SMS'e vir 30 Julie 2020
SMS'e vir 30 Julie 2020

SMS'e vir 30 Julie 2020

"Ons sal jou mis . . ."
Mandy Rittmann
CoW. Wie gaan vir die 5G betaal? Weereens die huiseienaar wie se erfbelasting verhoog gaan word.

Die rioolwater loop al ’n week lank in die rivier by Smitstraat in Pionierspark. Waar is CoW, te besig met 5G? Skande!

Daniele Ferrari. ’n Sinnelose moord op hom net vir sy selfoon. Ek het die voorreg gehad om saam met hom op sites te werk. Hy het sy werkers met respek behandel en sy kalmte was aansteeklik. Mense, neem jou handwapen saam, dit is om jouself te verdedig. Dra dit nou op jou as u gaan stap. Ons sal jou mis, Daniele. – Andre

Foto van begrafnis op voorblad. Hoe belaglik! Hulle lyk soos ruimtevaarders, terwyl helfte van die bevolking met die virus in die publiek rondloop.

Kan iemand van die koerante nie bietjie ingaan op die vermorsing van geld met die adjunkministers se besoek aan Erongo? Hulle vlieg af, meer as 20 voertuie ry af kus toe, om hulle daar te karwei. Hulle vlieg weer terug en die voertuie ry weer terug!

Die persoon wat in 29 Julie se Republikein voorstel ons moet almal weer ons kinders in staatskole sit, het duidelik nie gedink nie. Hoekom dink jy is privaatskole in die eerste plek begin?

My voorgeslagte het self Hartbeeshuisies van takke gebou en dan is dit met beesmis wat met klei gemeng was gepleister. Die regering het niks gegee en hulle het ook niks gevra of verwag nie. Vandag moet die regering dit alles verskaf, anders word daar betoog. - SAP&H

Ministerie van onderwys. Hoërskole in Windhoek dreig leerlinge dat hulle nie matriekafskeid sal bywoon as vrywillige ouerfonds nie op datum betaal is nie. Hulle gee geen afslag. My vraag is, waar is die gratis onderwys? Ons sukkel in die tyd.

Wil graag vra of twee ID dokumente en twee paspoorte geldig is vir ’n burger. Moet een nie afgesweer word nie? Mense bly al 45 jaar in Suid-Afrika, kom doen aansoek vir ID en paspoort, kry dit en dan kry hul nog oumenspensioen ook. Hoe werk dit? Dankie.

We must refrain from conspiracies sê Reverend Salomon April. Terwyl die Hardap-mense sukkel van ellende en armoede. Dit is ’n conspiracy. Hy bly nie in lodges terwyl sy huis nog nie geverf is nie. Die meeste van sy mense bly in algehele verval. Skaam jou Reverend, of betaal jou skapies vir jou verblyf?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!