SMS'e vir 4 Julie 2016
SMS'e vir 4 Julie 2016

SMS'e vir 4 Julie 2016

Gerine Hoff
Air Namibia. Verstaan die omsendbrief glad nie. Uitgawes moet dopgehou word, goedkoper alternatiewe - moet dit nie IN ELK GEVAL gedoen word nie? Hoekom net as dit weer eens knyp? En N$1,7mil vir die bestuur - hoe baie van hulle is daar dan? Sjoe, is ons geld nêrens veilig nie?


Waarom maak mense so ’n bohaai oor Kai Rust wat borgtog geweier is. Daar is baie van ons families en vriende wat ook borgtog geweier is, maar hulle moet glo in die tronk vrot volgens ander. Moord is moord. Ons kommentaar moet regverdig wees. Wat vir een geld, moet vir die ander ook geld.


Doer in 1974 toe Von Bachdam se sluise oopgetrek is, was ek een van vele wat op daardie damwal gestaan het en die dreuning van die water onder my voete kon voel. Daarna is die sluise eers weer in 2006 oopgemaak. Ek wil vir alle Namibiërs sê die dag wat daardie sluise weer moet oopgemaak word, is naby. Hou goeie moed.


Wat baat die noodtoestand as carwash floreer?


Wie hou die grootste gevaar in, die plaasboer wat probeer oorleef met veediefstal en wildstropers of hulle wat steel en wildstroop? Maar wie sit in die tronk?


Genade mense. President gee iets aan die oumense en behoeftiges. HY HOEF NIE. Sê dankie.


Om te antwoord oor skoolkinders wat rondloop in die aand: Dit is die ouers se plig om dissipline toe te pas. Geen ouer kan sy verantwoordelikheid afskuif op rehab sentrum nie. As daar kinders of jongmense wat probleme het met alkohol en drugs, ja daar is 'n plek in die suide van Namibia wat kan help. Souls for Jesus ministries, nie-winsgewende inrigting. Ja, daar is koste aan verbonde. Ons maak net Jesus deel van jou lewe, Hy is die oplossing vir al ons probleme. Kontak my gerus by 081 582 3290.


Die SMS wat lui " As iets nie by jou gebeur nie praat jy baie en wys vinger" . Ek stem so saam met die persoon. Ek is gebore en getoë op Groot Aub en hier is dit presies wat ek ondervind. Gesels oor niks anders as ander mense se persoonlike lewe wat niks met niemand te doen het nie, meng by mense se lewens in, Facebook oor ander mense, skinder met hul kinders oor ander groot en volwasse mense wat ook self kinders het. Vee eers voor jou eie deur, leef jou eie lewe, sê dankie jy is iemand wat volmaak is, natuurlik volgens jou eie standaarde. Maar pas net op om jou hangkas oop te maak. Netnou val jou geraamtes uit vir almal om te sien.


Waarskuwing van Okahandja Buurtwag. Kriminele teiken toeriste in Okahandja. Aktiewe tye is tussen 10:00 en 14:00. Hulle volg die toeriste en val hulle dan by hul motor aan as hulle hande vol pakkies is. Spar, Closwa, petrolstasies en PnP is fokusareas. Hou jou oë oop vir donker motors met 3 tot 4 mans. Wees paraat.


Dis ’n skreiende skande dat die uitvoerende hoof van Old Mutual ’n uitbetaling van N$203 miljoen verwag (Mark, 29/6). Dit ten koste van hul kliënte wat a.g.v. chroniese siekte of 'disability' nie meer kan werk nie. Durf waag net om ’n eis teen ’n polis in te stel dan word jy soos ’n krimineel behandel.


Die hele regeringsdienste kan vergelyk word met ’n wa wat deur perde moet getrek word om vorentoe te kom. Klomp perde wat hulle laat sleep en te lui is om te trek, ander wat die vorentoe-beweging dwarsboom deur te briek; dit is hulle wat korrup en krimineel is. Dus moet die flukse perde al hulle krag inspan, hulle vrek werk om hierdie hele spul luiaards en dwarsbomers saam te trek. Ja, selfs hulle trekwerk OOK te doen. Nou vra ek, wie wil nou daar werk as die flukse perde van hierdie toestande vooraf weet ?


Meneer die polisieman, hoekom dra jy nie jou veiligheidsgordel nie, maar handig vir elke Jan ’n boete? Of het ek vergeet dat u die " exception" is soos wat jy dit op jou bors dra?


Die gewese voorsitter van die ELKRN-sinode roep ’n onwettige sinode uit wetende dat hy nie meer in hierdie posisie dien nie. Wie wil vir wie bangmaak en mislei? Daar is ’n wettige verkose kerkraad maar hulle kan nie ingestel word nie, want hulle gaan die geheime blootlê. Die biskop moet hierdie sinode aflas, want hy het genoeg onreg toegelaat of dra die gevolge van ’n kerk wat reeds geval het.


Kan Rebekka Goases asseblief haar volksmense (#Gaban) tot orde roep laat hulle uit die Witbooi-stam /Khowesen se onderhandelinge uitbly en hulle by hulle se stamaktiwiteite skaar.


Die enigste manier wat SWATF en Koevoet geld by GRN kry, is om ’n hofsaak te maak.


Dit verstom my dat mense so verraaiend kan wees. RHS is glad nie deur “hulle” op die knieë gebring nie. Die skool was ’n gemors nog voor die vorige hoof daar aangekom het. Hy het die skool op ’n standaard gebring voor hy bevorder was. Die onderliggende rassisme en jul hoogmoedige denke en weiering om saam te werk en gesag te erken en te respekteer omdat dit van “hulle” kom, bly die ondergang van die skool. Nog ’n ontnugtering wat die “julle” sal skok, is die feit dat dit ’n staatskool is en die feit dat al hou jy 80 jaar daar skool, dit geen waarborg vir jou is om as hoof aangestel te word nie. Die prosedure vir aanstelling sal en moet tot die letter gevolg word. Onthou, 90% van die leerders is die “hulle” se kinders.


Khp council, we are not stupid as you may think. Julle sê die gemeenskap skuld julle N$52 miljoen, maar ek kan my kop op ’n blok sit van daardie skuld is dooie mense se skuld wat met rente elke maand gehef word en dan wil julle debt kollekteer company inbring om daardie geld in te vorder wat ons moet betaal. So ons benefit bokkerol, net soos julle daai huurkampe se geld afgeskryf het, want julle bly mos daar.


Die biblioteek kan my gerus skakel (Rep 24/6 se SMS). Het 7 jaar by een gewerk en nog een jaar een probeer opbou. Het dit geniet. Die boeke praat met my en sal dit baie graag wil laat lewe. Van ’n boekwurm @ 081 251 6565.


Re die stelling rondom borg van me. Tania Mueller gepubliseer in gister se koerant onder Facebook. Ek wens ons as gewone wetsgehoorsame burgers kan u glo me. Mueller. Ek wens dit regtig.


Ek is ’n swart vrou wat ’n wit vriendin het. Ons is altyd saam in die dorp winkels in en uit, maar die dag wat ek op by ’n spesifieke winkel ingaan in Otjiwarongo en wil uitgaan, vra die sekuriteit my handsak om deur te soek. Hoe verklaar jy dit? Beteken swart dief?


Ek wil besonder baie dankie sê aan die dametjie wat by Tal Valley Shell as ’n kassier werk, vir haar goeie diens en haar vriendelike dienste. Hou so aan Shirley. Nogmaals dankie.


C. Willemse het sy bruin beursie met ID, bankkaart en bestuurslisensie verloor. Indien u dit vind, kontak asb. 081 398 4626. Dankie.


Rehoboth, kan julle asseblief die potholes in die strate regmaak? Kry julle motorbande ook nie seer nie?


Soek dringend vir Jolanda Frieman asb. Laaste in RHB gesien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!