SMS'e vir 4 Januarie 2021
SMS'e vir 4 Januarie 2021

SMS'e vir 4 Januarie 2021

"...pad is nou oopgemaak..."
Mandy Rittmann
Die 1ste Fishrot beskuldige is vry op borgtog. Die ander volg spoedig, want die pad is nou oopgemaak vir hulle. Daar gaan niks van kom nie. Namibië word of is verkoop vir ’n bord lensiesop. – Basterseun

Gondwana, baie dankie vir goeie diens en vriendelike personeel by jul lodges. Julle lodges is baie netjies en die verblyf daar was regtig nog altyd die moeite werd gewees. ’n Mens voel altyd welkom, hou so aan! Ons wens julle net die mooiste en beste vir 2022 toe.

Ek was regtig skaam en teleurgesteld oor die toestand waarin Ai-Ais nou is. Dit lyk glad nie goed nie! En die ergste is, hoekom word die plek nie toegemaak terwyl dit so lyk nie. Toeriste kom soontoe, sonder dat hul weet in watter toestand die plek is.

Dis baie warm in Keetmanshoop gedurende die fees- en vakansietyd en die dorp se swembad is weer toe. Raadslede, kan julle tog opvolg wat werklik aangaan met die fasiliteit as deel van julle verantwoordelikheid teenoor die inwoners van ons dorp.

Mayor of Windhoek. Why were the lights of the Bethlehem Star (on top of the Cone Reservoir) not switched on during this 2021 Christmas Season?

Het mense dom geword of word hulle betaal om stil te bly? Nét Covid negatief en Covid ingespuite mense mag oor grense reis. Tog versprei Corona- en Omicron-virusse. So wié versprei die virusse?

Ek wil die woorde “Geseënde Kersfees” nooit weer hoor nie. Vandag, 25 Desember 2021, was weer net ’n aaklige dag soos al die vorige Kersdae. Ek haat ’n Kersdag. Doelbewus uitgesluit? Ja! Hoeveel ander ervaar ’n uitgeslote Kersdag? Duisende! - Ongelukkig Hartseer

Inwoners van Gibeon en mense wat in kerk is vir begrafnisse, Hendrik Ismael Witbooi is die Kwoweses se kaptein. Dié net laat julle weet. Leiers luister nie. Die wettige Gaob van Gibeon.

Ek haat God en satan, want soos die Bybel my inlig het die een die ander geskape. As God vir satan geskape het, dan haat ek altwee. Ek verstaan nie. As God die wêreld geskape het, hoekom moet ek land of grond by mens koop en betaal? Bestaan God?

Regtig mense, bestaan God? 081 213 6829.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!