan sy in ’n kliniek werk met siek mense as jy so onbevoeg is sonder ’n begrip vir ander se nood? Dit is verskriklik om te dink dis ál waarnatoe hierdie mense kan gaan met gesondheidsprobleme.
Met verwysing na die berig oor Areva se aanleg. Die prys van N$4,5 miljard is meer as 2 keer meer as 'n nuwe aanleg. Iewers klop iets nie!
N$23,5 miljoen word net so oorbetaal aan Kora en daar het absoluut niks van die musiektoekennings geword nie. Lekker nè? En Kora se direkteur sê net eenvoudig dat hy niks meer met die saak te doen nie en hy was ondertekenaar van die ooreenkoms by die NBC. Ek is seker geen haan sal kraai oor daardie miljoene wat in mense se sakke beland het nie.
Daai pastoor Moussongela moet so gou as moontlik uit die land gedryf word. Hulle soort is net besig om ons land te kom vuil maak onder die dekmantel van Gods woord. GRN, kyk tog na hierdie soort kerke en hulle se “pastore”. Hy MOET uit asb.
Rössing pension surplus - JUSTICE AT LAST! A section of the pension act says that "all of the assets in a fund shall notwithstanding anything contained in the fund's rules, be deemed to be the funds’ assets to the exclusion of any other person..." which means that Rössing, as I have maintained for years, also wrongfully took their Rössing company contributions out of the surplus since 1993 – that is for 23 years (how many billions?) And must also pay that money back into the fund! Sometimes justice prevails in the end!
Vivo Energy/Shell borg die Gobabis-tydren met N$400 000, maar ek het gehoor dit kos gemiddeld N$80 000 om so ’n tydren te organiseer. Waarheen gaan die res van die geld?
Die leierskap het hoegenaamd niemand uit die kerk verdryf nie. Ek was Sondag by die Ebenhaeser-parogie. Dit is ’n infame leuen. Die biskop het aan elke gemeente ’n brief geskryf en verduidelik hoekom hy met die huidige kerkraad die kerk lei. Dit is skandelik en ook minagtend dat die biskop se besluit rondom hierdie saak geïgnoreer word. Respekteer sy besluit omdat hy ons biskop is en hou ons kerksake uit die koerante.
Ek het gehoor van ’n ondergrondse meer in die omgewing van Grootfontein ’n paar jaar gelede, dit was beskryf as die grootste in die wêreld. Kan dit nie gebruik word om Whk te help met water nie? T.Hailonga
Die babameisie Trina wat oorlede is, Rosa – Jesus sal jou troos. ’n Hartseer ouma
Waar het jy gesien Hage Geingob besoek plaaswerkers in dié land? Plaaswerkers wat swaar kry en hulle is die murg van die rugbene. Die pilare van die land. As jy nie veewagter het nie, dan het jy ook nie vee. Maar hy sê hy is die president van Namibia. Sien hom net as daar sokker gespeel word in Brazil, dan is hy daar.
Dankie vir die navraag. Deur die genade leef ek darem nog hier agter die skerms by Radio 1 FM. Net toegegooi onder die ouderdom. Love you. Norman Kotze
Mr. President, you say to root out corruption? How will it ever end if there are no consequences? No accountability? Every day papers are full of blatant corruption but swept under the carpet, never to be heard of again especially where govt is concerned. Nobody prosecuted/assets confiscated/jailed - no wonder corruption thrives in Namibia!
Die spoedhompe op die deurpad van Okahandja werk uitstekend! Dalk kon hul dit nog hoër gemaak het soos die een voor die NG kerk, dan sal Whk se mense dalk ook die 60 km/h gehoorsaam wees!
My oupa se pa was Duits en selfs my ouma se pa. Duitsers het hul anker op Lüderitz kom gegooi en ons is afstammeling van Duitsers. Maar ons benefit mooi niks van Duitse vergoeding nie. Net veterane en elke dag se struggle kids wat benefit. Ontevrede Nama van Bethanie
352 kabeljoutjies! Is die man van sy sinne beroof of wat?
Dit wil voorkom asof die KHP labour office arbitrator untouchable is, besluit vir jou jy mag nie deur wie veerteenwoordig word nie, stel sake uit sonder jou consent, doen double bookings. Dis hoekom baie mense nie arbitrasie of konsiliasie met haar wil doen nie. Hoop head office ondersoek hierdie dinge deeglik en verplaas haar, want daar slaap ’n slang in die gras. Lost trust in labour in KHP. Inwoner en werker
Public debate is long overdue. Could each ministry be tasked to open public discussion re service delivery?
Die gemeentelede van Rehoboth Ebenaezer wat nou teen die huidige pastoor is. Onthou net dat ’n mens nie te vinnig jou vuil water vir skoon water moet weggooi nie. Julle sal vir ons pastoor se trane deur God verantwoordelik gehou word. Die kerk behoort aan God en aan niemand anders nie. Die ou pastoor met sy familie wat maak asof RHB-Ebenaezar aan julle behoort. Gaan na julle plek en gaan mors daar. Die Lutherse Kerk op Rehoboth het al genoeg geskeur as gevolg van die tong. Kry respek vir God en sy kerk. Die kerkgebou waarvoor baie nou stry, is nie belangrik nie, maar die woord wat daar verkondig word. Dankie past. Edward Thaniseb vir alles wat jy vir Ebenaezer-Rehoboth gedoen het.
Namibian article on cigarette plain packaging - instead of concentrating on smoking which is a personal choice and a constitutional right, the health ministry should focus on alcohol abuse and road deaths, murder, rape and violence connected to alcohol and should force all alcohol producers to stick related horror pictures on alcohol bottles!
Inspekteur, jou kop werk seker nie reg nie. Hoe kan jy ’n ongekwalifiseerde onderwyser acting laat doen as SKOOLHOOF en dan approve jou direkteur dit nog. Maar ek verstaan, julle het nie kinders op Blouwes nie. Julle dink niks van ander mense se kinders nie.
Hannon se produkte kan gekoop word by Auas Valley Apteek in Windhoek.
Okahandja ouetehuis! Weet julle dat daar nog nie weer ’n ongeluk op jul voorstoep was nie . . . bedoel ernstige ongeluk. Die vreeslike geraas van die lorries wat oor die spoedwalle ry, gaan een of ander tyd stop as die ompad klaar gebou is en julle oumensies kan nou ook oor die pad na die nuwe Mall toe ry omdat die verkeer beslis stadiger ry. Danksy die spoedwalle.
Sal graag wil weet hoekom MTC nie kan plan maak met Bahnhof se netwerk nie. Daar bly ook baie mense en wat ook net soos die ander mense, foons [sic] het en wat ook net soos die ander mense betaal om kan op die lug te wees.
Ons wil vra dat City of Whk groot asb. speed humps by Shell Service in KHD sit. Die mense stamp mekaar. Daar was weer vanoggend ’n ongeluk by die Shell Service robot. Asb. doen iets, dit raak ’n groot probleem. Taxi's is al lank ’n probleem soos mens van Spar af kom.
Ek is dringend op soek na kinderklere (meisies, seuns en baba) en komberse, duvets ens. Ek is ’n ma met weeskinders. By voorbaat dankie. 081 613 8072.
Raad vir eelte. Elke dag ’n vars stukkie piesangskil se binnekant geplak op die eelt.
Hoe vang mens NBC tv en OneAfrica op? Ek het 'n TV en geldige TV-lisensie, maar ek kry geen TV-sein nie. Windhoek
Geluk Karanas se koshuis vir die geld wat julle ontvang het. Hoop die komitee gebruik dit vir die doel waarvoor dit geskenk is. Hoop nie die grondeienaars moet weer ’n sê het in gebruik van die geld nie. Want hulle wil nie eens die arme skoolouers water gee terwyl die regering vir die skool die geriewe daargestel het nie. Inspekteurs, gaan doen bietjie jul huiswerk daar.
Groot dank aan ons Sam Khubis-komitee en hul families vir hul opofferinge die afgelope jare. Mag God julle seën vir hierdie onbaatsugtige diens. Ons sien uit na volgende jaar.
Ek wonder hoekom Namibia se leiers Cassingadag vier. Hulle onthou Cassinga goed, maar weet nie wie was verantwoordelik nie. As hulle geweet het wie was dit, sal hulle ons SWAGM- en Koevoet-issue verstaan het. Maar Suidwes-Afrika was nie regering nie.
As ek die SMS-rubriek reg verstaan, is dit bedoel vir menings en nuuswenke. Dit het ongelukkig ontaard in ’n bedel- en soekblad.
Ai, die verdomde hubbly pyp het my rasend. Soggens 30 minute voor werktyd begin my werkers hubbly, dan is al 9 erger as zombies en ek kan eers 11:00 dalk begin werk. 3 - 5 uur per man verlore. Dan is dit middagete en weer hubbly rook! Nog 9 zombies wat tot 18:00 niks beteken nie. Ek kry net 2 uur se werk per dag per man gedoen en dis steeds zombie-werk. Ergste van alles ek mag hulle nie “fire” oor die dagga wat in die verdomde hubbly gerook word nie en my werk nie gedoen word nie!
Rehoboth polisie drivers doen julle nie vehicle check as die voertuig aan jou oorhandig word nie? Die een hooflig werk nie dan gee die traffics die gewone man boetes as jou voertuig se ligte nie werk nie. Stasiebevelvoerders, sien dat die dinge gedoen word!
Ha ha ha! Hoe lekker lag ek nou. Dit wil nou voorkom of die pensioenaris die regering skuld gee dat ons vir drie jaar laas ordentlik reën gehad het.
Does anybody know the number of the farm/plot where the president and Chinese plan to build a luxury township? Not mentioned in the newspaper articles so one cannot check newspapers on municipal applications for rezoning to lodge objections.
Pasop, ’n ene Riaan Olivier is uit om mense te verneuk met ’n pensioenuitbetaling by FNB John Meinert tak N$11 874. Jy moet glo ’n kode *140*321# op jou selfoon intik vir verifikasie. Toe ek nee sê, dit klink na ’n “scam” word die telefoon in my oor neergesit.
Elke dag lees ons van waterkrisis. Stop die bouery! Daar word links en regs gebou.
Wie het Pick n Pay se N$26 000 gift voucher gewen?
Gesondheidsinspekteurs van Rehoboth, kom kyk asseblief na die gemors wat aangaan by Repies Car Wash in blok A. Moet ons eers siektes optel of virus kry voor julle optree? Die beeslorries word in ’n woonbuurt skoongespuit en beesmis lê die hele pad vol. Jy moet in die ander baan ry om nie in die beesmis te ry met jou kar. Asseblief mnr. Titus tree op! Dit kan nie so aangaan nie. En RHB-polisie, kan julle ook ’n draai Saterdae en Sondae kom maak, want dit is ’n drinkplek. Dis mos ’n openbare besigheidsplek en nie ’n sjebeen of drankwinkel waar mense kan sit en drink nie. As dit wettig is, moet die ouens op straat mos ook gelos word met hul oop drank. Ek sê maar net. Laat ons almal voordeel trek uit Town Council se vereistes vir besighede en laat ons gesondheid eerste stel. Kom geregsdienaars dat ons ons openbare besigheidsplekke skoon kry van drankmisbruik.
Oor die suurlemoen-storie, as jy dit nie vir die persoon kan skenk nie hoekom pla dit jou? Daar is baie wat dit in oorvloed het en aan die persoon gaan skenk. Ek dink jy moet eerder begin plant. Dit word vir ’n goeie doel gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie