SMS'e vir 30 Junie 2021
SMS'e vir 30 Junie 2021

SMS'e vir 30 Junie 2021

"Hoe de hel ..."
Mandy Rittmann
Hoe de hel moet jy jou laat inent as hier in die eerste plek nie genoeg entstof beskikbaar was nie, en nou glad niks beskikbaar is nie? Die Namibiese regering het ons gefaal.

Nou word ivermektien die skuld gegee vir Covid-sterftes. Dit strook nie met die mediese berigte van dokters (ook uit die buiteland) wat oordeelkundig daarmee werk nie. Ek neem aan die erge newe-effekte is te wyte aan oordosering deur die pasiënt self. Die voorgeskrewe dosisse is minimaal. Dis hoekom dit so belangrik is om dit slegs onder ’n dokter se toesig te gebruik.

Hoekom dwing Calle nie vir Husab om ’n ontsoutingsaanleg te bou nie? Maar nee, daai donasie aan Swapo was seker groot genoeg.

Sistemiese rassisme kort sistemiese reaksie, beveel die VN. Goed om te hoor dat rasgebaseerde menseregteskendings soos affirmative action, BEE en NEEEF nou uitgegooi moet word. Ek hoop werkgewers neem kennis, maar as Swapo en die presidensie moet pad vat as gevolg van hulle aanhoudende sistemiese rassisme en diskriminasie, hoe moet ons te werke gaan met interim-verkiesings gedurende ’n pandemie-tydperk?

Ek stem met die persoon oor huur wat kan afgaan, veral in Katatura. Ons het werk verloor, salarisse is gesny. Huiseienaars verstaan nie ons almal is geraak van die pandemie.

Ons is deel van Namibië en is baie ontsteld omdat Sean Naude so vals beskuldig word. Is dit omdat hy ’n video op sosiale media geplaas het oor Okahandja se vuil hospitaal? Daardie man is nie ’n rassis nie.

President Hage, wys ons wat in u steek. Maak die inenting verpligtend. Oor 2 jaar sal u die ware Father of the Nation wees. In Mandela se voetspore volg.

No notification when complaints against evaluation of properties in Okahandja were due. Not enough to tell people about the date verbally because it is not true. Look into this immediately.

Wat ’n grap is Windhoek en Okahandja se grense wat toe is. Ek het van Windhoek af na Swakopmund gery. By Windhoek-padblokkade was daar geen siel nie, voor Karibib het die man opgekyk toe ek aankom en gewys ek moet verbykom. Wie kan dit vir my verduidelik. – Hester

Lyk my party werkerunies dien nie meer die doel vir diens aan die werkers, maar dien net eiebelang. Viskwotas aan unies: watse voordeel trek lede uit die polities gedrewe link? As ’n unionist op direksies dien en betrokke is by uitvoere en polities getrou bly aan ’n stelsel wat die werker negatief bejeen en sodoende behandel, waar lê jou lojaliteit? Werkers sal eienaarskap moet neem van hul unies, mense aanstel met moderne labour law kennis wat onafhanklik sal opereer vêr weg van politieke affiliasie wat fataal blyk te wees. Werkers het verskillende politieke sienininge - respekteer dit. – Fedup

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!