SMS'e vir 4 April 2017
“...kuier tot lippe teen die klippe...”
GIPF herregistreer elke 3 jaar. Psemas, julle moet dit ook doen. GIPF trek mos die medies af en Psemas ontvang maandeliks betaling. Ons kry ’n staat van GIPF.
Die minister van myne kla oor diamante wat uitgevoer word en geld wat die land verloor. Maar hy dink nie daaraan hoeveel geld verlore gaan en hoeveel werksgeleenthede hy weerhou van die land se mense, en dat hy armoede bevorder deurdat hy ’n klomp myne se lisensies nie wil toestaan nie. En die werkloosheidsyfer styg elke dag. Dink hul net aan hulself en nie aan die res van die land nie? Is dit hoe mens werkverskaffing bevorder of moet jy ’n "China company" het. Ek dink die president moet bietjie aandag gee aan die saak as hy armoede wil uitwis en werk skep.
Ek is as plaaskind soos meeste van my vriende en kennisse heeltemal gekant teen enige donkieslagpale. Waar gaan al die donkies vandaan kom vir so ’n industrie? Hoekom wil die Oosterlinge al ons diere net doodmaak? As dit nie ons renosters of olifante is nie, is dit ons ietermagos! Een van die dae bou hulle honde- en katteslagpale! Ag nee wat, gaan slag julle eie donkies daar in China.
Ek ry anderdag deur die Academia-uitbreiding duskant die perdestalle wat in 2014/15 deur Stad Windhoek uitgesit is vir eerstekeerkopers. Groot is my verbasing toe ek die klomp dubbelverdiepings daar sien, waarvan die meeste te koop is. Daar is geen erns met die verligting van die behuisingsnood nie.
Is verlede week deur Usakos na Uis se kant. Liewe aarde! Dis darem vreeslik vuil. Kan hul nie daar iets doen nie?
Keetmanshoop munisipaliteit, kry julle nie skaam vir julle vuil dorp nie? Dis absoluut genoeg om ’n mens seer oë te gee as jy Keetmanshoop binnekom vanaf die suidekant. Wat moet toeriste van dit dink? Die enigste wat kan werk, is bou ’n ses meter hoë skeidingsmuur vanaf die B1 "truckport" tot regoor die hospitaal, al teen die hoofpad. Dit lyk vieslik!
Wat is ’n luiperd en ’n daggablaar? Roei hulle uit. Vir wat kan die goed nog beskerm word?
The person that posted on Facebook about not getting excess to toilets in shops is really a joke. I am from Walvis Bay and if you go into a shop you buy your stuff and get out. You do not advertise yourself for a toilet and waste time to argue about it. The best of it is that you were traumatised. If such petty things traumatise an individual then surely the common flu will kill you.
Is daar dalk iemand wat ’n rolstoel het vir ’n pensioenaris wat nie meer kan loop nie. Help tog as u kan. Skakel 081 245 2377.
Long Beach residents complain about speed, loud music from vehicles, intoxicated drivers, loud traffic noise at night and can’t sleep at night, and want the beach closed? No way, that is public space! Learn to live with it. Try living near a main road where trucks drive all night, hooting, nerve wrecking noise of down-gearing, house trembling, windows vibrating, cars speeding, tyres screeching etc, etc, and when you complain to the municipality to stop truck traffic at night they tell you you should have bought in a different, quieter area. So why should you get preferential treatment?
SWAPO PLAN top brass implicated in torture saga (article in Confidante). New book A journey to exile by Keshii Pelao Nathanael implicates Swapo leadership in exile of atrocities against Namibians between 1975 and 1989. Should make interesting reading!
Ek het ’n paar SMS’e gekry wat sê as ek belastinggeld skuld, kan ek 20% betaal en die res word afgeskryf. Hoekom kry ons arme pensioenarisse wat elke maand iets moet wegsit om ons belasting te betaal nie ook afslag nie? Baie onregverdig.
Julle berig oor die Namibiese ekonomie is te eensydig en negatief. Die hele wêreld het terugvalle gehad, en ons het darem nog met iets gegroei. Miskien moes julle van kundiges gebalanseerde kommentaar kry? Ek reken egter julle opskrif was korrek gewees en julle berig feitlik objektief. Geluk! - Windhoeker
"Terroriseer deur verkeersbeamptes." Ek dink hulle moet ’n slag die spoedkameras los en kyk na onpadwaardigheid. Beweeg Vrydagaand vanaf Rehoboth-Suid/-Noord in die rigting van Windhoek. Ongeveer 900 plus voertuie waarvan omtrent 370 onpadwaardig is. Is dit nie een van die redes vir die baie ongelukke nie?
Oor die AGS-praatjie oor drink om die braaivleisvuur: Een leser sê in haar familie is nie alkoholiste nie. Dis nou so. In Namibië is daar ook nie drinkers nie, net suipers. Jy kan maar naweek vir naweek kuier tot lippe teen die klippe, solank daar net nie ’n woord soos alkoholis iewers opduik nie. Dit kos ’n blinde om ’n dowe te oortuig. - SAP&H
Motorolie vir ’n boom om dood te gaan: Ek het nie bedoel gooi ’n hele kan olie uit nie. Net ’n bietjie in die gate wat jy in stomp maak. Dit kan definitief nie ondergrondse water besoedel nie.
Tydsverandering is al 26 jaar ’n probleem, en daar is steeds wette wat die regering nog nie geimplementeer het nie. Is daar steeds werkende Namibiërs wat in wonderwerke glo?
Ek stem saam met die mense wat sê die meeste van ons sjefs weet nie hoe om ’n "rare", of "medium rare steak" te maak nie, en "rare" beteken nie rou nie. Dis of "well done" of rou.
Raad vir Helicobacter Pylori. Gaan na Fountain of Health in die Eros-inkoopsentrum. Hulle sal die gogga vir jou uitsorteer met alternatiewe medikasie. Antibiotika is nie die oplossing. Ironies genoeg sit 60% van Windhoekers met ’n "overgrowth" van die bakterieë. Universiteit van Namibië is besig met navorsing. Neudamm-studie nog nie klaar. Hul kyk na moontlike veranderlikes soos Windhoek se water. Kan nog nie bevestig word nie. Sterkte!
Soek raad vir omlope wat baie pla, asseblief. - 081 203 1685
Kan iemand vir my help met kopluise asseblief? My dogter het van Omaruru af met dit Windhoek toe teruggekom. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie