SMS'e vir 30 Augustus 2016
SMS'e vir 30 Augustus 2016

SMS'e vir 30 Augustus 2016

“. . . wat maak hulle met die geld?”
Gerine Hoff
Ministers verdien so baie dat hulle vergeet om droogte, ekonomie en landsontwikkeling in ag te neem. Vergelyk julle se salarisse met dit van onderwysers en kyk wie die sondaars is.


RHB “town council” is ’n “disgrace”! As jy nie teen die 15de van elke maand betaal, kom sny hulle jou water oor ’n N$700 af, maar hulle betaal nie vir NamWater nie, so wat maak hulle met die geld? Waar kom die miljoene skielik vandaan?


Hoekom moet mense van “town council” so onverantwoordelik wees en nie die water betaal nie? Daar stroom tog elke end van maand geld in van mense wat water koop. Nou moet mense wie se water op datum is, ook in die boot vaar.


Dubious multiple municipal plot sale to one company Shililifa Properties in Wanaheda screams to high heaven and the prices are surely way under value? When will someone have the guts to kill double standards and corruption? Ombudsman, do something!


Ek wil net aan almal wat so dierbaar was om vir Sara werk en blyplek aan te bied, herinner dat sy drie kinders het. Hou hulle ook in gedagte.


Land Rover-saamtrek te Uis. Ek sal baie bly wees indien iemand vir ons belangstellendes en voorheen Land Rover-eienaars kan terugvoer verskaf aangaande die volgende: Hoeveel geld het insleepdienste verdien? Hoeveel dryfaste, “side shafts”, ratkaste, masjiene, ewenaars ens. het die gees gegee? Ongeveer hoeveel liter olie het op Uis se strate en in die omgewing beland? Op watter datum word verwag sal alle Land Rovers en defekte onderdele weer uit die omgewing verwyder wees? Samewerking word hoog op prys gestel.


Ek bel Dinsdag vir RHB “town council”, wou hoor of water wel afgesny sal word. Na ek elke keer deurgesit was vir die CEO wat ek nooit in hande kon kry nie, vra ek toe die dame wat weer opgetel het en sy sê toe vir my die storie is vals. Die volgende dag is water gesny. Patetiese klomp leuenaars. Vuil Baster


Waar is ander dansers wanneer danse uitgevoer word oor die TV? Ons is elf bevolkingsgroepe in NAMIBIA tog!


Is “Anti Corruption” te pap om die korrupsie by Rehoboth “Town Council” te ondersoek na vele klagtes wat gemaak is?


Municipalities of Windhoek, Rehoboth, etc. Don’t you or the corruption watchers get the message from the multitude of Afrikaans SMS’s in this column. How can anybody run up an account in arrears to the tune of dozens of millions without these decisions being properly noted in the legally required minutes of municipal meetings? How for example can the Windhoek cemetery be budgeted into total neglect and suddenly appoint a contactor for the job the moment volunteers start doing the maintenance? How is this covered up in the aforementioned minutes of meetings? The municipal and Namibian taxpayer needs an urgent explanation of this ineptitude that smacks of corruption. Please put our minds at ease.


Ek bemerk met angs die aanwas van die (permanente) inwoners van die publieke toilette by die speelparkie agter Baines Sentrum. Die inwoners daar is dronklappe, kwaaddoeners, leeglêers en smokkelaars. As die munisipaliteit nie nou iets daaraan doen nie, is dit besig om in ’n permanente plakkerskamp te ontaard. Sê maar net. Tannie Engela, Seniorpark


Onse ou mense van Seniorpark naby Baines Inkoopsentrum is deesdae baie bang om sentrum toe te gaan om ons broodjie te koop, want die rondlopers om die sentrum maak ons bang. Kan iemand ons help? Mev Jansé


Min. Shaningwa en “governor” Esme Isaacs kom skop net lawaai op as hulle in RHK kom. Sodra hulle in ons belastingbetalers se karre klim en teruggaan, dan gaan die korrupsie, bedrog en diefstal maar weer aan, want die korrupte amptenare weet minister en “governor” het net kom bluf. Great Uncle, Rehoboth


Na vele klagtes oor misdaadbedrywighede agter die Baines Sentrum by die speelparkie in Gouwsstr. het iemand die parkie en toilette nou silwerskoon gemaak. Nou kan die inwonende misdadigers en dwelmsmouse darem hulle besigheid van ’n skoon plek af bedryf. Mooi man! Smith


Die afgelope Heldedagviering se TV-dekking op NBC was baie mooi en uiteenlopend vervat. Veral in die lig van Walvisbaai as die gasheerdorp. Verskeie hoogwaardigheidsbekleërs het hul stemme en menings gelug oor die dorp se ontstaan en uitbreiding en groei en so meer en hoe die bevolking bygedra het daartoe. Maar wat tog nogal ’n wrang smaak agterlaat is: Nêrens, maar nêrens word daar van ’n witman gepraat wat deel gehad het aan bogenoemde nie. Ook was daar van NBC se kant nie moeite gedoen om ’n witman te ondervra oor sy menings nie. As ons van Harambee praat, wat word eintlik bedoel? Kan iemand my reghelp asseblief sodat ek ook weet om my kinders en kleinkinders reg te help as dit by dié onderwerp kom. Ek vra maar net!


Sondag het die Bastergemeente ’n vergadering gehou om te bespreek hoe om die “town council” en sy korrupte “officials” onwettig te laat verklaar en om ’n saak van diefstal te maak. Deur dit hoop ek die hof sal die regering toelaat of dwing om ’n “by-election” te hou om veranderinge in te stel. As die Swapo-regering ’n “by-election” toelaat in Rehoboth “council”, dan is Namibië ’n demokratiese land en die regering “transparent” ten opsigte van sy Harambeeplan. Die “by-election” is die enigste manier om sake in Rehoboth “council” reg te maak voor dinge erger in Rehoboth word. Rendell


Baie dankie GIPF, want ek het te lekker naweek gehou. Julle bly bobaas.


Geagte minister van hervestiging, u sal ernstig na die hervestigingskomitee van die //Kharasstreek ondersoek moet instel na die toekenning van plase. Dit geskied op grond van familiekennisse en afguns. Daar is selfs bewerings van omkopery tot by u permanente sekretaris. Vervang die hele komitee met eerbare persone en laat ons eerbare goewerneur nie net in ’n voorsittershoedanigheid wees nie, maar ’n meer sê het in die toekenning van plase om ons president se Harambee-program te laat slaag. Laat die ACC die omkopery en bevoordeling kom ondersoek.


“Mayor” van K’hoop, dit is baie betreurenswaardig dat u vir “council”-werkers besluit watter unie hulle moet “join. “They have their own right. Please focus” op ontwikeling en los die “in-fighting” en trek tog asb. uit die huurkampe van “council because its a conflict of interest”.


Rehoboth NaTIS laat skryf mense vir leerlinglisensie, maar het geen kleingeld om terug te gee nie. Laasweek Maandag skryf 37 mense. Nou vra ek net wat het geword van al daai klomp N$5 wat hulle nie kon teruggee vir die mense nie? Dis rêrig ’n groot skande en daai mense en die instrukteurs moet ook gestuur word om te leer hoe behandel jy ander mense asb.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!