SMS'e vir 30 Maart 2018
SMS'e vir 30 Maart 2018

SMS'e vir 30 Maart 2018

". . .leer jou kind by die huis."
Mandy Rittmann
Wat moet ’n mens sê van al die aanvalle op onskuldige mense? Mense wat geslaan en beroof word asof dit so moet wees. Eendag is eendag dan sal dit te laat wees vir die skurke, want dis nie almal wat maar net sal toegee nie. Die Bybel sê “'n oog vir 'n oog”, so skurke, wees gewaarsku. Spyt kom altyd te laat. Die reg is te genadig en te lankmoedig. Ons werk en sukkel en "laybye" en sweet vir wat ons wil hê, en julle wil net gryp en vat. Genoeg is genoeg!

Mnr. Danie Pieterse moet homself nie probeer verontskuldig nie. Hy het geweet (of moes geweet het) hy is saam met mnr. Mostert met onwettige dinge besig om Namibiese burgerskap te probeer bekom terwyl hy en sy familie nie daarvoor kwalifiseer nie. Gaan daar nou teen mnr. Pieterse-hulle ook opgetree word?

Luiperd-slagoffer: Mev. Windmeisser, dank die Liewe Vader dat julle die geld het vir die mediese behandeling, anders sou hulle julle nie op die hande gedra het nie. . .

Voetgangers doodgery: Dis so hartseer, maar sien enigiemand ooit mense die pad oorsteek sonder dat hul op “cellphones” besig is? Ek bestuur in vrees. Mense kyk nie links of regs nie, kyk net na “cellphones” met “earphones” aan. Hulle kan nie eers jou hoeter hoor nie. Van voetgangers met “cellphones”.

Die president gebruik al van 2016 nie meer Eros "Airport", want die “runway” is in ’n slegte toestand. Maar ander Namibiërs moet elke dag daardie kans waag. President Geingob, as dit nie goed vir jou is nie, is dit ook nie goed vir ons nie. In plaas dat ons president ophou om iets te gebruik, want dit is benede hom, vra ons dat hy werk daarvan maak sodat dit goed vir ons almal is. Viva die hele Namibië.

Ministers, leer jou kind by die huis. Moenie sê werkloosheid dra by tot drink en misdaad en bendes soos Boko Haram nie. Al kry die "youth" geld nodig, sal almal nie werk in Namibië kry nie.

Some so called healing practices using public means have been addressed during the budget debate. Congratulions Minister! Those are just drops in a nocean. There are healing practices in houses from 19H00 that end up in the most extreme and severe (because of utterances) noise pollution upto 24H00 or till sunrise if not silenced through City Police. Could those practices also be addressed whether they actually contribute to healing along with extreme noise?

Did Namibia reached a stage that does not require some nursing professionals to wear the prescribed epaulets and name tags when on duty?

Ek is ’n inwoner van Okahandja Park. Ek wil net by "City Police" weet of die “human network” van Okahandja die reg het om mense te "handcuff" en dan in die strate rond te loop en die persoon te slaan. Ek soek tog 'n antwoord van die hoof van "City Police", want ons is nou moeg vir die “human network” se gedrag. Hul is nie polisie nie en ons is nie diere nie, ons is mense.

Jy kan nie Geingob met Ramaphosa vergelyk nie. Geingob is myle agter.

Dit sal darem goed wees as daar ‘n boete kan wees vir mense wie se honde so aanhoudend blaf in die nag! Hoe slaap jy as die honde blaf en dit vir niks? In Karasburg is daar mense wie se honde aanhoudend blaf in die nag en glo my, hulle hoor dit nie. Ek het geen probleem as ‘n hond blaf vir dit wat saak maak nie, maar die vet weet, nie vir die maan nie.

City of Windhoek is besig met “surveys” op Groot-Aub, dalk om te bepaal watter tariewe hulle vir ons sal laat betaal, maar wat het my salarisstrokie daarmee te doen? Hoekom vra hulle onse “payslips”? Wat het dit met die prys van eiers te doen? En boonop sal mens se vertroulike inligting aan die hele Groot-Aub verkondig word. Doen julle dit ook in Windhoek? Nee.

Spokesman for Ministry of Works Julius Ngweda. Answer these two questions please. Understandably we cannot compromise our president’s safety but is it OK to compromise us Namibian’s safety on a daily basis? And do you use the Eros airport?

Daar is geskrewe riglyne en ook inligting in koerante oor Namibiërs en nasate wat wil terugkeer - nou is daar ook riglyne vir ander groepe soos die Chinese, of is hulle net tydelik?

Hoe ver staan ons met die invordering van die N$1,7 miljard van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente?

Dis met genoegdoening dat ek in Vrydag 27 April se uitgawe lees van die klomp eienaars en die eienaar van luukse kamp (Neckartaldam). Minister, wees so gaaf en plaas die titelaktes van al die plase met eienaars in die koerant. Ek ruik lont. ACC, vra tog ook maar vrae.

Wil tog beleef vra, as iemand in die omgewing van Noordelike "Industrial" ouma MM van Schalkwyk se ID, haar paspoort en bestuurderslisensie optel, skakel my asseblief. – 081 270 0242, Magdalena

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!