SMS'e vir 30 Augustus 2017
SMS'e vir 30 Augustus 2017

SMS'e vir 30 Augustus 2017

“Elke taal verdien sy plekkie . . .”
Mandy Rittmann
Invoerbelasting. Ja, dit is pateties hoe dit op die grense gaan. Elkeen maak sy eie reëls en veroorsaak baie keer onnodige koste en ongerief vir mense en dan trek die ministerie net skouers op. Miskien moet ons op ons selfone 'n "app" laai waar jy vinnig die wet kan opsoek en sommer ook die betrokke PS se telefoonnommer ook het, sodat jy daar en dan kan bel of bel sommer die ACC en rapporteer 'n korrupte amptenaar. Ek is seker daardie beampte het met 'n bakhand onder die toonbank gestaan. Dit sal net 'n paar keer gebeur.



Sien julle! So kom dinge uit. Katrina erken sy het gesorg dat Yvonne Boois aangestel word alhoewel Boois nie die beste kandidaat vir die pos van CRO was nie. Verder, wie het toe ook gesorg dat die huidige goewerneur van die Hardap aangestel word? Ook die einste! En die rede vir die aanstelling van die einste as minister van onderwys? Baie interessante dingetjies wat geheim gehou word, maar wat glad nie geheime is nie. Praat met die mense wat weet. Julle sal meer hoor as die "files" oopgemaak word.



Geagte staatspresident en kie van Namibië. Ons oud-, ware SWA Gebiedsmaglede stel nie belang om enige aalmoese te ontvang nie. Ons is helde in die oë van ons mense en geliefdes.



“Boerekoerant”. As jy nie koerant wil lees nie, kan jy hom vir iets anders gebruik soos om 'n zol te draai of in die kleinhuisie. Gebruik hom maar, want hy is nog goedkoop.



Geen Kuga in Namibië het gebrand. Dit dui op goeie naverkopediens deur Ford-handelaars. Dankie aan C&G Motors in Mariental vir ons Kuga. Dankie Ford Suid-Afrika vir verlenging van die dienswaarborg.



Die korrupte Rehoboth dorpsraad. Dis al einde Augustus en nog geen vullisverwydering vir die maand in Blok B. Kanselleer die tender as die persoon nie wil sy werk doen wat tender gekry het. Groetnis, Great Uncle Rehoboth



Asseblief! Moenie MTC “scratch cards” op die straat by straatverkopers of smouse koop nie. Ek het al twee keer oorgekom dat die nommers reeds gebruik was! - Santie



Binnelandse sake: Die gemeenskap is baie dankbaar vir die nuwe stelsel waarmee sertifikate getik en gedruk word en nie meer handgeskrewe is nie, maar dit is baie dof (weet nie of dit dalk die ink is nie). Dit veroorsaak groot konsternasie. Dit kan nie gefaks of ge-"scan" word nie. Die ontvanger daarvan kan glad niks daarop sien nie. In die geval van 'n geboortesertifikaat kan die nuweling mos nog vervoer word na waar nodig, maar die doodsertifikaat - die kandidaat is oorlede en word begrawe. Dit is 'n groot probleem. Kan daarna gekyk word, asseblief. Praat uit dure ondervinding en erge moeite. Die skrywer.



We hope that Mr. D C Gertze and Mr. C Tiboth, the two authors of the ELCRN Constition, will help the current Church Synod in session at Keetmanshoop to take a clear stance on GBV and different sexual orientations. Many spouses and children are suffering from clergy in this regard. Even some church leaders are sexually differently oriented but are hiding behind marriages. Incorporate such issues of the day in the Constitution and Synod Resolutions. Please!



Die probleem met die honde wat dwarsdeur die nag blaf. Hulle dink hul is deel van die gesin, nou waarom moet hy buite in die koue bly?



Die “procurement training” tans gedoen in Otjiwarongo is baie onprofessioneel beplan en deurmekaar. Die persoon wat opleiding gee, benodig self opleiding en kan nie die mas opkom nie. Die opleiding is van baie swak gehalte. Stop dit asseblief.



Net 'n "reminder" aan die gelowige Christen. Jy moet jou oë begin oopmaak en die slegte mense se een goeie eienskap probeer raaksien. As jy saam met Jesus op die aarde moes wandel, sou Hy jou moontlik afgeskud het. Hy het gekom om siekes te genees, blindes se oë te open, ens. Bid vir die sulkes wat jy so loop en dophou. Wat doen jy anders as om ander te veroordeel. Witgepleisterde graf?



Joos Platt, jou insette sal waardeer word oor toespraak van president Geingob op Heldedag dat geen oud-Koevoet of -weermaglede heldeverering of geld mag ontvang nie. Asseblief, reageer. Sal dit waardeer.



Wanneer word die uitslae van die PnP- en MTC-kompetisies gegee?



Rehoboth polisie moet na ander plekke gestuur word. Jy maak 'n veediefstalsaak, maar geen polisie kom om die saak op die plaas te kom ondersoek nie. Geen bewyse word gaan vat. Is dit hoe dit gewerk word? Ek het 'n aanrandingsaak gemaak, maar die ondersoekbeampte weet hy ontvang geld en vleis om die saak te laat doodloop. Job Mouton, jy moet in Rehoboth kom bly.



Ek stem saam met die persoon wat oor die hokkieproewe kla. Dit is nie die enigste sport waar dit die tendens is nie. Dalk die rede waarom ons nasionale spanne oor die algemeen so swak vaar. Sê maar net uit die verre Suide.



Viva Afrikaans! Rudi Koekemoer slaan in "Invalshoek" die spyker so op die kop met “Lankal nie meer Kombuistaal”. Hier in die Suide praat ons in Afrikaans en is trots daarop. Elke taal in die mooi land van ons verdien sy plekkie onder die Namibiese son.



Hoop net die klaers kan ook komplimente uitdeel! Okahandja begraafplaas is pragtig skoongemaak. Groot dank aan die skoonmakers. Nou nog net die slaggate in die teerpad voor die begraafplaas opknap. Dit gaan die dooies wakker maak!



Ditto, Rudi Koekemoer. Jy slaan die spyker so reg op sy kop!

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!