SMS'e vir 30 November 2016
“. . . steel nie net van die boer nie. . .”
Boere spandeer nou meer tyd om wild en vee op te pas as om te boer. Die dief besef nie hy steel nie net van die boer nie maar ook van ander. Minder wild, minder toeriste, minder geld wat vir iemand ''n werk kon gee of ''n verhoging. Moet seker maar gif uitsit vir die diewe want skiet is onwettig. Vir wat steel julle nie die diere op die pad nie? Dis makliker en jy doen motoriste ''n guns.
Daardie barbare sal hulle dag kry en spoedig wat die dame aangerand het wat ek gelees het. Hulle hoort nie hier op die aardbol nie. Die hel wag hulle. - Basterseun
Moenie by lughawe begin ondersoek nie, dan is die dier klaar dood. Gaan begin daar waar die dier woonagtig is. Hier by lughawe sal dit niks help nie.
Koos van Okahandja is nie so vuil soos Tsumeb nie. Maar dit is omdat munisipaliteit N$250+ vra vir een klein laaigraaf bak vol om te laai. So nou gooi almal hulle tuin en sommer ook vullissakke op enige straathoek of oop stuk grond. Daar tel hulle dit gratis op al lê dit vir 3 maande daar.
Min mense sal N$3 vir ''n SMS betaal! Dis mos nie ''n kompetisie nie! Republikein het vroeg vanjaar verhoog met N$1 en nou alweer! Sal maar net minder koerant koop! Republikein gaan gate toe!
Dis ''n baie seer saak oor die vroutjie wat aangerand is toe sy by die robot kom staan. Nou my vraag, moet jy staan of moet jy ry as jy sien dis skoon? Daar is nie ander voertuie nie. Net ''n vraag.
Ek, Martin Esterhuizen, is ''n bekende prediker in Namibia met my kruis staptog. Ek het die afgelope tyd in die Gobabis en omgewing geëvangeliseer. Ek het met behoeftige kinders in die Ooste in aanraking gekom. Ek wil asb. die gemeenskap en medegelowiges vra om hul hand vir behoeftiges uit te reik deur hulle te help met gebruikte klere wat nie meer in gebruik is nie. Ek wil dit die 23ste Desember uitdeel. Ek sal foto''s neem en dit in Republikein plaas. Ek kan gekontak word by 081 321 8682.
Geagte president, ek hoop u gryp in by die regrading sage in. Sommige het gebenefit. Ons cleaners het iets soos N$700 dollar en iets gekry.
Raak wakker Windhoek munisipaliteit! Kyk hoe lyk julle voorkoms – seker die droogte skuld gee vir die ongesnoeide palmbome by julle ingang in die dorp, dan praat julle van vuile Okahandja. Wees trots en kyk na ons lug versorgers! - ORW
Hoera vir die Basters wat uiteindelik opgestaan het vir hul regte. Dankie tog! Almal moet net saamstaan.
Daar word al weer niks meer aan die pad 2315 by Omaruru gedoen nie! Dis nou al die 3de keer na mekaar dat net die eerste gedeelte geskraap word en nie die hele 2315 nie. Ons sukkel om die droogtevoer oor daai pad te ry. RA maak net beloftes wat hulle nie nakom nie.
Weer eens wil ons net ons peetdogter Nuwuchka Beukes geluk wens met haar 5de jaar prestasie waarin sy 5 onderskeidings behaal het. Volgende jaar is jou laaste jaar en ons weet die Hemelse Vader gaan jou deurdra. GOD BLESS! Uncle Willa en Fam.
Dink die munisipaliteit moet ook rondgaan en kyk. Kleuterskole skiet oral op. Dan is dit sulke klein erwe wat omtrent nie speelplek het nie. Toe my dogter ''n kleuterskool oopgemaak het moes sy bewys dat sy ''n opgeleide onderwyseres is. Daar was baie ander moets en moenies.
Minister van gesondheid, kom kyk in Gibeon. ''n Verpleër by ons kliniek sal ons laat op dood want as hy op roep is, staan hy nie op vir ''n geval nie. Hy is onbeskof met die pasiënte. Laat hy gaan. Ons soek hom nie. Dankie aan die ander personeel, ons is trots op julle.
Keetmanshoop Noordhoek golfbaanpad is ''n resiesbaan vir motorfietse gedurende die naweke en namiddae. Dit is ''n steurnis!
Bokke moet begin by die begin. Hulle lyk vir my nie fiks nie, is flabby en lui. Kyk na die ander spanne – of hulle truie is drie grotes te klein. Mens sien nie vet rolle op hulle spelers nie. Hulle is solied en beweeglik. Dis wat ek dink en sien.
In antwoord op “Verban die bang” van Jo-Mare Duddy se skrywe net die volgende: As die media nie as ''n eenheid die walglike daad veroordeel nie, sal nie veel gebeur nie. Ironies was toe die Namibian Sun op sy voorblad berig het dat twee blanke mans in SA ''n swart man in ''n kis geprop het en die Facebook reaksie van Namibiërs daarop was dat alle wit mense boos is. Ek kan jou waarborg dat die NS die gebeure in ons midde doodgeswyg het. Dit is die dubbele standaarde wat in ons media gehandhaaf word wat sulke dade nie sal laat afneem nie.
Groot was my verbasing toe ek die 14de November die Katutura Hospitaal besoek. Dit was netjies, skoon, geen slegte reuke meer. Dankie aan die skoonmakers.
GRN 866. Is dit reg dat GRN voertuig gebruik word om bokse by ''n sekere depot te kry in Prosperita (privaat hoedanigheid?)
Soek tog katjies as iemand het om weg te gee. Dankie.
Posmeester van Keetmanshoop, doen asb. iets aan u poskantoor in Koës. Ons smartkaart-houers kan nie ons geld kry nie, want ons poskantoor tye is onaanvaarbaar.
Ons sien in die koerante en hoor op die nuus hoe daar verskonings gesoek word vir alles wat verkeerd loop in ons land. Ook word daar wyd en syd gesoek na oplossings. As ons dié Christelike land is waarop daar dikwels geroem word, waar is God dan in hierdie situasie? Hoekom hoor ''n mens nooit van biddae of dan dae van verootmoediging nie? Hoekom wil die regering die wolke melk ipv hulle te wend tot die Skepper van die wolke en die reën? Moenie vergeet nie – God is nog daar en Hy ontferm Hom oor hulle wat na Hom roep.
Ons Leonardvillers is baie ongelukkig: Die mense wat ons moet beskerm, rand ons aan. Die polisie maak tog ons stasie skoon. Bring ander polies. Vat almal weg asb.
Windhoek Motorklub, dankie dat ons Saterdag weer bietjie Oval kon kyk. Maar ag tog, was dit nie vir die V8-sprints van Suid-Afrika nie, sou ek my geld teruggevra het. Die Namibiese karre was met enkele uitsondering patetiese bokslagter patente. Waar was die ander doelgeboude teer ovalkarre? Los julle onderlinge bakleiery en gee weer vir ons ovals soos van ouds. Ek dink ons verdien goeie byeenkomste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie