SMS'e vir 3 September 2021
"...gedraal met uitbetalings."
Aai, ek het so daarna uitgesien om vir die President en sy vrou te gaan kuier en om te hoor hoekom alles so uitmekaar val. Nou kan ek nie, omdat ek weier om my te laat in ent. Ag wat, ons kyk maar volgende jaar.
Die probleme wat nou en dan sy kop uitsteek met die gebruik van dagga deur skoolseuns van ’n bekende senior skool in Keetmanshoop se Tseiblaagte, is ’n groot probleem. Die ouers en leerkragte is raadop, want die sosiale omgewing van opgroei en die beskikbaarheid van dwelms is ’n turksvy. Die rooi baksteentrappe by die Youth Centre se hek is een van die bymekaarkom -lekke na ure. Die sogenaamde veiligswagte wat so 15 treë van die rooi trappe is, gee nie ’n flenter om nie. Polisiekarre wat heen en weer ry, stop nie eens om te vra watse come together-nes dit is nie. Daai rooi trappe is rooktrappe!
Ek stem saam met die persoon wat kla oor Social Security se uitbetalings vir beserings. Ek het al duisende inbetaal vir my werkers, maar as die werker ’n eis indien vir ’n besering, dan word daar gedraal met uitbetalings. As die regering geld nodig het, word dadelik geld oorbetaal. Die Social Security moet ondersoek word. Wie se fonds is dit?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie