SMS'e vir 30 Julie 2019
SMS'e vir 30 Julie 2019

SMS'e vir 30 Julie 2019

“Wat doen ons . . .”
Dani Booysen
Plastieksakke moet nie belas word nie, maar totaal verban word, want die wat rommel strooi hergebruik of recycle nie. Daai belastinggeld sal nie gebruik word vir opruiming van rommel of recycling nie.



Wat doen ons as Namibiërs om van plastiek ontslae te raak, meneer die president? Kyk bietjie wat doen die wêreld in “A plastic world”.



Twee versekeringsmaatskappye betaal N$20 miljoen boete weens price fixing en dan ondersoek die NaCC 'n saak tussen die versekeringsmaat­skappye en glasmaatskappye oor kontrakte en kickbacks. Geen wonder nie dat dit met 'n paar paneelkloppers en glasmaatskappye goed gaan terwyl die res sukkel om kop bo water te hou. Die ACC kan gerus dit ook ondersoek.



Die nasionale rugby-afrigter is nog nie in die land nie, want die NRU het Namibië aan die Curriebeker-kompetisie onttrek en nog niks ander oefenwedstryde gereël nie. En deel van Phil se voorbereidingsplanne sluit beslis oefenwedstryde soos in 2015 in, maar daar's niks deur NRU gereël nie. 15 Walliesers op die band wagon? Sjoe, dan het klomp ­Namibiërs nou skielik Walliese ­burgerskap verkry. He-he.



The same as with mining licenses being granted before Environmental Impact Assessments (EIAs) are doen goes for the OK given for the 10 000 hectar tobacco project before an EIA was done and that project has a massive profound negative impact on all sorts of environmental issues!!! Shame on you govt!!!



TransNamib-korrupsie. Treindrywer wat eksamens en toetse gedruip het en wat ook nie bekwaam is om sekere treine te ry nie word aangestel as inspekteur terwyl daar bekwame drywers is.



Donald Trump se IK is 0- en die manier hoe hy almal behandel sê vir my hy is die duiwel se tweelingbroer.



I really don't know why the government can't do anything about the University of Science and Technology (Polytech) who is killing us with registration fees wich is so high and don't even want to help us out by letting us pay 50% or 60% of the amount. What are we really voting for? We, the students should really vote wise this coming election. Period.



Sien in die Namibian Wanderers se afrigter sê Unam het nie eintlik 'n game plan nie. Nou hoe het die planlose span hulle dan nou so laat les opsê. Het drieë maar net uit die lug geval?



Baie dankie mnr. Mario van die volunteers in Rehoboth. My ma was in Windhoek baie siek. Dokters het 'n voedingspyp en 'n kateter opgesit. Ons is op die plaas 70 km van Rehoboth, 180 km uit Windhoek. Niemand kon ons help. Mnr. Mario het ons kom help om nuwe goed op te sit. Jy's 'n ware vader van die behoeftig en arm mense. God se seën rus op jou. – Mariana Rooinasie



Ek neem aan mens moet eers iets in die media sê voor dinge gedoen word soos dit moet. Dankie SPCA dat ek Chokkie Milo kon huis toe vat ná die SMS in die Republikein van 23 Julie 2019. Twee dae se baklei vir ­Chokkie was die moeite werd! Ek verstaan dat ek die SPCA se naam skade gedoen het, maar uit my oogpunt is dit nie so nie. Dis feite waarop ek gewerk het. Wens ek kon al die foto's van hom en sy maatjies in die koerant plaas sodat almal kan sien watse lewe hy nou het. Julle is 'n stem vir die diere, maar onthou ek en Pieter is ook stemme vir hulle en ons sal baklei tot die dood toe vir alle diere.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!