SMS'e vir 31 Mei 2017
SMS'e vir 31 Mei 2017

SMS'e vir 31 Mei 2017

“...was ruim geld geskenk...”
Mandy Rittmann
Die aanval op onskuldige mense in die dorp het nou erger raak. Ek wil weet waar is die City Police as die rowers so vrylik mense op straat aanval en brutaal slaan en van hulle se besittings roof. Windhoek munisipaliteit en City Police moet die sekuriteit verbeter of anders omtrent elke straat met CCTV-kameras voorsien. Asseblief, help julle vir ons! Die gewetenlose rowers sal ons begin dood. Waar kan ons gaan of hoe moet ons ons wonings beskerm?



Hierdie land loop dieselfde pad as Suid-Afrika. Dinsdag word oor die nuus om 07:00 gesê dat inbrekers nie gekonfronteer moet word nie. Dit gee dus die vuilgoed luidkeels toestemming om te steel, aan te rand en te moor. Hy oortree wetend op privaat eiendom met 'n doel. My eiendom en geliefdes gaan ek beskerm met my lewe. Ek het opleiding gehad om dit te doen. Ek ken die wapenwet. Ek is gereed en het nie genade nie. Ek glo daar is baie inwoners van die land wat voel soos ek. Keelvol!



Kyk weer die o.18 rugbyspanne. As ons net die spanne sonder reserwes vat, is dit 76% van drie skole in Windhoek se kinders. Ek wonder wat sal gebeur as daar uit al die ander streke wat daar was en waarvan seuns nie gekies is nie 'n span gekies word om proewe teen die gekose spanne te speel (na 'n week se oefening). Ek reken daar kan 'n verrassing of twee wees.



Besighede in Namibië, maak gebruik van die klein "transporters", want dis ons en die regering wat julle bou, maar jul maak gebruik van die Suid-Afrikaanse maatskappye. Hou op diskrimmineer, jul breek ons land af.



Mr Utoni Nujoma, a nation without a culture is a nation without roots. Well, as a nation Namibia does not have a culture. Each tribe is just with its own culture. Other countries do have a culture as a nation e.g. Angola.



Refering to Tourismus June 2017. The road from Grunau to Ai-Ais is C12. The road from Karasburg to Seeheim is C10. Please correct your mistake.

(Die nommers van die twee paaie is per abuis tydens die ontwerpproses omgeruil. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Sien onder die korrekte beeld. - Redakteur)



Ek wil weet of daar geld is om die oortyd te betaal? Die PS sê daar is nie probleme nie, maar hoekom word die staatsamptenare nie uitbetaal nie. Laat weet asseblief.



Ek het 'n plan met Rehoboth se onwettige taxi's. Laat alle taxi's gaan registreer by die verkeersafdeling met sy permit en PDP. Gee elke taxi 'n nommer soos in Windhoek, dan kan die "traffics" meer kontrole hou oor die rooftaxi's. Ek sien net elke dag nuwe taxi's bykom.



ELCRN Bishop //Gamxamub why is the church not sending young pastors for further studies? Do we have a academic future?



Ons wonder net wanneer gaan die begraafplaas skoongemaak word. By 'n begrafnis in die Bontkerk het die pastoor donasies gevra om die begraafplaas skoon te maak. Daar was ruim geld geskenk, maar tot op datum is daar blykbaar nog niks gedoen nie. Die geld was uitdruklik gevra om die skoonmakers te betaal. Moet die geld eers rente trek of hoe?



Die vorige eienaar van 'n groot private maatskappy het sonder die wete van die werkers die besigheid aan sy seun en vrou oorgegee as die nuwe bestuur. Wat is die prosedure daarvan? Werkers wil weet, help ons.



Ag, na al die jare is dit steeds dieselfde ou storie. Windhoekers wat bevoordeel word. Dit is eintlik 'n skande. Baie goeie spelers moet maar tevrede wees met die troosprys van Akademie-span, want boeta van Windhoek moet mos Cravenweek kry. Ons ouers en publiek is al naar hiervan.



Dame by Okuryangava-kliniek, die afgelope drie weke was die kliniek silwerskoon. Hou dit asseblief so skoon.



Met verwysing na plaasprodukte in Gobabis. Wou net weet hoe kan ek dit bekom as ek in Rehoboth bly?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!