SMS'e vir 30 April 2019
SMS'e vir 30 April 2019

SMS'e vir 30 April 2019

". . . hartseer en tragies . . ."
Mandy Rittmann
Los maar die daggakoppe uit. Ons probleem in hierdie land is nie dagga nie, maar drank. Maak drank onwettig asseblief. Namibiërs se koppe is aangetas deur drank. Kyk nou net hoe sluit ouers hulle kinders toe in sinkplaathuise en hutte om te gaan drink. Daggakoppe sal dit nooit doen nie. Baie vroue- en kindermishandeling, motorongelukke gebeur as gevolg van drank, nie dagga nie.



Dit is hartseer en tragies dat kinders so mishandel en verwaarloos word deur ouers wat net kinders maak en daarna nie vir hulle sorg nie. Daar moet 'n wet kom dat elke gesin net twee kinders mag hê, tensy jy kan ­bewys dat jy vir meer kan sorg. Indien ouers meer kinders het, mag hulle nie aanspraak maak op enige staatshulp nie. Moontlik die enigste manier om die ondeurdagte aanteel stop te sit.



TransNamib kon nuwe baadjie gelos en 'n nuwe side loader gekoop het. TransNamib het nie een wat werk nie. Ongelooflik waar die prioriteit is.



Waar is die pa's van al hierdie verwaarloosde kinders? Dit is onregverdig dat die ma's al die skuld moet dra. Twee ouers het die kinders gemaak en twee ouers behoort vir hulle te sorg. - P.B. Pieterse



We have been living at Omeya since 2014. We pay our water and levies with a smile for what we experience here is worth much more. Unfortunately some unhappy souls are bound to be dissatisfied and unable to appreciate the bargain of living at Omeya. I wonder what is really their problem.



Dit is geweldig dringend en tot elke Namibiër se voordeel dat die regering droogtehulp aan boere verskaf en selfs in die buiteland vir befondsing vra om kos en lekke aan veeboere te verskaf. Daar lê nog agt reënlose maande voor, waarin die situasie verskriklik erger gaan word en voor daar die moontlikheid is van reën om die rampte verlig. – Pierre



Although the acting CEO of Swakopmund did not deliver the operating budget (why not?) tariffs to go up by 8 percent, basic water by 24 percent? This increase is nearly double the inflation rate. Can he explain this please? We have a right to know and be fully informed.



Dit is jammer dat daar weer 'n persoon op die verbypad raakgery was. Maar kan een oortreding 'n ander een regverdig? Dieselfde padreëls wat van toepassing is op 'n voertuig is van toepassing op trapfietsryers en daarom mag hulle ook nie in die noodlyn ry nie. Ook mag hulle nie langs mekaar ry nie, maar in gelid agtermekaar. Verder moet alle trapfietse ook padwaardig wees wanneer dit op 'n pad gebruik word. Beide die bestuurder van die voertuig en die trapfietsryer moet aangekla word. Uit ondervinding reken baie trapfietsryers dat hulle reg van weg op paaie het en is soms arrogant wanneer daar nie vir hulle toegegee word nie. Weereens, is ek jammer oor die ongeluk wat plaasgevind het. - Dave Viljoen



Stem saam met pensioenaris, Wouksie. Die dienste is puik by Daan Viljoen-kliniek. Kom jy met 'n pyn daar, dan vergeet jy van jou pyne so vriendelik is die verpleegsters en ook die skoonmakers. Jy word nie gehiet en gebied nie. Hou so aan suster Boois met jou vriendelikheid, vakmanskap en met jou personeel. Baie dankie, sal julle altyd besoek.



Ek lees die SMS'e van oudlede van Katutura-opsporing. Jul sit die pot mis. Ek wil jul wenresep vir misdaadvoorkoming op papier sit. Ek wil nie skryf oor die nag van 31 Januarie 1989 nie. Joos Platt het ons verbied om daaroor te skryf of te praat. Almal neem kennis.



Ons skool hou leerders se rapporte terug omdat leerder nog “Fun Walk”-geld skuld of afwesig was die laaste 2-4 dae voor die skool gesluit het (selfs al skuld ouers geen geld nie). Dis is mos glad nie reg nie? Minister of Education please help us!



Die swart SUV N 1 KM wat Saterdag 27/4 teen +- 180 km/h in die gesig van aankomende verkeer by my verby is, tussen Otavi en Grootfontein, as ek 'n traffic was, sou ek jou vir roekelose bestuur opgesluit het.



Republikein van Maandag 29 April skryf Koning Willem Alexander van Nederland vier sy 56ste verjaarsdag. Dit is groot fout! Hy het net maar 52 jaar oud geword. Hoe kan hy 56 jaar geword het, terwyl sy ouers in 1966 getroud is? Hy is in 1967 gebore. Van Jan Lösch, Windhoek. (Ons vra om verskoning vir die fout in kopie van Netwerk24. - Redakteur)



O.20- en ander rugbysake. Dis elke keer drie treë vorentoe en tien terug met dieselfde gevolg weer van voor af. Haakplekke en groeipyne sal daar wees, maar genugtig, moet dit altyd een persoon se way of die highway wees?



Suid-Afrika en Namibië is nou in 'n gemors onder die huidige ANC en Swapo governments. Onbevoeg bly maar onbevoeg om 'n land te regeer. Sies wat 'n skande.



Het wintertruie vir volwasse dames beskikbaar. Skakel 081 616 5755.



Discem Grove Mall diens op die vloer is tops. Vriendelik en behulpsaam. Hou so aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!