SMS'e vir 4 Januarie 2021
SMS'e vir 4 Januarie 2021

SMS'e vir 4 Januarie 2021

". . .met die armes ook beter. . ."
Mandy Rittmann
Kind met panga aangeval? Wanneer word beheer oor pangas opgeskerp? Elke Jan Rap en sy maat loop met een rond, want dit is gereedskap. Almal gaan mal oor vuurwapenbeheer, maar pangas kan orals gekoop en gedra word. Iemand moet wakker word!

O dear, O dear! This country is dead broke and it’s not because of the recent drought or of Covid-19, but the self enrichment of some high officials and that ugly word called corruption.

Hoekom praat die ministers wat weet nie van al die korrupsie nie? Is hulle bang hulle verloor hulle posisie? Kom uit met die waarheid, julle weet. Dan sal dit met die armes ook beter gaan.

Iewers in die Ella du Plessis-rooftog ruik ’n rot. Iemand binne het informasie gegee? – Baster

Wel gedaan NG Kerk, Eros. Fourie, hoekom doen jy Job se job vir hom? Sodat CoW groter bonusse aan die bestuur kan betaal, of sodat hy nog land kan grab? Sterk hul in hul kwaad, of kyk dat ons mooie land nie verder verval nie? Ek is in twee.

Geen masker in die bank? Dra jou masker as jy dan so graag wil, maar hou op om soos ’n skoolkindjie te klink as iemand anders nie so bang is soos jy vir die Covid-spook nie.

Ek wil net graag weet wat is Telecom se storie met ons telefoon wat met die Flexicall-kaarte werk. Dis al vanaf 10 Oktober 2020 dat ons nie kan uitbel nie. Laaste wat aan ons belowe is, is dat ons laas week ’n antwoord sou hê, en hoe hulle ons te moet gaan kom. Ons bel al van gister af, maar geen antwoord anderkant.

Windhoek munisipaliteit, dit is ’n skande hoe ons stad se tuine lyk.

Die naam Jesus as die Christus is ’n groot probleem vir die argitekte van die Nuwe Wêreldorde en ons as lesers werk blindelings saam om hierdie doel te bereik. Die nuwe vertalings van die Bybel dra daartoe by dat Sy naam uit die Ou Testament uit vertaal word. Lees asseblief op die webtuiste www.2016vertaling.co.za die boekie. Wil ons ‘n Ou Testament sonder Christus hê? Geskryf deur Prof. PW Hoek en Ds. Danie Haasbroek.

So beskerm president Hage die Chinese, maar sy eie mense gaan onder. Lekker nê. President doen iets.

By Gochas Village Council gaan dit lekka. Voertuie word dronk, dronk gery, manne dink dus hul eiendom. Menere pasop, julle mag dalk spyt wees. Councillors en CEO sien julle dit kamma nie?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!