SMS'e vir 4 Desember 2019
SMS'e vir 4 Desember 2019

SMS'e vir 4 Desember 2019

"Hoe leef hulle . . ."
Mandy Rittmann
Wat is nou fout dat die man op straat nou wil oorstem? Dit kos mos baie geld. Of besef hulle nou hulle het verkeerd gestem?

Aaaghh asseblief! Nou is dit doodsdreigemente etc.! Dit is ’n baie slim politieke set om die Fishrot- plus diamantskandale van die voorblad van koerante te skuif, uit die oog uit. Knap gedoen!

Korrupsie (geldwassery, bedrog) én dit gepleeg deur ministers én medepligtiges van hierdie regering! Hoe leef hulle met hulle gewete? Dit bly steel, blatant diefstal. Weet die mense nie hulle moet ophou met korrupsie en dat God alles sien nie? God sal hierdie land straf én God sal sy seën van hierdie land terughou.

Waar ons nou op hierdie onderwerp van korrupsie is, kan ons ook aangaan met ons bankrot munisipaliteite. Daar skuil ook baie blink motors ens. Ons is pensioenarisse en was verlede maand kort op ons betaling toe daar ’n arrogante heer gestuur is om ons water af te sny. Ons het ons hele lewe lank gewerk en altyd betaal. Wie moet betaal en wie nie? Julle wiel gaan ook nog draai!

President Geingob. Voordat buitelandse joernaliste jou weer voorspring, moet jy dringend ’n spesiale ondersoekspan aanstel oor die houtstropery. Inligting dui daarop dat die hout nou by 'n myn in verskepingshouers gepak word en as uraanoksied verskeep word. Houtvrot en Chinese is sinoniem. Jou minister weet hiervan.

29 jaar en die land is bankrot. 40 persent van die bevolking stem nie. En die res vir Swapo. Ek is geskok. Laat julle verder honger kry en swaarkry. En moet nie weer beswaar aanteken nie. Julle het jul kanse verbrou.

Geluk aan die verkiesingsbeampte by Rooisand wat ferm en beslissend opgetree het gedurende die verkiesing en die partylid wat aangedring het dat sy ondersteuners moet stem met die verkeerde dokumentasie op sy plek gesit het. Hy het toe maar die aftog geblaas.

This illusion that presidential elections alone equals democracy must stop. Democracy is about giving people equal choice over the lawmaking that affects their daily lives. Were Namibians ever given choice? Did Namibia ever witness a single public referendum in its history? We don’t need American democracy, that’s just as fake as their news and principles. In fact, democratic rights and freedoms in Namibia is determined by skin color alone. Where is the democracy in that?

Bylae in gister se koerant. Onder 3’s moet in ’n kindersitplek gegespe wees. Klink baie reg. Ek praat onder korreksie, maar volgens laaste Gazette wat ek gesien het, mag geen kind onder 7 op ’n voorsitplek sit tensy die voertuig nie ’n agtersitplek het nie, byvoorbeeld ’n bakkie. Geen haan kraai daarna in Namibië.

Otavi, doen asseblief iets daadwerklik aan die bees en donkies wat so vry loop op die hoofpad. Hoeveel ongelukke wil julle nog hê?

Ek wil graag verneem wanneer kry ons e-posstate van City of Windhoek? Ek het verlede navraag gedoen en die dame sê die telefoonlyne is buite werking.

Ek wil graag weet: is voordele vir senior burgers nie op Karasburg van toepassing nie? Ons staan vir ure in rye by alle betaal- of ATM-punte.

Op Schlip is ’n antie wat werkers aanstel, hulle vertel wanneer en hoe hulle moet werk, maar as betaaldag kom, besluit sy ook om hulle te betaal wat sy wou en dan vra sy die persoon om nie weer te kom nie. Sy is aangestel sonder enige kontrak, niks op skrif nie. Wees gewaarsku, ouma: ons leef in ’n verligte eeu. Gee haar die geld wat jy haar skuld. Dit wat jy haar gegee het was nie die ooreenkoms nie en hou op mense inloop. Gaan jy dit ook aan jou kleindogter doen?

Kan die munisipaliteit van Hentiesbaai asseblief spoedwalle in die resiesbaanstrate soos byvoorbeeld Spitzkoppe oprig? Die seisoen het nog nie regtig begin nie, maar die resies in die strate is al in volle swang.

Kalkrand 2020, LPM tafel, PDM stoel, Swapo krummels en RDP vatdoek. - Jan Dollos

Spreuke 28:29. ’n Betroubare man sal geseën word. Een wat ten alle koste gou ryk wil word, gaan moeilikheid kry.

Die temperatuur van ons heelal toon ’n jaarlikse opwaartse kurwe. Of dit nou deur mensgemaakte gasse of die natuur se manier van vernuwing is, maak nie saak nie - dit styg! So as jy slim is, trek kus toe, of jy nou die roes gaan konfronteer of very well done doodgaan, die keuse is joune. – Hellrider

Gobabis polisieselle. Doen asseblief vir ons iets. Geen, geen kos. Sommige van die gevangenis is op ARV en ander medikasie. Help, help, help Republikein. Namens prisoniere. Regards member of the police.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!