SMS'e vir 30 September 2021
"...hoe lekker giggel ek..."
Aaaaaaiiiiii hoe lekker giggel ek nou toe ek in Republikein van 29 September lees van NDF-vlieëniers wat beseer is nadat uitskietstoele per ongeluk geaktiveer is. Nou dat TransNamib per ongeluk al sy lokomotiewe verloor het, omdat hulle uitskietstoele ook per ongeluk geaktiveer was, nou sal die vliegtuie weer ontspoor tot daar van hulle ook niks oor is nie. Gelukkig sien die vyand hulle hoef nie teen onse landjie op te ruk nie. Ons beseer ons self sommer wat.
Wow Augetto, mooiste sin wat ek in ’n lang tyd gelees het. “Mense is nie maklik nie, maar ons is almal die moeite werd.”
Gobabis-polisie, ons vra met eer en respek dat geagte offisiere vir ons in Plisisplaas moet help met ’n man wat daar in die veld bly. Hy maak mense se diere seer, die diere kom huis toe met wonde. Jy bel die polisie, maar daardie tyd is daar nie ‘n voertuig nie. En dan is dit verby. So maak Plisisplas se polisie.
Ek is ’n gestremde man, sonder ’n dak oor my kop. Soek asseblief hulp met sinkplate en balke om vir my ’n sinkhuisie op te slaan, in iemand se agterplaas. Ek sal dit baie waardeer as u my kan help daarmee, dankie. Skakel my niggie by nommer 081 345 2450. Het regtig hulp nodig. Ek is Adolf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie