SMS'e vir 30 Desember 2016
SMS'e vir 30 Desember 2016

SMS'e vir 30 Desember 2016

“Hou op om die geld te eet”
Dani Booysen
Die trant waarop die “One Namibia One Nation” plaasvind en gewettig word, is om minderheidsgroepe te oorskadu en mettertyd te laat verdwyn. Die sjebeen- en tombobedryf is 'n “set-up” lyk my om die “executive tribe” te laat floreer ten koste van andere. Dis niks anders as 'n “lazy life” geldmakery, “rags to riches”, nes hul tenderpreneurbroeders wat willens en wetens selektief ge-“handpick” word vir rykdom sonder om hard te werk daarvoor. En as jy praat, dan “disturb” ons die “peace”. Hoe kan 'n “minority tribe” sonder absolute niks 'n bedreiging inhou om vrede te versteur? Ons maak net aanspraak op wat ons eie is. Ons word verdwerg en soos “minions” behandel deur 'n regering met duistere motiewe. - Axaro



Tipies van NBC, hulle reageer altyd op verkeerde inligting om kwaad en rassehaat aan te wakker. Tsumis Park bly privaatgrond van 1914 al af en daar bly nie 500 mense nie. NBC bly maar pateties. Geen wonder nie hulle sê die NBC is die 2de swakste televisiediens in die wêreld.



Pres Geingob, all families evicted from farms since independence whom we see on NBC TV are only either Namas or Damaras. Is seeing and writing about this racial discrimination also tribalism and a threat to peace and stability? Please Mr President, don't shoot the messanger like you did with Swartbooi. Instead use your intelligence officers to confirm this and act upon it.



Hoe verklaar mens dit? As die graad 10-uitslae uitkom, is die onderwysers en hoofde van sommige streke swak, maar as die graad 12-uitslae uitkom, is daardie selfde onderwysers glad nie meer so swak nie.



Rehoboth “Town Council Technical Division”, maak tog seker dat julle vir bekwame mense die tenders gee om die vullis te verwyder. Blok D is nou al vir twee weke oorgeslaan en dit stink nou al en einde van die maand soek “Town Council” hul betaling by die huiseienaars en die tenderaar soek sy betaling by die “Town Council”.



Kan jy dit glo, Aranos is al 'n “Town Council”, maar hulle operate soos 'n “Village Council”. Hou op om die geld op te eet en koop 'n dreinlorrie. Kyk hoe loop die dreinwater in die dorp. Nee wat, julle moet teruggaan na “Village Council”.



The one who plays monkey tricks is the President himself. Replacing Swartbooi for speaking the truth with someone of the same tribe whom you remote control all the years is the real monkey trick.



Dis nou wat gebeur as die nasie hul rug op die Here draai nadat Hy ons bevry het van wit onderdrukking. Hy wil hê ons moet Hom steeds dien en eer en nie reken op politiek en veral die wat die party verafgod nie. Kom ons buig voor die alenigste, almagtige God wat die onmoontlike kan doen.



Jy wat sê Joos Platt moet sê hoekom hy die polisiemag verlaat het, is net jaloers. Ons weet almal, maar ons het ook saam met hom gewerk as jy streng is en jou werk doen, is jy die slegste, maar as jy mooi broodjies bak, is jy in almal se goeie boeke. Die man het goeie werk gelewer, erken dit maar net. – X-kollega



Ek lees die SMS oor Joos Platt en sien dit is 'n leek wat nie saam met hom in polisie was nie wat skryf. Hy het sake gehad teen hom, maar geen skuldigbevinding. Hy het bedank. Ek daag jou uit om my verkeerd te bewys. Kollegas en die publiek het klagtes teen hom fabriseer. Jy was nie in die polisie nie, dan sou jy weet hy het destyds bedank toe hy Noorde toe verplaas is.



Die persoon wat skryf getroude vrouens het nie respek vir hulle rondlopermans in die huis nie, praat seker uit ondervinding van haarself of haar ouerhuis of sy het CCTV's in getroude huise opgesit en monitor hulle. Rondlopermans is selfsugtige, gierige, lafaardige lummels met 'n swak selfbeeld. Hulle moet 'n beweerde sleg vrou net eerbaar skei eerder as om haar by sy “spare wheel”, handperd en professionele prostitute sleg te maak met liegstories. Vrouens wat in huwelike inmors het dogters, niggies en familie. Vroue, trane betaal trane. God slaap nie. Pasop . . .



Daar is van ons wat by getroude mans kinders gekry het, maar nie een dag het ons gaan kla vir onderhoudgeld nie, want hy is dit nie werd nie. Ons werk self vir onse kids.



Getroude vrouens, maak jul mooi vir jul manne, dan sal hulle nie vir ons raaksien nie. Respekteer hulle en wees lief vir hulle. Julle is net lief vir hulle wanneer hulle met vet tjeks kom . . . Dis hoekom hulle rondloop en rondslaap. Ondersoek julself.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!