SMS'e vir 30 Julie 2021
SMS'e vir 30 Julie 2021

SMS'e vir 30 Julie 2021

"...almal kan weer werk."
Mandy Rittmann
Die beginsel waarop ACC staan, strook nie met die heraanstelling van dieselfde hoof nie. Die pos vereis heradvertensie en aansoeke moet in alle koerante gelys word en die keuring moet duidelik en deursigtig vir die publiek gemaak word. Opposisie word tog wakker.

Eienaardig nê! Jy wil jou nie laat inent nie, maar as jy ernstig siek word met Covid, eis jy ’n ICU-bed op. Is dit nie bietjie selfsugtig nie?

"Meeste dokters ten gunste van inentings". Dit is die opskrif en gevolgtrekking nadat slegs 406 van die 1 720 vraelyste voltooi is. Dit is mos geen verteenwoordigende gevolgtrekking nie. Dit is uiters swak joernalistiek. In hierdie tye weet ons almal van fopnuus, wat noem julle dit Republikein? ’n wanvoorstelling op die minste, misleidende fopnuus op die ergste. Ek is uiters teleurgesteld dat Rebublikein se redakteur sulke beriggewing kon toelaat. – Laetitia [Baie navorsing is gebaseer op steekproewe en nie die menings van elke individu of die uitslag van elke toets of proeflopie nie. Sulke navorsing is steeds betroubaar en ons beskou die opname as sodanig. Statistici beskou 100 deelnemers as die vertrekpunt vir bruikbare inligting. - Redakteur]

Ek stem dat lockdown verouderd is, kry liewer entstowwe. Ek moet nou nog langer wag vir 2de jab Astra...

Is daar nie nog ou omies van die vorige bedeling in die ouetehuise wat asseblief vir TransNamib die basiese dinge van instandhouding kan leer nie? TransNamib is sielalleen besig om die land bankrot te maak.

Is hier nog verkeersbeamptes in Tsumeb? Is hulle bewus daarvan dat motoriste nie aan die regterkant van die pad mag stop nie? Ek sien dit en tientalle ander oortredings daagliks, maar geen optredes nie. Wat gaan aan?

Meisie du Plessis, mense wat gevax is, kan steeds siek raak. Hulle is miskien meer beskerm en gaan dalk nie só siek word nie, maar kan dalk aangesteek word deur ’n nie-vaxer. Miskien as meer mense gevaccinate word, kan almal minder siek raak, lockdown gelig word, ons kan ophou maskers dra en almal kan weer werk. Herken Covid-19 is ernstig en kom ons werk saam om daarvan ontslae te raak. Ons is soos visse wat stroom-op problem swem. Party maak dit en ander nie.

"Rooikaart vir rassisme": rassisme is ’n maklike lat om mee te slaan, want hoe bewys mens die teendeel? Kyk maar eers na wat die CCTV-kameras sê voor julle op die karretjie spring.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer