SMS'e vir 3 Junie 2021
"Baie gepaste opskrif ..."
Covid-19 kry seker weer al die skuld, maar die hemel behoed ons van vol hospitaalsale as gevolg van ’n maagvirus.
Nou is dit nie meer visvrot nie, maar ook vleisrot. Nog ’n Swapo-sukses!
Ronelle Rademeyer. Baie gepaste opskrif op Dinsdag 1 Junie, "Meatco met slagmes teen keel". Die simboliek/idioom goed gekies.
Die algemene agteruitgang van stad Windhoek verwys: Dit lyk my dit gaan met dr. Job en sy maatjies soos die hondjies wat die munisipale bus gejaag en uiteindelik gevang het. Nou dat hulle in beheer is, weet hulle nie wat om met die munisipaliteit te doen nie. Hulle moet maar hand uit die mou steek en begin werk.
In vergange se jare het die NP ministers en staatspresidente die NG Kerk in Pretoria warm gesit en is gestreel in die oor vir ’n bose beleid. Vandag gee die NG Kerk applous vir LGBTQ-kampvegters. ’n Nimmereindigende, galmende, klinkende simbaal. Twee maal gestorwe.
Taxi-drywer by Eenhana beroof van N$120 000 deur polisie? Wat hy waar kry? Waarom is dit nie in die bank nie? Is dit belasting-ontduiking of lieg hy?
Hoe is dit moontlik dat die prys van 2 liter melk binne een week van N$27,99 tot N$37,00 kan styg by baie van die groot supermarkte. ’n Verduideliking aan ons as verbruikers sal waardeer word. En moet asseblief nie produksiekoste as ’n verskoning gebruik nie. Ons is moeg van julle verskonings.
Ek verstaan nie. Die tesourier van Town Council Karasburg drink met die werkers. Maandae is hulle nie in die werk nie. Daar is van die council werkers wat drugs verkoop en gebruik. As die tesourier met die werkers drink, wie praat vir wie aan. Al die aanstellings wat laaste gedoen was by die council is vriendskapsaanstellings en wat nou daar werk hulle is ongeskik. Geen maniere en kan nie werk nie. As die bestuur nie reg is nie, sal die dorp te gronde gaan!
Groot koswinkel in Olympia sien my ook nie meer nie. Ons betaal vir die opknap, al die stowwerige ou stock nou op die rak is duurder, die staff, selfs die een wat hande sterilize, is so dikmond en onbehulpsaam. Spuit op jou hande en wil nie help om vuil trolley af te vee nie.
Is daar nie iemand wat bereid is om ou Huisgenote af te deel nie? Ek is 69 jaar oud en het onlangs ’n rugprobleem opgedoen en is bedleênd. Ek sal dit baie waardeer! Dankie.Baie dankie aan twee ystervroue van Pupkewitz Haval, Bianca en Aina, vir ’n aangename koopervaring. Uitstekende diens! Dankie.Ek soek tog hulp met kos, salaris dek net huur. Groot asseblief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie