SMS'e vir 30 Oktober 2017
SMS'e vir 30 Oktober 2017

SMS'e vir 30 Oktober 2017

“. . .vieslike vuil grensposte. . .”
Mandy Rittmann
Airbnb: Toerismeraad, hierdie diens is aan die publiek en op vrye keuse om by ’n familie te kom inwoon vir ’n paar aantal dae. Dit is nie ’n diens soos ’n B&B, gastehuis, hotel of so iets dergliks nie!

Is dit hoe ’n onafhanklike ("independent") Namibië na 27 jaar lyk? Moord, verkragtings, gewapende roof, korrupsie en bankkrot (het nie geld om Necktartaldam te betaal nie). Die meeste padsterftes in die wêreld. Die meeste drankgebruik in Afrika. Bande met ’n kommunistiese Noord-Korea. Beeste se pote word met pangas afgekap om gesteel te word. Sokkertoeskouers word 5000 U$ beboet oor hulle slegte gedrag. Dis hoog tyd dat ’n ander regering aan bewind kom, dalk gaan dit beter. - Johan

“Steve - dr. Haufiku”. Baie dankie, Steve, ek stem saam. Die persoon weet nie waarvan hy/sy praat nie. Hy is ’n pragtige mens. Wens ons het meer van sy soort.

Airbnb: Gaan Namibië nou die enigste wêreldland wees wat deur die toerismeraad belas gaan word vir ’n "air" diens? Onder watter afdeling kategoriseer die diens in hul regulasies?

Hervestigingsboer van die Suide: Daardie lorries met voer is NLU-lede wat vir NLU-lede help. Onthou, die staat het nie vir kommersiële lede droogtehulp gegee in 2016 of 2017 nie. Ons help mekaar. Julle kry wel staatshulp. Vra by jou voorligtingsbeampte of die NNFU.

Fisheries Ministry awarded fishing rights to 300 companies. Transparancy please, publishing the names. After all they are like public tenders and people have a right to know. Also who the culprits are who auction off their rights to the highest bidder!

Ministry of Finance Windhoek please wake-up! There is no answer at any of the customer care numbers listed. Faxe’s also don’t go through. I tried all day. How can one sort out a problem? The switchboard operator is not helpful either. You are the most incompetent ministerial office in this country.

Sies Namibië vir julle vieslike vuil grensposte op Ariamsvlei. Teëls uit vloere en mure, onnet ingange, vuil met ou voertuie wat al maande daar staan. Sies, ek skaam my vir my land.

Jy wat kla oor water wat gemors word by Seniorpark: Hoekom kla jy nie liewer oor die pype wat ondergronds lek en krane wat elke dag lek en niks word daaraan gedoen nie? Water word vermors daardeur en die ministerie van werke weet hiervan en hulle doen niks. Stuur die TV en kyk self.

Mnr. Hervestigingsboer van die Suide by Karasburg. Ehe! Jy het jou grond verniet gekry en daarby ook geen beplanning ingesit vir maer jare nie. Nou verwys jy weer na wit boere in die omgewing wat gesorg het vir hulself en nou maak jy hulle uit as bevoorregtes. Vryheid is om self te sorg en te beplan en nie net altyd te wil vat nie. Begin om vir jouself te sorg! Ek sê ook maar net soos dit is.

Oom Apie weet skynbaar nie dat onse Namibië ’n soewereine land is nie. Ons is aan niemand iets verskuldig wat te doen het met verduidelings oor wat ookal nie. Allermins aan die skoothondjie VN. - Corné Cronjé

Watse sinnelose prate spraak First National Bank. Pensioenarisse en oumense moet nou gebruik maak van selfoon-bankdienste, aanlyn bank, mobiele "app" en ander elektroniese bankdienste. Hoe meen die dame? Gaan ons die aanbevole dinge betaal uit ons pensioen? Of gaan sy dalk help? Belaglik om die minste te sê! - Aunt Susanna

Swakopmund Municipality! Please instruct the incompetent roads inspector to look into the conditions of some streets in Mile 4, Swakopmund. If the residents don’t deliver, you cut services. Maybe if you don’t deliver, we stop paying rates and taxes.

Ons lê met klein kinders in Otjiwarongo se hospitaal, toe sê 'n mevrou ons moet uitgaan dat sy die saal skoon maak en dit is baie vroeg en koud. Ons sit buitekant nou.

Die hervestigingsboer, “26 Oktober 2017”. Jy het ’n krismisplaas persent gekry. As jy voer wil hê, sluit by die NLU aan. Jy kla, maar dra niks by in goeie jare nie. Jy het ook die opsie om jou verniet plaas aan iemand anders te gee en te gaan werk soos die res van ons.

Die Swakopmund se munisipaliteitsgebou is daarem erg vuil. Kan dit nie afgespuit word nie? By die trappe by die ingang dop die geel/swart kleefband af. Alles lyk baie verwaarloos. Doen tog iets, asseblief!

Soek asseblief raad vir honde wat teen enige ding pie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!