SMS'e vir 4 April 2019
"Ek hoor jou noodkreet."
Die CEO van ’n sukkelende SOE kry ’n Range Rover as ampsmotor? Hy behoort ’n kruiwa te kry tot tyd en wyl New Era ’n wins toon en tot die staatskoffer bydra. Die raad van New Era behoort afgedank te word. Hulle spandeer geld wat nie daar is nie.
Die leser wat kla oor Psemas se 100% verhoging. As dit selfs 300% verhoging was, was dit nog steeds veel te min en te laag. – Sass
Die skrywer van die vraag oor GIPF se verhoging. Ek het persoonlik daar gebel, dit is 5%. Enige comrade wat net dink daaraan om ’n besigheid te begin, kan maar net kom, die aansoek vir ’n lening is klaar goedgekeur. Eers het oom Calle die N$50 verhoging vir kieriepay aangekondig, toe die nuus van ’n sekere groep oumense wat nie soos gewoonlik die 4de April sal pay nie. Nou wag ons nog net die nuus oor Psemas.
My hart het uitgegaan na die berig in die koerant van die boer wat wys hoe lyk dit 40 km buite Kararasburg. Ek hoor jou noodkreet. Ek is bereid jou help met kleinvee, ons het ’n bosplaas. Kontak my, 081 307 2719. God bless.
Godfrey Kleinhans. Bring my asseblief die kaart en transport van die wettige eienaars teenoor die besetters van lande in Afrika. Dit is bitter jammer dat sekere mense en lande se geskiedenis, veral in Afrika, net teen 1652 en in die vroeë 1800’s begin.
Kan ’n dame ’n kind se geboorte registreer in die vader se afwesigheid?
Hoe is dit moontlik dat die chirurg N$2 400,00 en die narkotiseur N$4 500,00 eis vir dieselfde pasiënt. Klein operasie, net 20 minute se werk. Bygesê, miskien sit ek die pot mis, of kry die handlanger meer as die bouer?
Admiraal Peter Hafeni Vilho, miskien lees jy nie Engels nie en het dalk politieke ambisies, maar dis die inwoners, met ander woorde, die belastingbetalers se geld, wat jou in die weermag hou. Om siek en sat te word oor die geteem, dui op ’n gebrek van oordeel. Behoed ons as ons aangeval word!
To my SMS colleague on drain in Smith Street overflowing. Drains are no more on CoW and the government agenda. In short time overflow of other nearby drains will merge towards dry riverbeds which become open sewerage pipes as is in Katutura. Why hepatitis E panic? Why still have a sewerage division(s) in CoW? Sterkte Smith Street!
Hartseer dat mense wat charity-goed kry, soos in kos, klere, vleis en als, dit gebruik vir hulself en dit verkoop, terwyl daar baie mense in die omtes is wat honger kry en nie werk nie. Wat is die doel van al daardie goed wat hul verniet kry?
Asseblief! Laat government na die hostelwerkers kyk. Mense gaan met hulle eie klere werk toe, het nie eens werkskoene nie. Dankie.
Dankie Republikein, dat dit steeds vir julle van belang is om die land se waghonde te wees. Waar die polisie, ACC en Ombudsman nie bykom nie, is julle en word misdade soos die stelery van bome in die Noorde steeds onder ons aandag gebring. Hou so aan!
Sommige betoog dat ons nie altyd kan weet wat die bedoeling van die Here is nie, en dat Skrifhantering en verstaan slegs aan sekere uitgelese, gekwalifiseerde individue oorgelaat moet word. Lukas 17:1 is egter baie duidelik uit die mond van Jesus, dat dit onvermydelik is dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. Die ganse Christendom, van skaapwagter tot president, is geseënd met ’n persoonlike verhouding met, en volle toegang tot God en sy bedoelings ná die skeur van die Tempel se voorhangsel. Liefdevolle aanvaarding en simpatie mag goeie eienskappe wees, maar op die einde van die dag sal elkeen moet rekenskap gee van homself en die aard van sy of haar persoonlike verhouding met God.
Mariental munisipaliteit hou van skatting op waterlesings en kraglesings. Ons moet altyd ’n fortuin betaal op geskatte bedrae. Is mos nie regverdig nie? Kan iemand asseblief ondersoek instel? Dankie.
Aangaande die Lodewyk van Graan en Sean Naude sage. Mnr. Naude is ’n selfaangestelde sheriff terwyl adjudant Van Graan ’n aangestelde reservis by Nampol is. - Carl van Huysteen
Ek dink die persoon wat altyd in volle swier opdaag, sal vrygespreek word, omrede die staat glo nie bo redelike twyfel kon bewys dat die beskuldige wel skuldig is aan enige misdryf nie, of hoe? Die getuienis is te verdoemend, so ’n sondebok moet gevind word. Wie anders as die ondersoekbeamptes dan? Aai, die politieke kleure en standplaas van waar, skep ’n veillige hawe net vir sekeres, of hoe?
Aan New-mann Groïntics. Jy as nie-gelowige is heeltemal reg. Sielkundiges, psigiaters en skrifgeleerdes gaan jou nie kan help, net Jesus Christus sal kan. Deur Hom is alles moontlik.
Swakop Town Planning: People must people and cannot look at amendment 67 maps and plans at the municipal offices. Why don’t you put them on your website so people can look and inform residents, or is it your intention that people don’t know and cannot comment or object? Is this the new style of public meetings like the Sur La Plage?
Ek wil net ’n klip in die bos gooi. Daar word so baie gekla oor Schlip se polisie, maar wat van die klomp ou mense wat so saam met hul kinders drink en nog dansbane toe hardloop en skandes gaan aanjaag? Dink jul nie dus tyd vir aftree nie? Jul sleep Schlip se naam deur die modder.
Die skrywer van die SMS in Republikein van 2 April 2019 oor Rehoboth se skoolhoofde is baie reg. Die meeste van die hoofde in Rehoboth bestuur hul skole asof dit hul privaat besighede is. Onderwysers word onder soveel druk gesit dat hulle bang is om hoofde te vra vir verlof. Hulle het geen simpatie met hul personeel in tye van siekte nie. Hoop die nuwe waarnemende direkteur in die Hardap-streek sal aandag gee hieraan.
Ek het op 2 April by Diesel Elektriek vyfster diens van mnr. Grassie en hul ontvangsdame, Cathline, ontvang. Baie dankie. Tevrede kliënt. – MPMultichoice, asseblief ons wil graag ’n kanaal hê waar ons rugby kan kyk. Ek kan nie die duur pakket bekostig nie, maar asseblief net ’n kanaal met rugby sal regtig doen. Daar is so baie sokker en flieks en ander kanale. Asseblief!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie