SMS'e vir 4 Augustus 2020
SMS'e vir 4 Augustus 2020

SMS'e vir 4 Augustus 2020

". . . hulle is te veel . . ."
Mandy Rittmann
Republikein van 31 Julie 2020. Gesondheidswerkers in kwarantyn. Weet sommige mense wat hulle sê, dink hulle voor hulle praat? Ofskoon hy toegegee het die land beskik nie oor genoeg gesondheidswerkers nie, sê Shangula die meer as 50 gesondheidswerkers wat tans in kwarantyn is, benadeel nie die land se vermoë om die pandemie te bestry nie.

Die mense wat wetende dat hulle Covid-19 het nog steeds uit die kwarantyngebiede gegaan het, moet sodra hulle gesond is sommer 2 jaar tronkstraf kry sonder parool. Hulle stel baie mense se lewens in gevaar deur hulle selfsugtige optrede.

Baie mense verloor hulle werk en baie se inkomste word met die helfte gesny. Government moet sy ministers met die helfte verminder, want hulle is te veel vir so ’n klein land. Die wat oorbly, president ingesluit, se salarisse en voordele moet ook gesny word, want hulle leef in weelde waar ander nie kos het om te eet nie. Wat ’n skande!

President Hage! Ons verloor ons besittings, rekenings hoop op, slagpale in Hardap staan stil, lewende diere gaan uit RSA toe. Ons sien trokke loop.

Die virus. As mens sien hoe die Chinese hulle strate spuit teen die virus en daarmee sukses behaal, kan die regering ook verantwoordelikheid neem om alle voertuie wat oor die grens kom se wiele te spuit. Hoe gaan ons ooit ontslae raak van die virus as ons nie drastiese stappe begin neem nie. Kommerwekkend is dat die virus hom nie steur aan winter of somer nie!

Geagte minister van gesondheid. Ons wil graag net duidelikheid hê. Ons Namibiese kinders wat in die RSA skool gaan, kan u vir ons duidelikheid gee vir as ons die kinders vir die RSA skoolvakansie wil laat huistoe kom? Die vakansie is ook maar net basies 10 dae lank. As hul 2 weke moet kwarantyn sit, help dit nie hul wil graag huistoe kom nie. Is daar ’n moontlikheid soos wat in die koerant staan dat hul vir 7 dae by hul eerste bestemming kan bly, want ek is onseker omdat daar op een plek in die koerant staan terugkerende Namibiërs moet 14 kwarantyn. Help ons asseblief.

Sal goed wees as Namibiese rugby bietjie gaan leer by Namibiese krieket hoe om ’n sportkode te administreer.

Namibiërs, vir ons eie gesondheid lees The Virology Journal van 22 Augustus 2005 op die Internet. Kennis is mag.

Fuel price increase instead of a decrease after the ultimate low barrel price for months. Time for this bankrupt and corrupt government to go because of the empty State treasury.

’n Leser het so ’n week of twee gelede ’n SMS na hierdie kolom gestuur waarin hy of sy gesê het hoe skaam hy/sy is om ’n Afrikaner te wees, omdat ons ou volkie so skelm en sleg geword het. Ek moet sê, ek sekondeer sy stelling, want ek wil nie sê dat al die mense van ’n sekere dorp in ons land skelms is nie, maar die Vader weet die meeste skelms in my lewe het ek in die dorp en omgewing te doen mee gehad. Nou wonder ek waarmee moet God nog hierdie dorp tref, voordat sy mense tot inkeer gaan kom.

Nee wag ’n bietjie. Ek soek nie kwaaivriendskap met Adam nie. Die kind se naam is sedelike verval. Voorbehoed het selfbeheersing vervang. Kyk nou net waarin ontaard dit nou! Ons het mos gepraat van 50/50? Daar is net een uitweg vir ons. ’n Hartsverandering teenoor Jesus. Erken dat jy ’n sondaar is en hulp nodig het. Dit is die eerste stap van geloof. Dit is waarvoor Hy wag. Soek en jy sal vind, klop en vir jou sal oopgemaak word. Die poort van geregtigheid. Ps. 118. Vrede my kind. - J.C.J. Kotzè

Die Afrikaanse nuus om 7 uur op NBC laat veel te wense nadat dit nou in Engels aangebied word deur persone waarvan Engels ook nie sy of haar moedertaal is nie. Dit is nou koebaai Afrikaans op NBC vir my forever! - Amos Kaniksverstaan

NamPower lorrie met kraan agter op wat veronderstel is om 80 km per uur te ry, steek my verby op draai met sperstrepe terwyl ek 100 ry net om een kilometer verder by Osona voor my in te draai. Saterdagmiddag 5uur, 25 Julie 2020. Hy sal weet, want ek het vir hom vinger gewys met my rooi Ford Capri.

Thanks to the gentleman who helped me on Sunday, August 2 at 08h30 when my car was stuck at the corner of Schanzenweg and Robert Mugabe Avenue. Also to the men who were walking by and stopped to help. I appreciate it very much.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!