SMS'e vir 4 Junie 2020
SMS'e vir 4 Junie 2020

SMS'e vir 4 Junie 2020

". . . nooit verbied nie . . ."
Mandy Rittmann
Die Namibiërs verstom my. Eers was dit 'n grooooot probleem dat die kinders oor die Internet moet leer, omdat die mammas werk. Nou is dit 'n groooot probleem omdat hulle mag teruggaan skool toe.

Baie van die mense wat bakhand in ’n ry gestaan en wag het vir ’n kospakkie en die noodfonds van N$750, staan toe ook van vroegoggend al af in die ry en wag vir die bottelstoor om oop te maak. Woorde en debat is hier onnodig. Daar is ’n paar van ons wat weet. - Ollie Joubert

Die berig op vandag se voorblad van Republikein dat Namibiërs gister vir die eerste keer in twee maande wettig hul dors kon les, is verkeerd. Die gebruik van alkohol was nooit verbied nie, net die koop en verkoop van alkohol. So diegene wat ’n sopie gehad het, kon drink. Groete.

Ek is so bly vir iemand soos Jacques Burger by Nababoer wat die moed het om die NRU aan te vat. Ek stem ook 100% saam met hom. Self ’n blinde persoon kan sien wat aangaan. Ek was self met tye daar betrokke en kon dit duidelik sien. Ek dink ook die stelling oor PJ van Lill se 50ste toets is verkeerd, hy het dit plaaslik behaal. Ek was daardie dag daar, hy het voor die Namibiese span uitgedraf.

As pensioenaris gee ek baie lof vir NaTIS se personeel. Ten spyte van baie mense, rye en rye. Vriendelik ontvang en gehelp. Met 'n glimlag en hulpvaardig. Hou so aan! Trots op julle! - G van Niekerk

Wanneer word in Rehoboth ook kospakkies uitgedeel? Ek verneem by ’n sogenaamde kerk in Blok F, maar net bekendes word gegee. Almal is mos behoeftig.

Closed bid of Rehoboth Town Council. Glo my, dis nou net weer vir ryk mense en Windhoekse mense, of hoe? Gunsie vir ’n gunsie. Wat van Rehoboth se arm mense, wanneer kry hulle ook ’n kans?

Sekere besigheidseienaars kan gerus bietjie ongemerk oplet hoe onbeskof kliënte deur sekuriteitswagte beveel word om maskers by ingange op te sit. Kom jy binne, het geen personeel maskers op nie. Ek dog sekuriteit is daar om teen roof en winkeldiefstal te keer. Nou is hulle skielik medici?

Bravo, dr. Ithula. Met jou en nog een soos jy kán ’n land regeer word. Staan vas.

Minister of Education. Hope your example will be followed by other ministries so we can put an end to phones ringing in vain for one. Success.

Ja mense, dis goed dat ons Aranosters ons oë oopgemaak het. Die Regional Councillor is saam met die LPM se mense. Dis hoekom hulle nou vir raadslede van Aranos Town Council baklei. Pasop LPM-leiers, julle is in ’n gevaar. Hy wat met sy eie Swapo’s baklei. Pasop mense!

Kan iemand asseblief die direksie van MTC se name en hul persoonlike selfoonnommers in die koerant sit? Ek wil die klomp blink gepoetste koppe vieruur in die môre wakker bel en hulle bedank vir die dringende SMS wat ek sopas van MTC ontvang het. – Boerseun

My condition: Double amputee, left arm (elbow), right leg (above knee), removed organs (right) kidney and spleen. God has blessed me through 29 years till now. Blessed are all Namibians. I am 50 years old, dreaming of starting my own small welding company, but finance is the problem. I would like to ask for support/assistance in any way possible from good Samaritans with my needs (second hand or new welcome): Welding machine, grinder, 30mm round tube, 30mm flat bar, high gloss paint, g-clamp. NB: Secondhand “none use” pick-up truck. My only income is N$1,300,00 minus N$800.00 for house bill, N$500,00 electricity, water, food - depend on Harambe. 67,000 outstanding on house. Certificate lost, 2014 Ehafo, VTC, received 2010 because of rain (ark welding, gas welding, cutting, sheet metal-fabrication, business management). I am dreaming of building a better future. God is my strength. – J D Kharuxab, 081 424 0160 or 081 826 4165

It is so nice to see and witness Delano's progress. He is among the future leaders. He is not trying to gain political recognition, but doing it for humanity. God bless you. Delano your work is so powerful and may you remain blessed for the great work that you provide to the nation.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!