SMS'e vir 30 September 2016
SMS'e vir 30 September 2016

SMS'e vir 30 September 2016

“. . . ons betaal belasting en dit betaal jou salaris!”
Gerine Hoff
Onderwysersverhoging. Ek het nie ’n probleem nie. Al wat ek weet, is mnr. president, as die onderwysers 8% kry, moet ons ander (“civil servants”) ook die res van 3% kry. Ons almal werk mos vir die staat.

Na aanleiding van die skrywer wat so kla oor die skieter van hul beeste, donkies en perde wat hul so verarm. Het jy al ooit gedink aan die finansiële implikasies wat jou diere veroorsaak met padongelukke t.o.v. motors, mediese koste, begrafnisse en die gebrek aan inkomste, smart en ellende wat deur jou diere veroorsaak word?

Na ons almal mildelik bygedra het tot en met aftrede tot “Social Security Fund/Commission” was alle bydraes verniet. Ons was belowe des­tyds dat die fonds na ons sal omsien met pensioen asook mediese bystand. Vandag word ons as bedelaars behandel by staatshospitale. Oggend moet jy jou vol eet, want dit sal ’n lang wag wees tot laataand, soms sonder dat jy gehelp word. Volwasse persone met kinders wat “struggle kids” genoem word, word van N$11 miljoen plus voorsien terwyl ons verstoot word. Ons sien in koerante SSC-fondse word nou aangewend om studiebeurse uit te deel. Hoekom? Ons oudwerkers glo ons word en is ingeloop. Net so goed soos om lewensversekering uit te neem van ’n maatskappy wat nie bestaan nie.

– Hoodwinked

Die mamma wat haar dogter vermoor het, daai bondeltjie liefde is aan jou gegee om na te kyk en op te pas tot die dag wanneer Liewe Jesus besluit om haar te kom haal. Nou gaan sy seker sê sy weet nie wat sy gedoen het nie en dan word sy weer vir evaluering gestuur. Ek hoop al die mammas en pappas wat kwaad is vir die ander party en die kinders iets aandoen om die ander een te straf – mag julle vir altyd sit sonder ’n familie.

Skokkend. Ma versmoor haar 3-jarige kind. Wat het daai vrou gedink?

Mense wat kla oor diere wat langs die paaie geskiet word, beter nou baie mooi besin. Julle dier(e) kan verantwoordelik wees vir ’n ernstige ongeluk soos die lesers wat in ’n bees vasgery het. Hoekom betaal julle nie die voertuigskade en mediese koste nie? Nog erger, gaan julle die mense wat sterf weer lewendig maak? Die mense wat die moed het om die diere te skiet,julle red lewens.

– Besorgde Namibiër

“Gender equality” van Karasburg, vir wie werk julle? Kom ons op kantoor, kry ons niemand nie. By watter kantoor moet ons gaan met onse probleme? Daar is genoeg mense wat wil werk as julle slaap of net wil rondrits vir plesier.

Karas-direkteur, praat ASB met jou “HR”. Ek wag al nege maande my geld. Hulle is baie afwesig, steel die ministerie se geld. Ek sal verdere stappe neem as my saak nie aandag geniet nie.

Ja, aan diegene wat geen respek het vir onderwysers nie, “feel free to try home schooling” vir jou kind en dan praat jy weer. En onthou om dank te betoon aan onderwysers wat jou leer lees en skryf het.

Hoe word jy ’n onderwyser oornag? Ek weet van ’n plaasskool in Hardap waar daar onderwysers is wat nie eens ’n graad het nie, maar hulle hou skool. Ek wil weet hoe gebeur dit? Dan word hulle betaal deur ons regering.

Geagte onderwyseres by ’n sekere primêre skool, wat gee jou die reg om vir die kinders te sê om vir ons ouers te sê dat ons nie jou salaris betaal nie. Jy het dit verkeerd – ons betaal belasting en dit betaal jou salaris! Verder het jy die vermetelheid om vir die kinders te sê hul moet by ons ouers aandag soek, want jy gaan dit nie gee nie. Vir jou inligting is die kinders van voor 07:00 tot 13:10 by die skool. Ek as enkelma werk die hele dag. Sien my kind eers na 17:00 in die dag! As jy nie die geduld het of passie om met kinders te werk nie, moet jy dalk vir jou ’n ander werk soek. Keelvol dat die kinders afgebreek word by die skool en net deur sekere onderwysers.

Verwyder alle ou Swapo-leiers van regering, want hulle leef in die verlede en nie vir “Namibians” nie.

Hoe moet onderwysers presteer as hulle alewig moet wonder oor een of ander administrasie-probleem? Raak ons direkteur in die Hardapstreek nie ook al skaam om al die klagtes by die personeelkantoor in Mariental te hoor nie? Raak die mense wat daar werk nie ook skaam nie? Wat doen die ministerie of die permanente sekretaris wanneer sulke negatiewe dinge gesê word van die personeelkantoor? As ’n onderwyser nie persoonlik iemand daar ken nie, dan word jou sake nie as belangrik beskou nie. Hulle het nou al só ver gegaan om onderwysers te verbied om die streekkantoor met probleme persoonlik te skakel. “Mr Gqede, please get your office in order.”

Hoeveel jare is verby dat Jansen al van Schilp, RHB en Walvisbaai weg is en nou word dit wakker geskrik? Maar intussen het die vroue al hoeveel keer nagmaal gebruik en nou wil hulle hom beskuldig. Dan noem ons ons Christene.

Rêrigwaar MTC, ek sukkel om julle “game” te speel. Lyk vir my dan “cut” julle my ook nog van die SMS’e wat ek stuur. Nee, mens maak nie so nie. Ek wil tog ook iets wen. Ek gebruik my laaste sent om te speel.

Dept. of Home Affairs – as part of the original struggle to obtain a passport in 1995, I must congratulate you on the giant strides forward since then – an efficient system driven by friendly staff. We look forward to your new offices which would hopefully also streamline the issuing of ID documents.

Mense wat werk, hou op by mense wat staatspensioen kry geld leen. As jy geld moet teruggee, wil jy liewer wegkruip. Kyk net op die grond. Skaam jou. Jy sal jou dag kry, skelm. Los ook ander mense se goed uit. Dit mag vandag baie goed met jou gaan, maar jy sal jou dag kry.

Munisipaliteit: In Dawid Goeiemanstraat staan ’n ou kraantrok en ontsier ons straat en is ook ’n gevaar, want kwaaddoeners kom draai daar. Ons vra dat jul dit verwyder.

Dis nou net te erg in Amper-Bo. “Governor” kom kyk tog wat aangaan. Terwyl daar mense is wat nie werk het nie, word “traditional authority councillors” by die skool aangestel as skoonmakers.

Keetmans-munisipaliteit: Dis geld wat wegraak, werkers wat nie werk nie, “councillors” wat gratis kampe kry, vuil dorp, Selco wat vir krag vra wat hul wil. Die lys gaan net aan en aan. Hoe lank nog moet inwoners uithou?

Rencia, ek stem saam met jou. Loraine Christ het nog niemand gehelp nie. Theo was net Vrydae in die Rhb-kantoor, maar hy’t meer daar gedoen. Want daar was foto’s in koerante en berigte oor wie hy gehelp het. Sy’s veronderstel om elke dag op kantoor te wees, maar is meer uit as tuis. Dis nie waarvoor ek gestem het nie. Jan van Wyk, waar’s jy? Jy moet plan maak. GOU.

Neem kennis dat alle ID-afskrifte gesertifiseer moet wees as jy dit aanheg by NATis-vorms.

Wat het gebeur met die Rössing Surplus?

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!