SMS'e vir 30 April 2020
"...mag jy nie bakhand staan..."
Stop lockdown. Asseblief, asseblief kan ons net gaan werk. Ons en kinders kry honger, veral huiswerkers en tuinwerkers wat dag pay kry.
Ek het ’n dringende vraag aan SSC waarop ek graag ’n antwoord wil hê. Wat is die nut daarvan as ’n werker elke maand SSC moet betaal en as daar ’n krisis soos nou in die land kom en jy by toerisme gewerk, maar meer as N$50 000 per jaar verdien het dan mag jy nie bakhand staan vir die bietjie wat hul bereid is om ander wat minder per maand as jy in hul fonds gestort het, te betaal. Ons as man en vrou wat by dieselfde plek gewerk het, sit nou sonder inkomste want die firma kan ons nie meer bekostig nie, maar sou ook so graag die bietjie van SSC wou ontvang, of is ons velkleur verkeerd. Ons soek in jul koerant ’n antwoord.
Covid het groot leemtes aan ons uitgewys op verskillende vlakke. E-onderrig kon nou landswyd toegepas gewees het as MTC landswyd 3G-internetsein voorsien het. Ek wonder wie het MTC se geld ingesluk?
Almal word na gekyk. Mense kry kos, sekere mense kry N$750, mense moet vol pay kry, jou verlof mag nie gevat word, sekeres baat nog net. Nou wat gebeur met die pensioenarisse? ’n Skamele N$1 300 wat daardie dag klaar is. Dis hartverskeurend! Arme ou mensies, niemand kyk na hulle. Ja, Covid-19 raak nie vir hulle nie.
Ons moet net onthou om rekening te hou met SA se universiteite. Ons kan nie ons kwartale hier in Namibië maak soos ons wil en dit stem nie saam met die universiteite nie. Baie van ons leerlinge gaan studeer in SA. Daar is baie faktore wat ons in ag moet neem.
Mr. President! Your voice and help is now needed in the repatriation of Namibians stranded in South Africa. The process is simply taking too long! Please get involved. Mother of son stranded in Johannesburg.
Rehoboth se dorpsraad kan gerus ook die straatverkopers ’n plek aanwys vir stalletjies. Dis glad nie mooi voor en langs besigheidsplekke nie. Hulle hou nie plekke netjies nie. Bang om iets te doen anders verloor hul stemme.
Die goewerneur van Khomas Streek moet maar haar spens se kosvoorraad aan die behoeftiges uitdeel, as ’n mens na die foto kyk het sy te veel en dan moet daar nie sulke nonsens kwyt geraak word soos julle moet geduldig wees. Kospakkies word in elk geval net aan Swapo aanhangers uitgedeel.
And now it looks like the government will decide to lengthen the lockdown or not. Appears they are waiting to see what South Africa does.
Rehoboth huishulp wat nie betaal word nie. Vra Social Security Commission vir hulp. Hulle gaan glo mense help wat minder as N$50 000 per jaar verdien.
As hulle lockdown verleng, moet hulle tog asseblief kerke en begrafnisse vir ons oop maak. Asseblief kyk tog daarna.
Die baai van Henties is tot laat sonloos en nat met suiwer skoon en hoër suurstof wat op die seebriesie trippel in die Eendeweer. Jy wat nog nooit hier was nie (mis uit), kan soos met corona net wonder en bly hoop.
Oupa is 61 jaar oud. Oupa loop van Keetmanshoop af deur Berseba en Lybank terug Keetmanshoop toe, agter padskraper. Hy is siek, wanneer tree hy af.
Ek luister na my man se gesnork. Dit klink goed en skoon, nie aangehelp deur drank nie. Dankie Here vir die genade van ’n nugter lewensmaat. - Gesie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie