SMS'e vir 4 Februarie 2020
SMS'e vir 4 Februarie 2020

SMS'e vir 4 Februarie 2020

"Wet en orde . . ."
Mandy Rittmann
Dit is die begin van drama. Leerlinge word mos toegelaat om te doen en sê wat hul wil. Wet en orde mag mos nie toegepas word nie. So lyk die onderwys. Ons sit in kantore en weet nie wat aangaan in die onderwysers se klasse nie. Onderwysers het nie ’n sê nie. Ons wat onsself Christene noem.

Ja, leerlinge word geskors. En sê nou daardie onderwysers is doodgesteek? Wat sal skors help? Voorkoming is beter as genesing. Bring lyfstraf terug. Al kry die skoolhoof die reg om lyfstraf toe te pas.

Og, die arme onderwysers! Dit is nou al ‘n paar keer wat ek hoor 'n leerling het onderwyser gesteek by die skool. Dit het al seker baie kere gebeur. Ons die ouers moet nou iets sê, dit raak erg. Hoe kan jy ’n kind leer wat jy nie kan tug nie?Kinders moet wyn drink, tabak rook, dagga rook, pille rook, klomp goed wat gerook word en dit is skoolkinders wat daardie goed doen. My liewe ouers, laat ons mekaar se hande vat en iet doen of sê. - Bekommerde ma van die Suide

Die coronavirus maak dood! Bly weg van mense wie in China was sedert November 2019.

Coronavirus. Vlugte na en van China moet in samewerking met die Chinese ambassade gedoen word. Los ras, xenofobie, ens. uit die prentjie. Kom ons vestig ons aandag op die realiteit. Kan Namibiese hospitale 3 000 en meer siekes op ’n slag hanteer? Daar is geen mediese gesigmaskers in die land te kry nie. Ons moet die vraag vra of Namibiërs se lewens belangriker is as Chinese geld? Of het ’n state capture alreeds plaasgevind?

Rugby in Namibië gaan net agteruit op nasionale vlak. Hoe hartseer is dit net nie, nadat ons paar jaar terug vir Italia en Ierland nog geklop het.

Wel, die NRU en sy huidige bestuur moet ten volle verantwoordelik gehou word omdat Kenia voorkeur kry by Rugby Africa. Vir die Concerned Group gaan dit oor eie agendas. Tot die handjie vol refs, met onbevoegde lede op die bestuur, loop deur, soos Spyker, Armand en kie. Waar is Jacky, Danie von Solms en Harry en Melvin as bestuurslede? Toe het dinge nog gebeur.

Rehoboth Town Council. Kind het weer hepatitis opgetel in Blok E. Tel die groot vullishope op!

As ek as ’n pensioenaris nie my munisipale rekening van gemiddeld N$5 000 per maand betaal nie, word my dienste opgeskort. Verduidelik asseblief vir my hoe kry andere dit reg om agterstallige rekeninge van ’n miljoen dollar op te bou!

Ai, om te sê jy mag aanhou steel en net vergifnis vra, is bog. So ’n boodskap moet nie in ons koerant verskyn nie, dit kan mense mislei.

Kan iemand vir my die nommer gee van mense wat brandrissie-olie maak. – 081 422 8181

Ek is op soek na tweedehandse sinke. As u kan help, my nommer is 081 803 1791.

I cannot tell whether Crowd 1 is legal in Namibia but after research on the internet I will not invest with them. The domains of two gaming/gambling/betting platforms have been registered by the same people who registered Crowd 1. Would you put your money with a business that does business with itself?

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!