SMS'e vir 31 Maart 2021
SMS'e vir 31 Maart 2021

SMS'e vir 31 Maart 2021

"Eendag blou, môre rooi."
Mandy Rittmann
Is Namibië se olifante nou te veel, hens die veiling, of nou in bedreiging? Eendag blou, môre rooi. Vader van genade, hoe word die bepalings dan tog nou gemaak?

Ek wonder watter verrassings wag nog vir die Namibiese belastingbetalers buiten die N$2,3 miljard verskuldig aan die Amerikaanse maatskappy in verband met Air Namibia.

My mense van LPM, ons kan in ons party berge versit en die land uit hierdie moeras uitsleep, maar net as ons leier sy outokratiese houding vandag kan staak. - LPM van Khomas

Voor die president begin stotter of nie oor BIG, moet hy eers die finansiële gemors van ons land help keer. – Pietrossie

Hierdie munisipaliteit is regtig hopeloos. Maandae is vullisdag, maar dit word nie voor Donderdag uitgegooi nie. Laasweek se vullis staan nou nog, want die lorrie is stukkend. Dis elke week se ding. Die 2de lorrie staan amper 2 jaar stukkend. Op Hentiesbaai, as die lorrie stukkend is, dan vat hulle die tipper. Twee staan bo om aan te vat en ander onder en so word dit gelaai. Vrouens ingesluit. Dankie Henties.

Genoeg is genoeg. Hardap Regional Council het nou weer sopas 'n klomp tenders uitgereik, maar kyk - dit is net die bekende kontrakteurs wat dit gaan kry. Dit het tyd geword dat die ander kontrakteurs moet opstaan en veg teen dit. ACC, kom doen julle werk.

Ministry of Education, Hardap Educational Regional Director as concerned parents, we would like to know what happened to the sexual harrasment and molestation of schoolboys that was laid against a former teacher at Mariental High School who was sent to the Rehoboth TRC while further investigation was allegedly ongoing. All of this happened almost 3 years back and nothing has been done to this person yet. Should another school boy first be raped and his life ruined before something happens? We want answers please.

Ek is stééds op soek na pickled fish in blikkies op Mariental. Ek soek nou al 5 jaar daarna. Waarom word dit nie meer ingevoer uit SA nie? Ons soek nie sardyne en tuna nie!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!