SMS'e vir 31 Augustus 2017
SMS'e vir 31 Augustus 2017

SMS'e vir 31 Augustus 2017

“. . .ons demokrasie gestagneer. . .”
Mandy Rittmann
Skandalig! N$69,37 per dag? Lonekommissie, Kabinetslede, Harambee? Kyk liewer na die luukses wat julself ontvang. Dankie aan hulle wat drie dubbel soveel betaal, plus medemenslikheid.

Klip in die bos. Myns insiens het ons demokrasie gestagneer. Ons huidige demokrasie word net gedryf deur "tribalism" al probeer ons hoe hard om dit te ontken. Namibië se Grondwet moet aangepas word sodat streke state kan word met eie goewerneurs en senators. Miskien moet Swartbooi hom beywer vir ’n federasie geskoei op die Amerikaanse federasiemodel. Namibiërs is gereed vir iets nuuts. Inwoners is bly oor die Namibiese huis, Harambee, ens., maar inwoners voel "oppressed" deur een groep.

Moenie die regering laat betaal vir die doeanebeampte se gemors nie, laat dié persoon self betaal vir sulke arrogansie anders vreet dit weer belastinggeld op.

Wil net vir persoon sê wat belasting binne ’n week teruggekry het dat u baie, baie gelukkig is. Ek wag al amper drie maande en is gister meegedeel dat 2017 se werk nog nie eers begin is nie.

Job, so baie van ons is teen die Westerse wêreld, maar ons geniet darem die luuksheid en vooruitgang wat dit vir ons bring.

Ek vra maar net! Bediendes soek kos by salaris van N$1 200 per maand. Nou verstaan ek nie, want by my werk kry ek net my salaris. Ek moet my eie kos, koffie, tee, suiker en melk hê. Hoe nou? En dan werk hul net tot eenuur of sommige tjaila nog vroeër.

Swakopmund munisipaliteit, julle paaie is in ’n haglike toestand. Wanneer begin julle iets doen aan hierdie swak paaie? Dit breek deesdae ’n mens se motor uitmekaar. Staan op en gaan kyk hoe lyk julle paaie. Wat het van ons netjiese dorp geword?

Hondeprobleem: Bel die stadspolisie of CoW se honde-eenheid. Hulle sal daardie eienaar moet aantree.

Ek wil net weet hoe werk die gereg op Karasburg? 'n Bekende amptenaar se metgesel ry sonder ’n bestuurslisensie, maar sy kan so maklik praat van Karasburg se mense kan nie ry nie. My gevolgtrekking: verkeersbeamptes is bang.

Raad vir buurman se honde wat blaf. Neem blaffende honde af op foon. Speel dit vir buurman oor luidsprekers twee-uur in die oggend of bel hom en speel dit vir hom oor die foon. Hoe kan dit nie sy probleem wees nie?

Kan iemand asseblief die bome in Onafhanklikheidslaan nat maak. Anders vrek dit ook en wat sal toeriste dink.

Government finance says we have settled our debt? Perhaps in money to firms but not to the thousands who lost their jobs due to companies having to shut down or retrench people. Government has thousands of unemployed on their conscience. Viva Harambee!

Government settling their construction projects debts for 750 million Home Affairs headquarters, 320 (?) million for new Police headquarters? New buildings are not going to improve services performance and half the employees are unnecessary anyway. Surely this money could have been better spent on badly needed prisons, education, health care etc. Viva Harambee, the people don’t matter!

Fabianus Endjala se dossier verdwyn gerieflikheidshalwe in 2015. President Geingob, miskien moet u die polisiebeamptes betrokke by die saak laat ondersoek.

Goverment bloated wage bill dilema - an unsustainable civil service. Government said they reduced headcount by 10 percent yet wage bill went up by 15 percent, meaning massive salary increases. Operational expenditure accounts for 85 percent of total expenditure while the public wage bill represented 88 percent of operational expenditure for 2016/2017.

Laastens oor die pro-Westerlinge wat so aangaan. Ja, ek gebruik Westerse, gemaksugtige toebehore soos bekendgestel aan ons deur julle. Dit maak egter nie van my ’n Westerling nie. Jy en jou voorgeslagte op die ander hand, mag ook wel hier in iemand anders se land gebore gewees het, maar dit maak beslis ook nie van jou een van onse mense in onse Afrika nie. - Job

Briewe aan Republikein op Woensdag 30 Augustus, "Vooruitgang en ongerief": Ek stem saam. Die stof in Daan Bekkerstraat in Olympia is net te erg! Jy kan nie op die stoep sit nie en jou wasgoed op die draad is vuiler as voorheen! Ek was so stofsat ek het al in Augustusmaand 2016 getrek. - Oom Jan

Kan stadspolisie optree teen vandalisme, fyngestampte bottelglase op paaie. Woonbuurt Donkerhoek, Khomasdal, Windhoek.

Die "swanger" hondjie met die glimlag en die blom om die nek by lesersfoto’s het my dag gemaak!

Karin Eloff, aanpashokkies het dieselfde uitwerking op my. Die brose selfbeeld in skerwe!

Net ’n woord van dank aan die eienaars en personeel van Hotel De Duine op Hentiesbaai. Julle akkommodasie en gasvryheid is uitstekend! - Die Windhoekers

Casino's roei mense uit. Werkers vol apartheid, jou geld is goed, maar verder is daar geen respek.

Raad vir honde wat blaf deur die nag. Kry buurman se selfoon- of telefoonnommer. Wanneer sy honde blaf, bel hom en as hy optel dan sê jy woef, woef in sy oor. Doen dit ’n paar keer. Dit werk.

Ek wil graag van die publiek hoor oor daai blou “container”-winkel in Hanekam. Ek stuur my broer om ‘n pakkie sigarette (Paul Mall) te gaan koop en hulle “charge” N$45,00. Toe vra hy wat kos ‘n Dunhill. Raai hoeveel? N$54,00. Hy sê hy was geskok om te sien die kookolie is twintig rand. Nee, skaam my vrek. Is die toppie nie ‘n dominee nie? Wie kan ek stuur vir inspeksie? Ahh nee ahh. Dis erg! Moenie laat hulle julle so uitvreet nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!