SMS'e vir 4 Junie 2019
SMS'e vir 4 Junie 2019

SMS'e vir 4 Junie 2019

". . . nie skaam of bang . . ."
Mandy Rittmann
My mond val oop. Regtig, president Geingob, ons nasie is nie skaam of bang om ons medemens te help nie, maar diep keelvol om ’n regering te moet inpomp wat ons geld misbruik. Ek stem volkome saam met Kaaronda.

Indien die kabinet met twee persent verklein word, sal daar genoeg geld wees vir die droogtehulp.

Hoe selfsugtig kan jy wees. Baie verbruikers gebruik nie 25 kubiek per maand. Waarom moet hulle jou subsidieer? CoW kan maar almal bo 25 kubiek beboet, plus ’n hoër tarief vra. As die water opraak, gaan ryk en arm sukkel.

Bosmedisyne in hospitaal? Wat ’n gemors en dokters wat nie betalings kry en onmenslike ure werk? Wie is die minister van gesondheid wat dit toelaat? Waar is die menseregtekommissie? Skande om die minste te sê! Van eens “model”-hospitale tot vervalle hospitale!

Ons moet 2% gee, maar regering kan nie eers seker maak dat daar genoeg passpoortboeke vir sy mense is nie.

Nee regtig? Waarom moet Namibiërs met 2% deel? Waarom moet die ministers in kastele bly? Waarom moet die ministers in ’n Mercedes ry? Waarom moet die ministers so ’n groot salaris kry en waarom moet ons kabinet so groot wees?

So, the government wants 2% of my salary. Let's negotiate: Give back my rights and freedoms you have stolen along with a guarantee that all Namibians shall henceforth be granted freedom and equal rights, irrespective of skin color and I shall give you 10%. Deal or no deal?

Mr. President, please read pages 10, 11, 12, 14 and 15 of The Namibian of 31 May 2019. Real eye-openers. Then you will know what Namibia thinks of the government and the ruling party!

Ek lees oor die probleem wat studente het met geld vir verdere studies. Voorheen as ons ouers nie geld gehad het nie en as ons nie ’n beurs (soos 'n sportstudiebeurs) kon kry nie, was dit “too bad so sad”. Ons kon nie gaan studeer nie en moes maar gaan werk soek en studiedrome vergeet. As ons studielenings kon kry, moes ons dit terugbetaal. Nie alle jong mense kon studeer nie, want jy moes kwalifiseer vir universiteit en jy moes baie goeie resultate gekry het om te kwalifiseer vir beurse of lenings.

Die persoon wat sê dat daar pensioenarisse in Suid-Afrika is wat ook hier pensioen kry, is 100% reg. Ek weet ook van sulke gevalle. As die regering dit kan stop, sal hulle verbaas wees hoeveel geld hulle gaan spaar.

Hendrik Witbooi en Nelson Mandela. Die twee ware helde sal uit hul grafte opstaan as hulle kon sien watse gemors nou in Namibië en Suid-Afrika aangaan. Sies, wat ’n skande!

Geskok, teleurgesteld en naar tot in my diepste wese. Gert Ehlers van Otjiwarongo wat doodluiters sy sieklike rasisme in sy brief in Republikein soos vuil wasgoed ten toon stel. Lees self: Die N$1,39/kg koei noem hy ’n probleemdier, siek, kruppel en sterwend. Die koper het dit gekoop as rantsoenvleis vir sy werkers. Nie mense nie, net werkers, hul voedsel. Dan bid ons hoogheilig dat God Hom sal ontferm oor die droogte in ons geliefde land? - Peet Venter Snr

Namibië rugby is ’n skande vir ons land. Die bestuur is nie daar om te presteer nie en Suid-Afrika dink ons is belaglik.

Stampriet polisie ondersoek die beampte, ons weet waarmee hy hom besig hou. My bokke is opgesteel. Commander hoe is dit man?

Ek dink Suid-Afrika moet ook maar sy randstelsel verander na zupta. Hoe klink ZA100.

Welbekende rykman steel van arm weduwee. Wat ’n skande!

Johan van Heerdonkie. Dankie dat jy wys dat mens ook hardop kan lag as jy SMS’e in die koerant lees.

Ek het ’n blink plan! Die brandstofprys styg alweer en daarmee natuurlik die regering se heffing. So ons betaal meer, al die verbruikersartikels wat reeds onbekostigbaar is se pryse styg ook. So, my voorstel is dat ons regering asseblief aan die vuisvoos verbruiker 2% verhoging van hul salarisse gee. – Pierre

Vergeet van die droogte, verander liewers straatname?

Stad Windhoek, julle is die vriendelikste mense. In die besighede, die restaurante en vulstasies. Jul vriendelikheid laat mens so welkom voel. Dankie.

Ek wil net namens Ouma Beukes en Oupa Petrus baie dankie sê vir Bank Windhoek Keetmanshoop-tak. Dit was fantasies om te sien dat daar nog goeie mense is wat terugploeg in die gemeenskap in die vorm van goeie dade. Hou so aan en mag God julle seën. - Trotse Keetmanshoper

Aan die verskeersafdeling wat die B1 suid beman. Hou op om spoedlokvalle met verouderde kameras te hou en begin om meer sigbaar te raak. Die padverbruikers spoed maar net weer na jou onder-die-boom-wegkruipplek verby gery is. Wees sigbaar op die pad, julle sal meer bereik deur julle ooglopende sigbaarheid op verskillende plekke as die spoedlokvalle met verouderde kameras wat nie kan terugspeel. Die gemeenskap wat die B1 suid gebruik, sal meer julle bereikbaarheid waardeer. Probeer dit asseblief.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!