SMS'e vir 30 Januarie 2017
SMS'e vir 30 Januarie 2017

SMS'e vir 30 Januarie 2017

“Dié wat gereeld betaal word alweer benadeel.”
Gerine Hoff
Wie het met die "corruption index" in Vrydag 27 Januarie se Republikein opgekom? Is dit ’n spotprent? Lande wat vrot van korrupsie is, word as nie-korrup aangewys terwyl lande wat korrupsie met ’n swaar hand vasvat as uiters korrup verklaar word. Wat ’n grap! Praat van valse nuus.

Mens moet nou aansoek doen om vergunning van agterstallige inkomste. Schlettwein het nie eers genoeg mense om die huidige papierwerk af te handel nie. Nou sal ek nooit weet waar staan ek met 2014, 2015 en 2016 se boekjaar nie. Ek het nog nie eers genoemde jare se verrekening van Finansies gekry nie. Dié wat gereeld betaal word alweer benadeel.

Briefskrywer van Petuniastraat. Ek stem saam met jou. Dankie. Wat Joos Platt betref dink ek nie die polisie gaan hom nader nie, hy kruip nie in mense nie. Hy soek nie witvoetjie nie. Hy is ’n reguit man. Hy glo ’n polisieman moet neutraal wees en nie in politiek belangstel nie. Ek is sy ekskollega en ken hom. Hy laat hom nie voorskryf nie. Hy laat wetgewing hom lei. Ons het altyd gespot en gesê hy het die strafproseswet ingesluk. Hy het die wette soos sy handpalm geken.

Sterk wees Namalanders. Utoni doen presies wat sy pa gedoen het. Sam het ons Basters se grond gevat. Nou's dit julle se beurt.

Dippenaar – jy is ’n regte papbroek! Staan tog soos ’n man vir wat jy gedoen het. Jy sê jy kan niks onthou nie? Jy wys nou maar net jou ware kleure. Jy het geen gewete nie. Het jy vergeet van die families wat jy in smart gedompel het? ’n Kind wat jy wees gelaat het? Nee wat, tronk toe met jou. Jy verdien niks anders nie. Geld kan nie regmaak wat jy gedoen het nie.

Die stukkie biltong sit in my keel was. Ek verstik amper daaraan want die knop in my keel is te groot. Die eerste trane begin rol toe ek lees van die leënes-sindroom. Ons huis is leeg en skoon vandat die kinders weer terug is universiteit toe. Ronelle Rademeyer beskryf presies alles wat in ’n ma se hart aangaan. Maar die kinders is gesond en gelukkig, daarom vat ons dit soos ’n vrou . . . met ’n glimlag – al kruip ’n traantjie agter die glimlag weg.

My hart gaan uit na ouers wie se kinders met dwelms deurmekaar is. Ek lees "Bekommerde Leser" se brief oor Petuniastraat en wonder of ons wette oor dwelms nie kan verander nie. In die Filippyne word dwelmhandelaars summier doodgeskiet, daar is geen genade vir hulle nie. Daar is selfs 'n sluipskutter wat die werk doen en betaal word daarvoor. Ons kinders word vernietig.

Ek wil net hoor of dit moontlik is: kan die baba wat in Arandis weggegooi is, aangeneem word of nie?

Dippenaar. Van sien en luister kan ek aflei jy is arrogant en ’n bedorwe ryksmankind. Die wêreld ken julle. Hoekom sal jy dan die waarheid praat, so versigtig en ordentlik bestuur het? Jy was gewaarsku maar het nog statistiek op ons paaie veroorsaak. Sluk jou trots en vat jou pak soos ’n man. Dit sal jou ’n beter mens maak. Want die verhaaltjies wat jy nou vertel sal net kinders glo voor bedtyd.

Aan die vier Swapo jeugaktiviste: Wanneer het julle by Swapo aangesluit? Wie het julle beveel om vir president Geingob te vra om die ondersoek na die marteling en moorde wat in Lubango se helkampe plaasgevind het te probeer stop? Moenie aan wedstryde deelneem as julle nie die reëls ken nie, want julle sal gestraf word. Hoekom moet die waarheid nie uitkom nie? Die waarheid maak altyd seer.

Ja, mens kan maar net wonder oor die Namibiese regstelsel. Terwyl die ondersoek oor die N$3,5 miljard nog nie eens afgehandel is nie, word borgtog toegestaan en nog meer - die borgtog word betaal met dieselfde geld wat eintlik in die staatskas moes wees. Daar was reeds sprake van inmenging met die ondersoek, nou moet die staatsgeld nog verder werk, want dié wat nog kan help teen ’n footjie, sal die geleentheid nie laat verbygaan nie. Kyk hoe lyk die land se finansies.

Business owners, do not under any circumstances give away a single percentage of your business - unless it is your own choice. Racial persecution is illegal under international law and NEEEF in particular is in direct violation of the UN Convention on the Elimination of Racial Discrimination. Report any GRN official to the regional UN offices in Windhoek or via the complaint procedure on the UNHRC’s website. It is the duty of all Namibians to protect what little liberty and freedom we have left - even if it means pitting your financial interests against an abusive Swapo regime.

Dit gaan my verstand te bowe dat oorsese lande nog vir Mugabe help met geld. Hy gebruik dit net vir luxury terwyl sy hospitale en klinieke nie eens ’n pynpil het nie. Great uncle Rehoboth

Kransneus ontwikkeling: Die eienaars word baie swak behandel. Water en krag moet voorsien word, maar instandhouding word nie gedoen nie.

Kan ons nie asseblief weer ordentlike koerante en joernaliste kry wat hul huiswerk doen en nie halwe feite publiseer nie? Als gaan net oor sensasie en nie feite nie.

26ste se koerant: Ek stem saam oor TransNamib se werksure. Ons is almal werkers van TransNamib en ons is onder die een sambreel en ons moet dieselfde ure werk van 08:00 tot 17:00, behalwe die treindrywers wat skofte werk.

Die oplossing vir die ELKRN is by Exodus Evangeliese Lutherse Kerk. Daar word ’n heksejag uitgevoer deur leiers om "rally" te stuit wat in Swakopmund gaan plaasvind volgende naweek. Laat biskop om hom kyk en sy vyande sien wat saam met hom om die tafel sit. Sy pos is in die gedrang terwyl hy hom met ons besig hou. Pasop, daar is ’n trompetspeler wat sy pos soek. Wees bedag daarop, hy gaan dit kry. Mark my words. Hulle het reeds die kerkorde verander om hom te akkommodeer. Viva Exodus. Julle groei van krag tot krag.

Al wat ek vra is - Harry Simon is tronk toe. Die saak is dieselfde. Wat maak daai lanie so "special"? Louis Botes weet wat aangaan. Laat hy ophou lieg.

Ek’s baie bekommerd. Is dit reg dat pastore en dominees so ’n hoë leefstyl handhaaf? Van hulle is besigheidsmanne, ontwikkelaars, het twee tot drie karre terwyl van hul gemeentelede honger ly, in sinkhuise bly en elke aand in nat beddens slaap. En hulle word in die kerk aanhoudend oor tiendes en offers gemaan - dit terwyl hul mae skree van honger. Hulle sal ook nie kwalifiseer vir pastoorsertifikate nie, net die elite wat vir posisies betaal. Die kerk word bestuur deur een man, nes ’n Robert Mugabe. Nooit word gemeentevergaderings gehou of finansiële state aan die gemeente gegee nie. Pastoor besluit nuwe, sagte stoele moet gekoop word. Vat Suid-Afrikaners ’n week lank Swakop toe vir vakansie. Ek wonder wie het daarvoor betaal? Is dit reg so? Ek glo nie. Pasop grootman, mense raak weg uit die kerk. Dit sal nie goed wees om vir die stoele te preek nie. Bigfoot

Almal kla oor taxis wat ry soos hulle wil. Hulle ry met mense se lewens in hul motors, maar hulle gee nie om vir enigiemand nie. Ek hoop die "traffic" kan meer doen. Taxi reg.no. N122-399W E290, hou by die reëls. Ons almal moet dit doen.

Dippenaar, jy hoort in die tronk net soos Harry Simon tronk toe was vir dieselfde oortredings.

Al die Alcocks wat in Namibië bly, kontak 081 245 2377. Ons wil ’n groot Alcock reünie hou. Kontak my onmiddellik by die nommer hierbo asseblief.

In Outjo kry ons swaar. Van daai vrouens wat mieliemeel uitdeel se families kry twee tot drie keer, maar nie by ons nie. Al drie moet af gaan. Ons wil nuwe mense hê.

Môre lesers. Ek wil graag hoor by die minister van finansies, is daar geld om oortyd te betaal? Want die ander minister sê daar is geld, maar sentrale hospitaalpersoneel kry nie oortyd nie. Ek wil weet asb.

Ek dink dis nooit die bedoeling gewees dat honde, wat ook diere is, die mens oorheers nie.

"Namibia's financial rot", article in Informante: Seeing that the ACC doesn't work as it is told by the AG, which cases can be investigated and which not (to protect crooked officials and well-connected cronies)? Namibia urgently needs a public protector like Tuli Madonsela who independently, with no interference from anyone, can expose and prosecute the rot in our country! Mr president, please implement this with highest priority!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!