SMS'e vir 3 September 2018
". . . staan en brand al in die hel"
Miljarde wat uitvloei minister se skuld! Hoekom is dit dat alles wat verkeerd loop in Namibië, altyd iemand anders se skuld, meestal apartheidsera is? Sies, skaam julle! Maak nie saak wat dit is nie, die regering vat nooit verantwoordelikheid vir hul flaters nie – en daar is baie daarvan. Dinge sal nooit regkom as mense nie verantwoordelikheid vat nie en hopelik leer uit hul foute!
Goed en wel die taxitariewe het gestyg. Ek hoop van harte die drywers sal voldoende kleingeld hê, veral vroegoggende as ons moet taxi ry, veral vir N$20 en meer! Hulle vertel jou altyd hulle begin nou eers ry en het geen kleingeld nie, of voor jy in die taxi wil klim, moet jy hulle eers vra of hulle kleingeld het? Dis mos hul plig om te sorg dat hulle kleingeld het, of nie? So as julle N$12 wil hê, gee my kleingeld ook, asseblief, dan sal ons nie probleme hê nie. Dankie. Rose van Windhoek
Sun: “N$10k per day to keep a rhino?” Can someone explain this, please?
Ons vroumense en dogters is nie veilig in Namibië nie, land wat kamma onafhanklik is. Wanneer sal dit einde kry?
“Why and what did she do wrong?” maar die Here lewe. Daardie persoon staan en brand al in die hel. An innocent 9-year old kid, be strong I am crying with you.
Lees weer met afsku en afgryse van nog ’n wreedaardige moord op die kind Avihe Cheryl Ujaha. My vraag vandag is: Wat gaan aan met mense? Ongeag wie dit mag wees, iets trek iewers baie lelik skeef met die mensdom. Die wiele is besig om af te kom, een vir een! My hart gaan uit na die familie, so ook na haar oupa, past. Seth Kaimu, wat ek jare ken. - Ollie Joubert
Oor die visfees van Hentiesbaai: Dit was uitstekend, maar die ekspo was ’n ramp. Ons wat stalletjies daar gehad het, het baie geld verloor, want ons was onder die indruk gebring dat die ekspo en visfees saam gehou sou word, wat nie gebeur het nie. Reël tog dinge volgende keer beter, asseblief? – Hentiesbaaier
Kan Otjiwarongo-munisipaliteit asseblief verduidelik hoe werk hul padherstelprioriteite? Julle mors geld op ’n pad wat eintlik reg is, terwyl die pad Orwetoweni toe, van voor Krokodilpark tot by Karundu heeltemal uitmekaar val.
Namibië, stuur al jou ministers Botswana toe, laat hulle wet en orde studeer.
I'm so disappointed that our president could be so shallow. How can a statesman refer to a person who suffered torture, insults and abuse at the hands of his comrades as “storytellers of the dungeons”? This person also witnessed the death of his fellow inmates! To ridicule something so horrible will not make it go away! Scaring us with civil war will also not make what you have done to our people go away!
Ek vergelyk maklik ’n anonieme SMS-skrywer met ’n anonieme bomdreigement, albei veroorsaak choas sonder om identiteit te openbaar. Geen instansie, maatskappy of staatsdepartement sal reageer op ’n anonieme klaer se klagtes nie. Enigiemand wat voorstelle het of verskil met enigiets moet mans genoeg wees om sy identiteit bekend te maak. Ek sal nie van ’n skuilnaam, valsnaam of voorletters gebruik maak of ’n anonieme SMS skryf as ek enige onderwerp wil bespreek of aanspreek nie. Ek glo ook as ’n mens skeppend genoeg is om ’n SMS saam te stel, is jy slim genoeg om jou naam onderaan te skryf. Aan alle anonieme SMS-skywers, julle is welkom om my te kontak en nie via SMS nie. Elke saak het meriete en word daarvolgens gehanteer. - Joos Platt
Baie dankie, mnr. Mario (Beastmaster), jy is ’n hero van ons mense. My meisiekind sou miskien verkrag of dood wees, maar God het jou op daai pad gestuur. Dankie, jy het hom goed geslaan. - Ouma Katrina
Moet die polisie nie die toordokters in die omgewing ondervra in verband met die moord op die negejarige dogtertjie nie?
I received a traffic fine and went to pay it on 24 August at the City of Windhoek Traffic Office near the fire brigade. I went lunch time, as this is the only time I can go from work. On my arrival I checked their working hours. It clearly stated 07:30 to 15:00, but there is nobody behind the counter. People in the back just told me to come back at 14:00. I want to know. We need to follow rules, but rules mean nothing to them. They work only until 15:00, which means they must work between 13:00 and 14:00 to accommodate us.
Hiermee bied ek amptelik verskoning aan, namens die ouers van Windhoek Gimnasium, vir die gedrag ná die skolerugby-finale. Ek weet albei skole was ewe skuldig, maar ek wil net hiermee sê ons is regtig jammer vir ons aandeel daarin. Ons het hieruit geleer en sal dit in die toekoms vermy. Mag so iets nooit weer gebeur nie.
Die Gimmies-onderwyser wat oor jaloesie in die koerant skryf, bewys net sy eie oppervlakkigheid.
Dit is omdat moordenaars lig gestraf word en beesdiewe en kleinveediewe so kwaai gestraf word. Jy moet nou net agter geslote deure bly, want jou lewe is buite in gevaar.
It's only in Namibia that a minister like Himarwa, accused of corruption, still sit as a minister! Stupidity rules!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie