SMS'e vir 30 Mei 2018
SMS'e vir 30 Mei 2018

SMS'e vir 30 Mei 2018

"...is septies en vuil!"
Mandy Rittmann
Alle lof, prys en eerbetuiging aan die Nama-volk, wat in harmonie vergader het te Keetmanshoop, in volle swang en fier om ons lewensbestaan deur volksang, Namastap, digkuns en volksvertellings uit te basuin. ’n Trotse volk wat weet waar hul vandaan kom, weet ook waarheen hul op pad is. Toe Jan van Riebeeck en sy mede-Nederlanders voet aan wal sit eeue gelede aan die kus van Suid-Afrika was dit ons eie, egte Nama-taal wat hul begroet het. Van die Kaapkolonie tot in Groot Namaqualand strek ons volksgeskiedenis. ’n Ryke geskiedenis sonder weerga. Ons was sal wees tot in lengte van dae. - Namalander

On Friday 25 May, late afternoon there was also somewhere an earthquake in the vicinity of Brandberg, because we felt the tremors at the White Lady River camp.

Dear Ruling Party! Today I did the payroll of our company. On four working days neither the company nor its employees were productive due to the holidays. Thus there was no income and yet these days need to be paid for. At the same time I am battling to preserve every employee's job and not to retrench anybody as this would mean that children might go to bed hungry. How do you expect the economy to recover with all these holidays?

Verkeerde keuses: Die grootmenslewe knou my! My WiFi-kontrak kanselleer ek by Telecom, omdat ek nie kop bo water kan hou nie en N$4 000 agterstallig is, maar geen kommunikasie. Doen navraag om rekening te betaal. Met ’n skok moet ek uitvind dat ek geswartlys is. My nuwe rekening? N$13 000. Ek wil weer kind wees, want hoe betaal jy dit as jou man nie werk nie en jy is op ongeskiktheidspensioen. Aaaaklig!

Kan die minister van landelike sake nie raadslid Jeremias van Neel in die Hardapstreek met Victoria Kauluma (die vrou met goue hart) vervang nie? Sy sal baie beteken vir die streek se inwoners.

SAP&H en Koekemoer, ek hoop julle gooi sommer met Mallet en Ignatius. Ons emosionele, intelligent-gestremdes luister hoeka nie meer vir Maat en Naas. Bye bye.

Jammer vir u wat vir Botha en Mallett op SuperSport kyk. U sal my nie daar kry om saam met u te gaan om nie SuperSport te kyk nie, want ek kyk rugby, nie ’n klein stukkie van hulle kommentaar nie.

Die skoolgemeenskap van Daweb Laerskool. Geluk met die skenking wat julle gekry het vir die opknapping van skool. Hou in Vadersnaam net vir Katrina weg as julle nuwe gordyne vir geboue wil maak. Onthou die insident van Mariental se gordynstorie wat onder die mat gevee is. Wat het hoeka van daardie klag teen haar geword? Iemand lig ons asseblief in. Niks in koerante van uitslag gelees nie.

Môre aan Keetmanshoop se gemeenskap. Hiermee gee ons kennis aan Keetmanshoop-polisie wat niks werd is en net rond suip met die polisiemotors en net agter meisies aanry en ons kry ook geen samewerking van die polisie af nie en dink hulle is puik terwyl hulle niks beteken.

Okahandja-hospitaal is septies en vuil. Personeel loop met lang gesigte rond. Asseblief, minister van gesondheid, help ons as Okahandja se gemeenskap.

The Meatco Board of directors are bullied by the executives and they didn't even make a firm decision, hence they are illegal. Simple as that. Step down.

In die koerant van 28 Mei het julle ’n artikel oor twee jong mense wat Suid-Amerika toe gaan. Is baie beïndruk met die jong joernalis June Shimuoshili, maar ek het geen inligting oor die jong man Joshua Sharpley in die artikel gelees nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!