SMS'e vir 31 Maart 2017
“....maar daarvan het dadels gekom....”
Die donkies. Net soos niemand verplig is om 'n bees, bok, hoender, vark of skaap te laat slag nie, net so sal niemand se donkie in 'n regering-/veeartsgereguleerde plek geslag word sonder die donkie-eienaar se toestemming nie. Tans word donkies met 'n hamer doodgeslaan en geslag, maar dít - ons mense is nie Chinese nie - is aanvaarbaar.
Maandag tot Vrydag elke oggend en elke namiddag word die pendelaars tussen Windhoek en Rehoboth geterroriseer deur verkeersbeamptes met spoedkameras. Mense wat vroeg in die oggend opstaan om te gaan werk en moeg terug huis toe in die aand. Maar naweke skitter dieselfde verkeersbeamptes in hul afwesigheid as die dronk en roekelose bestuurders die dorp op horings neem. Dan is hulle glad nie in sig nie en dit help glad nie om die polisie te bel nie, want hulle steur hulle net nie daaraan nie. Die verkeersbeamptes moet rêrig naweke ook so aktief wees soos deur die week.
Ons sal seker wintertyd behou. Die betrokke minister het te laat wakker geskrik!
Mnr. Shifeta, Kai Rust sit in die tronk omdat hy 'n stroper per ongeluk geskiet het nadat stropery in die omgewing handuit geruk het en die polisie niks doen nie. Let wel: 'n beweerde stroper en nie 'n onskuldige kind nie. Sluit die weermagmanne toe of laat Kai vry. Julle praat met die gesplete tong van 'n slang en speel politieke speletjies.
Stad Windhoek, waar is ons rekeninge vir die maand? Dit word gewoonlik vanaf die 20ste ge-epos. Tot op hede het nie ek of my besigheid ons rekeninge ontvang nie.
Comrade President the xenophobic attitude of our SWAPO elected councillors affects our party negatively in Kunene. CRO suspension without any reasonable grounds, shebeen strategies by the Chairman in frustrating of Damaras in key positions, blocking Damaras from any future appointments are some of the issues.
Eto mense van Groot-Aub, die taxis het N$2 gesoek vir N$12 en is afgekeur. Die busse van Groot-Aub - waar het hulle aangevra vir die N$100 dat hulle nou N$800 wil hê. Laat weet vir ons asseblief. Aweh, Groot-Aub mense, maak julle oë oop. Is net nie “ja” en “amen” nie.
Belastingbasis. Oom Calle het in 2015 belowe dat die belastingbasis uitgebrei gaan word om ook die informele sektor (taxi's, sjebeens, ens.) in te sluit, maar daarvan het dadels gekom. Wanneer gaan belasting gehef word op "home brewed beer" soos tombo? Vra maar net!
Raad oor boom wat met motorolie gegooi moet word: Dink asseblief aan die besmetting wat dit veroorsaak. Grond en ondergrondse water word besmet. Kap boom uit. Kry sommer bietjie oefening ook en maak kompos of bêre vir kaggelvuur in die winter.
Die dorpsgronde van Keetmanshoop: Soms klink dit vir my of Keetmans nie deel is van Namibië nie, of ons nie ook Namibiërs is nie. Waarom kan Republikein ons nie ook 'n spreekbeurt gee nie en die keersy hoor nie. Na jare se onsuksesvolle hervestigingsaansoeke en duisende dollar in verwoeste infrastruktuur kry ons net wind van voor. Dankie. - B Brown
Ek stem 100% saam met skrywe in SMS-kolom. Dis nie die grond wat hervorm moet word nie. Dis die mens wat hervorm moet word.
Walvisbay Municipality your service stinks more then the sewerage dams. Quick to disconnect services while you advised customers to pay what they usually do because of your computer system that crashed. Shame on you.
Kan al hierdie Chinese nie teruggestuur word nie? Stuur hulle terug, want hier gaan nog groot probleme ontstaan en laat hulle die donkies uitlos. Hulle stroom nou hier in om al ons diere te kom uitroei. Kan die grootmenere nie hul oë oopmaak nie?
Wil graag weet of weeskinders se toelae ook iets bykry, asseblief. Ons kan nie leef met 'n N$250 nie. Help President, ek speel jare ook Meme Moola, maar niks gebeur.
Ai, mense. Kan julle nie maar groter karre koop nie, sodat alle liggaamsdele in die voertuig pas nie? Dan hoef julle arms nie soos 'n pap snoek by die venster uit te hang nie.
Donkies was en is nog steeds deel van Namibië se dierelewe. "Ek is ten gunste van die slag van donkies", is daar weer 'n paar regeringsmense wat geld wil maak uit die slagtery?
Raadslid Wambo, ek's totaal geskok met jou raad se persverduideliking/-verklaring. My eerste vraag is waar kry jy warthog (bosvarke) in Rehoboth? Tweede vraag is, gee dit jou 'n reg om 'n motor van N$700 000 af te skryf, want die ander doen dit. “Wambo you are busy insulting the intelligence of grade 1 children”, moenie praat van 'n grootmens, asseblief. Ek kan nie glo iemand soos jy beklee so 'n amp nie. Ek raak baie bekommerd, geen wonder Hardap lyk so nie. Bedank, jy is 'n skande vir ons Swapo-party.
Ek wil graag kommentaar lewer oor Andre van die AGS Kerk se praatjie vannoggend oor Kanaal 7. Hy beweer dat wanneer mans Vrydae vleisbraai en begin drink, dit ontstaan het van die pa's en voorgeslag. Ek wil net sê in my familie is daar nie alkoholiste nie, veral nie my pa of oupas nie, so dink mooi voor julle bewerings oor die lug maak.
As ek nie my skuld betaal nie, word ek aan my nekvel hof toe gesleep en elke draad klere van my lyf gestroop totdat my skuld vereffen is. Maar as die regering geld skuld, word alle verantwoordelikes suutjies weggesluit totdat dit hulle behaag om te betaal. Watse dubbele standaarde is dit? Mag die regering dan maak en breek soos hulle wil? Is die wette in die land net van toepassing op mense wat nie in die regering werksaam is nie?
Geagte Biskop //Gamxamub van ELKRN, sien u die skade wat u aan die kerk doen? U is besig met Pastor Thaniseb met u besoeke. Exodus Lutherse kerk groei, terwyl ons versmoor. Ek hoop Pastor Thaniseb voel belangrik, want ons biskop maak hom belangrik. Pas op, ons sal opnames doen en u sal die gevolge dra. Los die mense uit laat ons die ELKRN herbou uit die moeras. Baie goed van jou Pastor Thaniseb dat jy stilbly. Exodus 14v14.
Ek wil net vir Annelize Sheehama noem dat dit 'n seëning van bo af is dat sy soveel geduld vir haar kliënte het by Old Mutual. Kyk net al die sertifikate. Ek moet sê hou so aan, want jy maak altyd 'n plan.
Goeie môre, ek soek raad vir die Helicobacter Pylori. Was al by dokters en het twee soorte antibiotika gekry. Niks help. Groot asseblief sit in koerant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie