SMS'e vir 30 Oktober 2019
SMS'e vir 30 Oktober 2019

SMS'e vir 30 Oktober 2019

". . . nog volprys betaal?"
Mandy Rittmann
Die hoofartikel oor tande trek en dr. Itula, die onafhanklike presidensiële kandidaat, is nogals op die kop. Swapo en sy sogenaamdes ken skynbaar nie hulle eie grondwet nie. Verder betug sy die pers oor wie se vlag Itula swaai. Nog onkunde. Stem saam dat Itula dalk nie Staatshuis sal haal nie, maar kyk na wat hy al vermag het om die gedrog aan te vat. Vir eens is daar vrees en onsekerheid te bespeur by die gedrog. Dalk, net dalk, gee dit ons ander die guts om te sê genoeg is genoeg en te gaan stem.

?ELCRN my goodness! Surely you have other avenues and platforms to inform, educate and differ from each other than the newspapers. Please.

?Mnr. Sacky Shanghala, het jy gesien waar het die EVM's van die wa afgeval het? Hoekom het jy dit dan nie maar opgetel en dit weer op die wa gelaai en gaan afgee, al was dit beskadig. Kom ons twee speel bietjie met jou storie tot die waarheid uitkom.

?Ai! Dit is 'n jammerte dat ons oupa Hendrik Witbooi se naam op die grond moet rond lê.

?Ek wil reageer op die SMS'e oor ­Seniorpark. Ek is ook 'n inwoner. As daar donasies kom, dan word gesê en dit word aan almal uitgedeel.

?Suid-Afrika se water en waterbronne is uitgeput. Gelukkig kan dit soos met armoede en geweld voor die apartheidstelsel se deur gelê word. Nou weer is daar 'n nuwe oorsaak vir die waternood. Dit is nou ­aardverwarming wat die arme sondebok gemaak word. Iemand moet altyd die skuld kry en so sal daar altyd iemand of iets wees of gevind word om die korrupte onvermoë te regverdig. – JP

?NBC is van 6 uur die oggend tot 9 uur die aand. Moet 'n mens nog volprys betaal?

?Ek wil graag saamstem met die persoon wat beswaar maak teen die ellelange briewe waarin probleme binne kerke of oor die pastoor gegorrel word. Laat dit binne die gemeente bly.

?Smaak my Rehoboth het net twee sake: naamlike 'n hopelose, geskorste dorpsraad en bekendheid vir sy All Blacks ondersteuning. Gaaaaaap!

?Stem, die 50c per plastieksak is net 'n geldfoefie. Hierdie geld word van ons gevra deur groot winkels. Hulle maak baie geld uit ons uit en kan gerus na hul verpakkings kyk. Dit is plastiek en hulle kan vir hul kliënte bruin papiersakke gee teen geen onkoste. Ek koop nou 'n plastieksak of twee en dan boender hulle pakkers alles daarin. Geen diskresie en as dit by die huis kom en ek uitpak, dan is jou skoonmaakmiddels, tandepaste nat van die hoendersous en dan het ek nog die pakkers getip ook.

?Het nou lekker gelag vir wrraa raa raa. Arme kinders. As hulle nie hul aksent verander nie, is hulle nie in nie. Verstaan soms nie wat hulle sê nie. – Grandmother

?Is Hartklop FM Namibies? 90% is dit net Suid-Afrikaanse sport en kunstenaars. Hulle gaan so ver om Steve Hofmeyr en Bok van Blerk se songs te speel, wat in Suid-Afrika verag word. Is nou die dag 'n no. 1 op die top 20. Ons ken nie ons eie kunstenaars nie. Kom Hartklop, word deel van die NBC nes die ander taaldienste.

?Ek soek asseblief ou geskenksakke, speelgoed wat julle nie gebruik nie, want ek maak 'n kersfeespartytjie vir my kindertjies vir my lokasie. Skakel my asseblief. - Anita, 081 811 1135

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!