SMS'e vir 30 Junie 2017
SMS'e vir 30 Junie 2017

SMS'e vir 30 Junie 2017

“Duidelik genoeg niks!”
Mandy Rittmann
NBC se 15 miljoen mediesefonds-skandaal. Bydrae (ook pensioenfonds) word van werknemers afgetrek en nie inbetaal nie! En dan nog "bailout" van 50 miljoen? Dit is krimineel/bedrog van hoogste skaal. As die direkteur-generaal nie krimineel aangekla en toegesluit word nie, is hierdie land so korrup en vrot soos kan kom.



DTA! U kan daardie 14 bakkies wat u met belastingbetalers se geld gekoop het, gebruik om studente te vervoer.



Die staat krepeer van ellende, maar die staatsondernemings staan al bakhand. Wat maak julle met al daardie miljoene? Duidelik genoeg niks!



Namibië het 'n gesonde landsbestuur, die regering van Suidwes-Afrika ontvang, alhoewel dit ons anderskleuriges onregverdig behandel het. Die wit man het ook gevat en hom en sy nasate bevoordeel. Die wit man het ook daai koei gemelk en gelos sodat almal kan sien die koei staan nog. Toe kom vryheid en ons kry ook die koei en ons nuwe leiers begin melk die koei. Wow! Die koei melk lekker! Ons leiers besluit dié melk (tenders, “top jobs, perks”) is vir vrinne en familie en gryp sommer die hele koei vir hulself. Koei is weg tot nou! Wanadministrasie en finansiële verval, want sommige leiers het langoog geraak vir weelde en die landsinwoners moet die gelag betaal, want mense se posisies het na hul koppe gegaan. - Namalander



Dit is hoog tyd dat die regering na die dobbelwet kyk, want die dobbelaar word uitgebuit!



In my woonbuurt in Khomasdal het 'n huis gebrand. Een van die woonbuurt se vroue het die brandweer gekontak. Binne 'n ommesientjie was hulle daar en het deur daai vlammehel met mannemoed gegaan om die vuur te blus. Ek is trots op ons goed opgeleide brandweermanne. Hou so aan met jul goeie werk.



Kosmos 94.1 se bydrae met Road Watch is goed, maar dit wil voorkom dat dit slegs dan is dat die verkeersbeamptes werk. Op Woensdagoggende is die verkeersbeamptes baie. Waar is die verkeersbeamptes die ander dae as verkeersligte buite werking is, taxis' stop net waar hul wil en voertuie oorlaai is? Wonder maar net.



Groot Oom skryf: Hare was, en is nog steeds, enige vrou se trots oor kleurgrense heen. Die verskillende style, sinteties of eg, laat die mooi geslag goed voel. Hulle vertoon baie mooi. Ouma spandeer tyd aan haar veertjies en voorkoms. Alle vroue oor grense heen is mooi, pas die skoolreëls aan asseblief!



“Toeka se uniforms,” Maria Eiseb se “Ek sê maar net” slaan die spyker netjies op die kop! Ander dag hoor ek jy weet jy is 'n grootbaas as jy nie meer uniform hoef te dra. Ek stem nie saam nie, want as van grootbaas tot kleinklaas met trots ons uniforms dra, weet ons waarvoor ons staan. Eendrag bly mag.



Ek weet van drie teregstellings in 1986. Ek kan selfs een se naam onthou. Sal dit nooit ooit kan vergeet nie.



Skerp, baie skerp die opmerking oor polisie by padblokkades. Het daai selfde ding gewonder!



Het iemand raad asseblief hoe om vadoekke witskoon te kry?



I found the drivers licence, ID and other cards of Rukoro Nguvitjita Hijavara Uakataviza. For more information contact 081 432 0398 or 085 669 5996.



Baie, baie dankie aan Surge Fisch van Sanlam. Hy lewer altyd die beste diens en gaan uit sy pad uit vir sy kliënte! Beter kan mens nie kry nie. Dankie Surge, die kort meisie waardeer dit!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!